Categories: NewsPublished On: 7th January 2011

Sit-peste-op-hul-plek-met-Degesch-se-pulsFOG-verstuiwers

By 3 min read

Die gunstige groei-omstandighede wat jou kweekhuis, tonnel of nethuis vir jou plante skep, is net so gunstig vir peste en plae om vooruit te boer.

Dit kan ’n probleem skep, want dis vir enigeen ’n onaangename taak om met ’n gewone spuit in ’n bedekte gebied te werk om hulle te probeer bestry. Tot 80% van die spuitstof kan van die plante afloop en in die grond beland, waar dit die nuttige grondlewe doodmaak en die grondwater besoedel.

Boonop skuil peste en kieme onder blare en teen dakstrukture waar jy hulle nie met ’n gewone spuit bykom nie en die groot volume water wat vir die metode vereis word, bevorder swamsiektes en vlek produkte.
pulsFOG doen dit reg


Maar slegte nuus vir peste, plae en kieme, is dat plaagbestrydingsmiddels, toegedien met een van pulsFOG se ULV (ultra lae volume)-masjiene, geen ontsnapkans bied nie.
 
Hierdie tegniek berus op die beginsel dat die water-spuitstofmengsel tot klein misdruppeltjies verstuif word, so 10 μm groot. Sou jy een liter vloeistof in sulke klein druppeltjies opbreek en dit egalig oor ’n oppervlak van 1 hektaar versprei, dan sal daar teoreties so 19 000 druppeltjies op elke vierkante sentimeter beland.
Dit is hoekom jou spuitoplossing met hierdie metode tot ’n honderdste verminder kan word sonder om die doeltreffende werking daarvan te verminder.
 
Met pulsFOG-toerusting is volumes van 1,5 tot 2 ℓ/1 000 m2 doeltreffend.
 
Maklik om te gebruik
 
Met hierdie tegniek hoef jy nie moeisaam elke plant en blaar te probeer bespuit nie. Nee, jy plaas bloot jou pulsFOG-verstuiwingspuit in die tonnel of nethuis en skakel hom aan.
Die spuitmiddelmis wat hy uitblaas, dwarrel in die ingeslote ruimte rond om letterlik elke hoekie en skeurtjie te bereik.
 
As jou kweekhuis te groot is, help jy die dwarreling met waaiers aan volgens die resep en patroon wat pulsFOG se kenners vir jou gee en siedaar – jou stryd is binne minute gewonne!
 
Een werker met ’n K-30 termiese misspuit kan ’n kweekhuis van ’n hektaar binne ’n uur doeltreffend behandel teen ’n tempo van 3 tot 5 minute per 1 000 m2.
 
Veelsydige aanwending
 
PulsFOG het ’n misspuit vir elke moontlike toepassing. Die termiese misspuite werk volgens die pulssproeierbeginsel. Buiten ’n vergasserdiafragma wat die pulse voortbring, het dit geen bewegendedele nie. Dis hierdie misspuit wat die afgelope 40 jaar die tier was van blaaspootjie, witvlieg, blaarmyner, poeieragtige skimmel en botritis.
 
Die ULV (ultra lae volume)-metode bereik nie net alle verskuilde peste nie, maar dit skakel ook spuitstofvlekke op
produkte uit en bespaar tot 90% van die tyd wat andersins aan bespuiting bestee is. Boonop is dit meer omgewingsvriendelik en veiliger vir werkers.
 
PulsFOG is ook perfek vir die ontsmetting van dierebehuising soos hoender- en varkhokke, en vir die beheer van insekte soos muskiete, huisvlieë, sandvlieë, bytende muggies, tsetsevlieë, swartvlieë, kokkerotte en miere.
 
Daar is nie ’n beter manier om peste, plae en kieme in tonnels, nethuise, kweekhuise en dierebehuising te bestry as met pulsFOG se verstuiwingstoerusting nie – en daar is ’n masjien vir elke taak.
 
Moenie verder sukkel nie. Praat vandag nog met Eddie Engelbrecht van Degesch by 082-450-9199 en wen jou oorlog teen peste en plae – maklik, gou en doeltreffend. Jy kan hom ook e-pos by eddiepest@absamail.co.za of besoek www.degesch.co.za Degesh is mense wat die boer verstaan.
 
Degesch SA (Edms) Bpk is die agent vir pulsFOG, en beskik oor ’n volledige dienssentrum en onderdelereeks. Degesch is ook die vervaardiger en verspreider van Phostoxin®.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment