Categories: NewsPublished On: 15th October 2011

Sensus en opname van boere is nie dieselfde ding nie

By 2 min read
407 words
Met Sensus 2011 wat in Oktober plaasvind heers daar nou verwarring onder boere omdat ‘n ander tipe opname terselfdertyd geloods is.
 
Die sogenaamde “omvattende boereregister-opname” wat deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en sekere provinsiale departemente gedoen word, het ook reeds KwaZulu-Natal begin. 
 
Agri SA het in ‘n verklaring gesê dat hy ernstige voorbehoude oor die status van die Departement se opname het en Agri SA raai boer aan om nie daar aan deel te neem nie.
 
Daar bestaan kommer dat die opname van die Departement nie aan die wetlike dissiplines waaraan Statistiek SA moet voldoen onderhewig is nie. 
 
Die bedoeling en omvang van die opname is ook nie met Agri SA en sy lede uitgeklaar nie. Agri SA het derhalwe skriftelike opklaring van die bedoeling, status, en omvang van die boereregister-opname by die Departement aangevra. Tot tyd en wyl ‘n bevredigende antwoord ontvang is, beveel Agri SA boere ten sterkste aan om nie aan die opname deel te neem nie.
 
Agri SA steun Sensus 2011
 
Agri SA het gesê dat hy Sensus 2011 ten volle steun.
 
Die landbou-unie het gesê goeie besluitneming oor sake wat die landbou raak moet deur betroubare inligting gerugsteun word. Dit sluit sake soos infrastruktuur, dienste, behuising en indiensneming in. Sensus 2011 is dus vir boere en die landbou van belang. 
 
Agri SA het het bevestig dat sommige boere skepties is oor die mate waarin sensus-inligting vertroulik hanteer sal word. 
 
Hy het g gesê Statistiek SA is volgens wet verplig om inligting vertroulik te hou en Agri SA het Statistiek SA se versekering gekry dat inligting vertroulik hanteer sal word. 
 
Agri SA moedig boere aan om die vorms met swart pen te voltooi om te verseker dat die inligting korrek vasgelê word. 
 
Veiligheid
 
Daar moet begrip wees dat veiligheidsomstandighede op plase voorsorgmaatreëls vir 
toegang vereis. Vir dié doel is die Protokol op Plaastoegang onder die aandag van Statistiek SA gebring en word deur dié organisasie erken. Hiervolgens moet sensusopnemers ‘n afspraak met ‘n boer maak. 
 
Sensus-opnemers kan herken word aan hulle helder geel oorhemde, geel pette, en identiteitskaarte.
 
As boere twyfel oor die legitimiteit van opnemers het kan hulle dié tolvrye nommer skakel: 080-011-0248. Die opnemers se identiteit kan dan telefonies verifieer word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0