Senter-360:-die-spilpunt-vir-sukses:-Laat-jou-water-werklik-vir-jou-werk!
Gehalte waarop jy kan reken teen ’n prys wat jy kan bekostig. Dit is die rede waarom Johan Snyman so ingenome is met sy Senter 360-spilpunte op sy plase by Hekpoort en Carletonville.
Alhoewel hy in die eerste plek roosbome vir uitvoer kweek, produseer Johan ook graan, groente en voergewasse onder spilpunte en vir sloer en sukkel het hy nie tyd nie. Daarom sorg hy dat hy net die beste toerusting gebruik en vir besproeiing is dit Senter 360-spilpunte.
Johan erken eerlik dat hy nie kan sê hoedanig Senter 360 se naverkoopdiens is nie, want hulle spilpunte loop so goed en is so betroubaar dat hy nog nooit naverkoopdiens nodig gehad het nie.
Selfs die Senter 360 wat al sedert Januarie 2001 vir groenteproduksie op Johan se plaas by Hekpoort werk, het nog geen probleme gegee nie. “En groentebeddings is gewoonlik ’n spilpunt se dood want hy moet heeldag op en af oor beddings klim,” sê Johan.
Maar te oordeel aan die flinkheid waarmee hulle in ’n japtrap ’n spilpunt se kabel kom vervang het toe dit gesteel is, is Senter 360 se mense oorgehaal om flink diens te lewer.
Hierdie siening word versterk deur die stiptelikheid en doelgerigtheid waarmee hulle presies op die ooreengekome tyd opdaag om nuwe spilpunte op te rig, vertel Johan. Hy het juis nou nog twee Senter 360’s bestel.
Dit is duidelik dat Senter 360 se kundiges nie net baie trots is op hulle werk nie, maar dat hulle dit ook geniet om dit flink en presies volgens die kliënt se behoeftes af te handel.
Met twintig jaar ervaring in die opmeting, ontwerp, vervaardiging en oprigting van besproeiingstelsels, ken Senter 360 se mense die besproeiingsboer en sy behoeftes deeglik en loop graag die pad saam met hom om suksesvol en lonend te besproei.
Die mede-eienaar van die maatskappy, Casper Botha van Castello Boerdery, wat op sy tyd Jongboer van die Jaar was, is immers self ’n spilpuntboer en hy is ’n man wat hom met niks minder as die beste tevrede laat stel nie.
Van die gehalte-aspekte waarop Senter 360 weier om toe te gee, is die volgende:
- I-wob-sproeiers is duur, maar dit is die beste wat jy kan kry vir egalige verspreiding, min wind-wegdrywing en voortreflike waterindringing sodat elke druppel vir jou werk.
- Spesiaal ontwerpte spilpuntbande wat nie sulke diep spore in jou sirkels trap as gewone bande nie.
- ’n Unieke spesiale patent om die laaste sproeier skoon te hou.
- Modulêre elektroniese/elektromeganiese beheerpanele wat teen ’n lae koste opgegradeer kan word tot die mees gevorderde beheerstelsel wat die besproeiingmark kan bied.
- ’n Spansterkte 60% bo die gewone standaard vanweë Senter 360 se pypankerstange.
- Alle strukturele komponente van ’n Senter 360-spilpunt is volgens SABS-standaarde gegalvaniseer en alle boute en moere is van graad 8,8 en elektrogegalvaniseer.
Maak nie saak waar in die land jy boer nie, Senter 360 bied jou presies dieselfde voortreflike produkte en diens as wat die maatskappy se eienaarboer self kry.
Vir die perfekte balans tussen duursame, doelmatige gehalte en prys, praat vandag nog met Senter 360 se mense by 018-469-1331 of info@senter360.co.za. Of skakel Theuns Dreyer, die Besturende Direkteur, by 082-564-5955. Besoek hulle tuisblad by: www.senter360.co.za