Categories: NewsPublished On: 5th August 2011

Siloking-kraai-koning-onder-voermengers

By 3 min read
Marthinus Genis, bestuurder van Louis Tratschler se voerkraal naby Winterton, is ingenome met die betroubaarheid en doeltreffendheid van die voerkraal se Silokingvoermenger.
As drieduisend voerkraalbeeste in jou oë kyk vir hulle volle daaglikse dieet, kan jy nie kanse waag nie – dan moet jy die beste, doeltreffendste betroubaarste voermenger gebruik om seker te maak dat elke bees elke dag alles kry wat hy nodig het om na wense te presteer.
 
Daardie koning van voermengers is Siloking van Greenfields, sê Louis Tratschler van Winterton.
 
Met sy twee vertikale awegare en ruim, stewige pens wat 18 kubieke meter hou, is die Siloking mans genoeg vir die uitbreiding na 4 500 voerkraalbeeste wat Louis beplan. Normaalweg is daar nog 3 500 voerkraalskape ook om te voer, maar op die oomblik is lammers skaars as gevolg van verlede jaar se slenkdalkoors, sê Marthinus Genis, bestuurder van die voerkraal. 
 
Vir Marthinus is betroubaarheid van ’n voermenger baie belangrik. “As hy gaan staan, is daar groot probleme.”
 
Vir tydige, perfek gemengde voer 365 dae van die jaar kan jy reken op Greenfields se Siloking-voermenger.
Maar die Siloking het hulle nog nooit in die steek gelaat nie. Boonop het Marthinus volle vertroue in Greenfields se diens om enigiets wat hulle verskaf volstoom aan die werk te hou. Dit is duidelik dat Greenfields die boer se situasie verstaan en dat hulle vertrou kan word, sê hy. Dis ook duidelik dat hulle trots is op die produkte en diens wat hulle lewer.
 
Marthinus hou van die menger se logiese, reguit tweespoedaandryfstelsel en die feit dat die twee mengwurms regop staan, elkeen met sy eie ratkas reg onder hom. Dit is ’n goed deurdinkte ontwerp en verleng die laers se lewe, sê hy. Horisontale wurms hang knaend aan die laers, wat ’n onnodige las is.
 
Die menger is so ontwerp en vervaardig dat dit beslis lank gaan hou, sê Marthinus.
 
Die skaal word geprogrammeer om elke voerkomponent presies af te weeg en is so gemonteer dat dit selfs op ongelyke oppervlaktes akkuraat weeg. Die laaigraafoperateur kan duidelik sien wat die skaal sê en vyftien sekondes nadat elke produk ingelaai is, keer dit na nul terug vir die volgende een.
 
Die menger meng alle voerkomponente honderd persent homogeen, ook die katoenoliekoek, voerkalk, konsentrate en die spoorelemente wat reeds in die melassestroop is.
 
Op die oomblik word kuilvoer as ruvoer gebruik, maar wanneer dit opraak, gebruik hulle grasbale. Die Siloking sny die bale netjies op en meng dit net so deeglik soos die kuilvoer.
 
Dis nie nodig om iewers te staan en wag vir die Siloking om sy mengwerk te doen nie. Hy meng in sy rytyd en teen die tyd dat jy die voer aflaai, is dit deeglik gemeng sodat elke dier met elke hap presies alles inkry wat hy nodig het.
 
Jy kan vooraf kies aan watter kant jou Siloking moet aflaai en dan bou hulle hom so vir jou. Marthinus-hulle het regs gekies. Jy kan ook kies watter lengte uitlaaigeut jy wil he: 0,9, 1,2 of 1,8 meter. Marthinus-hulle het hulle krippe en dak gemeet, die inligting aangestuur en hulle Siloking laai perfek af.
 
Die Siloking het nog nooit vasgeslaan of vasgesteek nie. Normaalweg vra hy ’n trekker van 64 kW om hom aan te dryf, maar op die voerkraal se plaas, Connaught, is daar skotige, modderige opdraandes wat beteken dat hulle ’n trekker van 99 kW gebruik om die sleepwerk baas te raak.
 
Greenfields is ’n gerekende verskaffer van landbouwerktuie en hulle bied ’n wye reeks Siloking-voermengers – een vir elke behoefte, vanaf die Siloking Smart vir 10 tot 35 beeste tot die reusagtige stilstaande menger met ’n volume van 70 kubieke meter en die selfaangedrewe menger met sy uitmuntende maneuvreerbaarheid.
 
Praat met Derek Nicolle by 083-798- 0056 (Oos-Kaap, Wes-Kaap en Noord- Kaap) Charlie Harper by 082-385-6415 (Kwazulu-Natal, Oos- Kaap), of Glen Clark by 082-804-8045 (Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Vrystaat en Noordwes) of stuur ’n e-pos na info@greenagri.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment