Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 19th June 2025

SAToyTrade: ’n Verhaal van passie, doel, speel en ontwikkeling

By 3 min read
565 words

IMG_8928

Wanneer mens vandag na SAToyTrade kyk, ’n geliefde opvoedkundige speelgoed- en produkmaatskappy met ’n nasionale teenwoordigheid, is dit moeilik om die besigheid se nederige begin te glo. Maar soos baie betekenisvolle ondernemings, het dit alles begin met ’n eenvoudige idee met ’n groot passie agter die idee en groot genade en afhanklikheid in God Drie-Enig.

In die 1980’s het Yvonne Stoker, die CEO van SAToyTrade, begin om handgemaakte legkaarte saam met haar man, Coenie, in hul motorhuis te vervaardig. Bedags het Yvonne na hul jong kinders omgesien, en snags het sy saam met Coenie legkaarte met die hand geverf en en gesny. Dit het nooit net oor speelgoed gegaan nie, dit het gegaan oor die skep van betekenisvolle opvoedkundige-hulpmiddels wat kinders se ontwikkeling ondersteun.

Terwyl sy haar ses dogters grootgemaak het, het Yvonne by ’n speelgroepie aangesluit wat deur ’n arbeidsterapeut in Hartbeespoort bestuur is. Hier, tussen die daaglikse uitdagings en wondere van vroeë kindontwikkeling, het sy besef dat daar ’n groter behoefte is aan kwaliteit opvoedkundige hulpbronne. Wat begin het as ’n stokperdjie om opvoedkundige speelgoed te verkoop, het vinnig in ’n roeping verander. Toe die bestuurder van die speelgroep onverwags moes verhuis, is Yvonne gevra om oor te neem.

Jare lank het Yvonne verskeie verantwoordelikhede gebalanseer, van mamma wees terwyl sy ook haar Keurterskool (170 kinders) en ‘n Jeugontwikelings Sentrum bestuur het, het sy steeds SAToyTrade stadig maar seker uitgebrei.’n Groot keerpunt het in 2010 gekom toe Coenie, ’n kernreaktorfisikus, amptelik by die besigheid aangesluit het. Met ’n diep bewustheid van die uitdagings in Suid-Afrikaanse wiskunde-onderrig, het Coenie die FunSciTek-reeks begin ontwikkel, opvoedkundige produkte met ’n fokus op wiskunde en wetenskap vir kinders van 0 tot 8 jaar. Die reeks fokus op fondasie konsepte van wiskunde, kritiese denke en geletterdheid in syfers.

Yvonne en Coenie deel ’n missie: om kwaliteit opvoedkundige produkte toeganklik te maak vir alle kinders. Hierdie visie het gelei dat hulle van tyd tot tyd werskwinkels vir Graad R en ander onderwysers aanbied, waar opvoeders praktiese vaardighede aanleer van hoe om SAToyTrade se produkte effektief in die klaskamer te gebruik. Hulle glo dat die belangrikste leer vind plaas deur spel, dit moet lekker, stimulerend én opvoedkundig wees.

SAToyTrade se produkte is doelbewus ontwerp om te fokus op vroeë kinderontwikkeling (Grootmotories – Fynmotories – Sosiaal/Emosioneel – Kognitief). Elke item word met sorg en nadenke gemaak, sodat dit beide kind en opvoeder (onderwyser, ouer of terapeut) ondersteun. Unieke produkte word ook ontwikkel onder andere sensories en braille produkte.

Agter elke SAToyTrade-produk is ’n passievolle span, waar die maatskappy tans meer as 45 voltydse werknemers het. Van die interne druk- en ontwerpspan wat die FunSciTek-reeks laat lewe kry, tot die houtwerkspan wat fabelagtige meubels en speelelemente skep, die naaldwerkafdeling wat speelgoed tot lewe bring, die toegwyde pakkers en aflewerings personeel, tot die energieke administrasie- en verkoopsafdeling het elke lid ’n onmisbare rol.

SAToyTrade groei steeds saam met die tye. Met hul aanlynwinkel en mobiele toepassing is dit maklik en gerieflik om produkte te bestel. Ten spyte van stygende kostes, bly hulle daartoe verbind om produkte bekostigbaar te hou sonder om aan gehalte toe te gee.

SAToyTrade is nie net ’n besigheid nie, dit is ’n verhaal van familie, gemeenskap en ’n onwrikbare toewyding aan kinderontwikkeling. Met dekades se ervaring, ’n duidelike missie en ’n hart vir opvoeding, dien SAToyTrade steeds Suid-Afrika en sy buurlande met produkte wat opvoed, inspireer en vreugde bring, een speelvolle oomblik na die ander.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0