Categories: NewsPublished On: 9th March 2011

Saampraat oor toltariewe: liewer laat as nooit

By 1 min read
Instansies wat bekommerd is oor die uitwerking van die voorgestelde toltariewe op Gauteng se hoofweë, het ‘n ekonoom aangestel om die saak te ondersoek. Dit volg na die minister van Vervoer, Sibusiso Ndebele, ʼn komitee aangewys het wat die openbare deelnameproses oor die voorgestelde toltariewe moet lei.
 
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het aangekondig dat dié burgerregte-organisasie, saam met ander rolspelers, die vooraanstaande ekonoom, Mike Schussler gekontrakteer het om die navorsing te doen. Hy moet ʼn verslag opstel oor die impak wat die voorgenome toltariewe op die publiek, besighede en die ekonomie gaan hê. Die verslag moet ook voorstelle bevat oor hoe die finansiële las wat die toltariewe op die publiek gaan plaas, verlig kan word. Dit sal dan vir oorweging aan die komitee oorhandig word.
 
Volgens meneer Kriel moes ʼn omvattende openbare deelnameproses reeds vroeër plaasgevind het, maar is dit nou ʼn geval van liewer laat as nooit. Hy het ook sy kommer uitgespreek dat daar nie ook verteenwoordigers van die publiek en die sakewêreld op die komitee aangewys is nie.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment