Shambala-en-Waterberg-Game-Dealers-se-wildveiling,-2-Mei-op-Vaalwater
’n Ware paradys vir die wildkoper is Waterberg Game Dealers en Shambala Game Reserve se wildveiling op Saterdag, 2 Mei 2009 om 11:00 by Oljaco-veilingskrale in Vaalwater.
Dit is Shambala se tweede produksieveiling en hulle bied weer, onder meer, 30 topgehalte Oos-Afrika-buffels aan. By hulle vorige produksieveiling is die dertig buffels wat hulle aangebied het deur een koper opgeraap, maar hierdie keer sal meer mense kans kry om van dié gesogte buffels aan te skaf, sê Hanru Strydom van Shambala.
Shambala boer al so agt jaar met buffels en het met 35 begin. Die Oos-Afrikabuffel is baie gesog omdat dié diere met hulle wye horings so mooi en skaars in Suid-Afrika is.
Hulle gene kan waarde toevoeg om plaaslike buffeltroppe op te teel, sê Hanru, en hy nooi almal wat buffels mag aanhou om die veiling by te woon.
Die buffels is van die begin af tot vandag toe nog elke keer skoon getoets vir korridorsiekte, tuberkulose en bek-en-klouseer. Hulle is in ’n puik kondisie en ’n lus vir die oog.
Maar tussen Waterberg Game Dealers en Shambala is daar ook ’n groot verskeidenheid ander wild by die veiling beskikbaar– alles van die beste gehalte. Daar is iets vir elkeen – vanaf die intensiewe wildboer tot die grondeienaar wat bloot ’n paar stuks wild vir die mooiigheid wil aanhou.
Daar sal moontlik ook 12 livingstone-elande wees.
Al die diere word professioneel gevang en vervoer deur Waterberg Game Dealers, wat jare ervaring in wildhantering het.
Skakel Coena Smith van Waterberg Game Dealers om te hoor of die wild waarin u belangstel reeds in die krale is vir besigtiging. Die buffels sal drie weke voor die veiling in die krale wees.
Vir meer inligting kan een van die volgende geskakel word:
Vleissentraal Bosveld: Mike Pretorius 082-577-4504; Riempies Victor 083-627-0839 Shambala Game Reserve: Hanru Strydom 079-504-9843 of e-pos wildlife@shambalagamereserve.co.zaWaterberg Game Dealers: Coena Smith 082-388-2740