Categories: NewsPublished On: 13th July 2010

San Tru Nel Produksieveiling 24 Oktober, Delareyville Santa Gertrudis: Die bewys lê in die vlei

By 2 min read

Wil jy vir volhoubare, ekonomiese vleisproduksie boer? Dan is Santa Gertrudis jou bees. Kyk net:

  • Santa Gertrudis is die vrugbare ras wat vir jou elke jaar ’n kalf gee.
  • Die meeste Santa Gertrudis-kalwers is baie klein by geboorte, sodat kalftyd vir die boer geen gesukkel of verliese inhou nie.
  • Plaaslike en oorsese proewe bewys dat Santa Gertrudis die swaarste speenkalwers van alle rasse lewer – 20 tot 30 kg swaarder as die meeste ander rasse.
  • Voerkrale regoor die wêreld bewys dat Santa Gertrudis-osse van die beste voeromset van alle rasse het, naamlik 3,84; dat hulle ’n uitstekende gradering behaal; dat hulle ’n hoë uitslagpersentasie het (62,8% gemiddeld vir
  • 4 380 Santa Gertrudis-osse in 24 voerkrale); en dat hulle daaglikse gewigstoename baie moeilik geëwe­naar kan word.
  • Santa Gertrudis is geteel en ontwikkel vir warm, subtropiese toestande, maar presteer ook bogemiddeld in koeler toestande.
  • As jy Santa Getrudis-beeste het, het jy mooi, moderne, mediumraam, volgepig­menteerde, geharde korthaarbeeste waarmee jy vooruit kan boer in enige omstandighede.
  • Santa Getrudis kruis uitstekend met alle rasse.

Dis nou jou kans om jou toekoms te verseker met puik Santa Getrudis-genetika: San-Tru-Nel Santas hou op
24 Oktober ’n produksie­veiling op Rooiwal in die Delareyville-distrik.

35 klipharde, veldaangepaste stoetbulle vir elke beesboer se smaak en behoefte word aangebied, almal met vrugbaarheidsertifikate. Sommige van die bulle is poenskoppe.

Pa Coen, Louis, Coenie en Hannes Nel van San-Tru-Nel glo daaraan om hulle stoetbeeste hard groot te maak. Kalwers moet vanself grootword sonder byvoeding of ’n oppiepery.

Dit is geen wonder dat hierdie geharde, selfsorgdiere so gewild is by kopers nie. Kom kyk self op 24 Oktober.

By dieselfde veiling bied ’n gasverkoper ook 25 suiwer kommersiële vroulike diere aan.

Vir meer inligting, skakel Louis Nel by 082-927-5246 of faks 086-502-2141 of e-pos san-tru-nel@lantic.net.
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment