Categories: NewsPublished On: 19th December 2011

Skaap-behoort-minder-te-kos

By 1 min read
149 words

Boere kry die afgelope paar maand aansienlik minder vir hulle skaapvleis as vroeër die jaar, maar daar is kommer dat die prysverlagings nie deur die handel na die verbruiker deurgegee word nie. Die Rooivleisprodusente-organisasie sê die produsenteprys van lamsvleis het sedert Julie 2011 met 17% gedaal tot op die huidige vlak van R47,50. Skaapvleispryse het soortgelyke dalings getoon.

Die RPO wil verbruikers aanmoedig om pryse te vergelyk in die kleinhandel. Produsente ontvang ongeveer 50 sent uit die verbruikersrand en bogenoemde dalings in produsentepryse behoort aan die verbruikers deurgegee te word.
Die aanbod van lammers is hoër as gevolg van die feit dat die probleme wat met slenkdalkoors ondervind is, tot ‘n groot mate opgelos is.

Die RPO nooi verbruikers uit om die web-bladsy www.healthymeat.co.za te besoek vir inligting oor Suid-Afrikaanse lam- en skaapvleis sowel as ‘n groot verskeidenheid resepte vir die feesseisoen.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0