Skaam my morsdood
Sannie (6) kom by huis van skool af na haar eerste gesinsvoorligtingklas. Haar ma vra belangstellend hoe het dit gegaan.
"Ek skaam my morsdood," antwoord Sannie. "Koos hier oorkant sê dat ‘n ooievaar die babas bring. Annie sê dat jy ‘n baba in die kinderhuis kan koop. Piet sê jy kry babas by die hospitaal."
"Maar Sannie dis tog nie iets om jou dood te skaam nie," sê haar ma laggend.
"Nee, maar ek durf nie vertel dat ons so arm is dat Pappa my self moes maak nie!"
Suzanne Rall wen ‘n musiekpiering van Thys die Bosveldklong met hierdie bydrae.
Stuur jou grappie, pittige vertelling of snaakse foto gemerk Boerselag aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n musiekpiering van Thys die Bosveldklong te wen.