Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Sinvolle-saadbedvoorbereiding:-Kongskilde-se-Paratill-is-enige-plant-se-droom

By 3 min read

Plante droom oor die gerieflike groeiparadyse wat Kongskilde se werktuie vir saad skep.

En boere is opgewonde oor die minder trekkerkrag – en dus minder diesel – wat Kongskilde-werktuie verg om beter groei-omstandighede vir groter oeste te skep.

Een so ’n tevrede boer is Henry du Toit, besproeiingsbestuurder op oom Paul de Villiers se plaas, De Ville, naby Douglas.

Op hierdie plaas word grootskaals en professioneel geboer met mielies, koring en aartappels – alles onder besproeiing.

Maar, soos die mense van daardie wêreld jou kan vertel, is die sandgrond nie ’n man se broer nie. De Ville se grond het net sowat 10% klei en die grond word so hard soos klip. Om dit los te kry sodat ’n plant se wortels kan indring, was nog altyd ’n probleem.

Voorheen het die kontrei se boere dubbeltandskeurploeë gebruik wat reuse trekkerkrag vereis het om die grond met geweld los te breek – totdat Kongskilde se Paratill tot die redding gekom het.

Paratill gebruik nie geweld nie – hy gebruik gesonde verstand en ’n slim plan om dieselfde werk beter en met minder ophef te doen.

Die geheim lê in die Paratill se tande wat teen ’n hoek van 45 grade na die kant gebuig is sodat hulle gekompakteerde grond sagkens losmaak om ’n snoesige saadbed te skep – sonder om grond saam te druk en te verwond soos die gewone gewelddadige werktuie met hulle bitsige beitels en skeurtande.

Die Paratill lig die hele grondprofiel op en sit hom weer neer om die hele grondprofiel regtig oral deeglik los te maak, vertel Henry. Hy het self met die Penetrometer gaan loop waar die Paratill gewerk het en die hewige verdigtingslae wat daar op 200 en 300 mm was, is nou heeltemal weg.

Paratill-lande se grond is gelykmatig los en sonder kluite, daar is geen vermenging van bo- en ondergrond nie, plantreste bly ongesteur bo-op om vog te bewaar en erosie te beheer en jy kan met vertroue plant.

Voor elke tand het die Paratill ’n veerbelaaide skottel­kouter wat deur plantreste en gewasse soos kikoejoe sny, sodat jy nie uiteindelik slierte materiaal saamsleep nie en sodat jy enige land doeltreffend kan losmaak en belug.

Elke Paratill-tand het sy eie hidrouliese terugskopeenheid wat die tand toelaat om op te lig as hy ’n groot klip tref en hom dan weer netjies terug na sy werkposisie bring.

Henry-hulle werk 450 mm diep, maar die Paratill kan tot 700 m diep werk.

Kongskilde het puik werktuie en hulle diens en begrip van die boer se behoeftes is baie welkom op die plaas, sê Henry.

Diens en betroubaarheid is baie belangrik vir boere soos hulle wat twee oeste per jaar plant, want dan het jy geen tyd vir ondoeltreffenheid, sukkel of staantyd nie. Veral voordat hulle mielies plant, moet die bewerking baie vinnig en foutloos gaan, want vir elke dag wat jy vroeër kan plant is jou opbrengs beter.

Dis hoekom Henry Kongskilde se agent op Hopetown, Johan Mynhardt, by 082-371-1700 geskakel het en dis hoekom jy ook welkom is om Tjaart van Graan by 011-894-2341 te skakel om te hoor wie jou naaste Kongskilde-agent is.
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment