LEES MEER OOR MEGANISASIE
Staatmaker-Valtras: Harde werk is hulle kos
Op ՚n melkplaas is daar nie tyd vir stilstaan nie. Beeste moet gevoer word, koeie moet gemelk word, kuilvoer en hooi moet gemaak word en weiding moet onderhou word. Daarom het jy ՚n staatmaker trekker nodig wat alle take rats kan verrig soos grondbewerking, laaiwerk, sleepwerk en grassny. Dit is juis waarom daar drie Valtras op Mark Hauff se plaas naby iXopo brul.
“Ons het kompakte trekkers nodig gehad wat in al die smal ruimtes op die plaas kan pas, maar wat sterk genoeg is vir sleep- en laaiwerk met genoeg hidrouliese punte vir ons voerwaens,” vertel hy. Mark is die tweede geslag op die familieplaas in suidelike KwaZuluNatal.
“Ons het ongeveer 2 500 koeie wat in twee melkhuise gemelk word en hulle wei op weiding onder besproeiing. Ons vul ook hulle dieet aan met mieliekuilvoer.”
Die begin van die Valtrac-verhouding
Mark se verhouding met Valtrac, die verspreider van Valtra-trekkers in SuidAfrika, kom nou al so ՚n lang pad dat hy skaars kan onthou hoe hulle paaie gekruis het. “Sjoe,” lag hy, “ek moet nou mooi onthou, maar dit het begin met navorsing wat ek gedoen het vir ՚n nuwe trekker so agt jaar gelede, want ons het ՚n natkoppelaar trekker gehad wat die einde van sy leeftyd bereik het.
“Vereistes waarna ons gekyk het sluit in dat die trekkers kostedoeltreffend moet wees, gebruikersgemak bied en die regte krag moet lewer. Ek het navorsing begin doen oor watter fabrikaat en model aan hierdie kategorieë voldoen. Dit is hoe ek op die Valtra-naam afgekom het.” Hy het rondgevra oor die werking van die trekkers by ander boere wat ook die handelsnaam in hulle stal het, want dit was in daardie stadium nie ՚n algemene naam in sy omgewing nie. Die terugvoer het hom beïndruk en hy het Valtrac gekontak.
Vandag is daar drie Valtras wat op Mark se plaas werk: Twee N134’s en een N175. Die N175 is ՚n 112 kW-trekker wat die sesry-strookbewerkingplanter asook die snyer en voerwa kan trek buite die mielieseisoen. Een van die twee N134’s bestee meeste van sy lewe met ՚n mistrooier, maar doen ook snywerk. Die andersleep hoofsaaklik die voerwa.
“Met ՚n Valtra het jy vier hidrouliese punte, waar ander trekkers net twee het. Twee punte maak dit moeilik met die meeste nuwe presisietoerusting wat meer poorte vereis. Dus het ons nie nodig gehad om bykomende poorte te installeer toe ons die nuutste planter aangeskaf het nie,” wys Mark uit. “Boonop is die Valtra Connecttoepassing ՚n pluspunt. Ek kan enige tyd sien waar die trekker is.
Valtrac is ‘n familie wat glo in diens
Mark verduidelik dat hy ander handelsname ook op die plaas het wat donkiewerk verrig, maar vir die taai werk sorg die Valtras. “Ek is beïndruk met die kraguitset wat ons in staat stel om grondvoorbereiding te doen sonder dat die trekkers te groot is vir voeren sleepwerk. Die Valtras is kompak in vergelyking met ander modelle beskikbaar op die mark. “’n Trekker is ՚n masjien, en enige masjien raak soms onklaar,” herinner Mark.
“Maar wat belangrik is in daardie geval is, om die rugsteun te hê van ՚n handelaar wat jou wil help om voort te gaan met jou werk.
“Dit is bemoedigend om te weet jy is in die hande van mense wat boerdery verstaan. Dit is ՚n maatskappy met familiewaardes wat jou nie gaan laat verlore raak in die heen en weer van ՚n korporatiewe struktuur nie. Hulle sien na elke klant om.
“Dit is gehalte produkte wat gerugsteun word deur goeie mense,” sluit Mark af. Wat meer wil jy hê?
Om uit te vind watter verskil ՚n Valtra in jou boerdery kan maak en, Valtrac se legendariese dienslewering te ervaar, kontak hulle by (+27)56-817-7338 of stuur ՚n e-pos aan sales@valtrac.co.za. Besoek ook gerus die webtuiste op http://www.valtrac.co.za om na die hele reeks trekkers te loer.
Unlocking harvest potential: The revolutionary S7 harvester from John Deere
Article supplied
For farmers, the harvest season represents the culmination of their hard work and dedication, a time when the fruits of their labour are gathered from the fields.
Every kernel counts, and John Deere’s newly unveiled S7 harvester, introduced in February 2024, is set to redefine efficiency and productivity in this critical period. At first glance, the S7 bears a striking resemblance to the X9, the renowned model on which its design is based. However, it is not just the familiar silhouette that will please operators; the cabin offers the same high level of comfort and intuitive layout found across the entire range.
This design consistency allows operators to transition seamlessly between different models, enhancing usability and reducing the learning curve. While the cabin improvements are noteworthy, the true innovations of the S7 lie in its cutting-edge technology designed to enhance effectiveness, productivity, and profitability for farmers. Two standout features of this new model are Groundspeed Automation and Harvest Setting Automation, both of which work synergistically to optimise the harvesting process. Groundspeed Automation intelligently adjusts the harvester’s speed as it traverses the fields, utilising data from various sensors that feed into an onboard computer system.
This system monitors critical factors such as terrain, grain tank fullness, crop conditions, and engine load to calculate and adjust the optimal speed for maximum efficiency. By automating speed adjustments, the S7 not only maintains consistent performance but also minimises operator fatigue and reduces grain loss. Complementing this is Harvest Setting Automation, which automatically adjusts key parameters such as rotor speed, fan speed, concave clearance, and grain separation. By considering crop types, moisture levels, and overall crop conditions, this feature ensures that the harvester operates at its best, yielding high-quality grain with minimal loss. Operators can achieve optimal performance without manual adjustments, saving valuable time and ensuring consistent results across varying field conditions.
When Groundspeed Automation and Harvest Setting Automation work together, they create a streamlined harvesting experience. The S7’s onboard computer coordinates soil speed with the necessary crop adjustments, ensuring the machine operates at peak performance. For instance, if the ground speed increases due to lighter crop conditions, the machine adapts crop settings automatically to maintain throughput while preserving grain quality. This integration boosts productivity, reduces human error, and allows for optimal management of the harvester’s performance, even in fluctuating conditions.
The effectiveness of these features is further enhanced by the S7’s forward facing cameras and the operations centre. The cameras provide real-time visibility of the working land, allowing operators to assess crop conditions and make informed decisions during harvesting. They offer valuable visual feedback on the harvester’s performance, helping operators identify potential obstructions, monitor crop flow, and track the stubble heads — all crucial for achieving optimal results. Moreover, the camera footage can be viewed on the cabin display and integrated with the operations centre, enabling remote access from smartphones or computers. This capability not only facilitates real-time monitoring but also aids in data analysis and decision making for future harvesting strategies. Through these advanced technological features, the S7 harvester enhances farm management and overall performance. Improved visibility and automatic adjustments empower farmers to make better data-driven decisions, whether in the cabin or remotely. In the realm of precision farming, John Deere continues to contribute to the success of every crop and, by extension, the prosperity of farms as a whole.
The S7 harvester stands ready to transform the harvesting landscape, ensuring that every farmer can reap the rewards of his hard work with greater efficiency and success. With John Deere at the helm, the future of farming looks promising.
Landbou se toekoms is blink vertel Waterkloof-leerders
Wanneer jy ՚n boer vra hoekom hy elke dag in die lande wil wees, sal meeste van hulle antwoord: “Boerdery is in my bloed.” Een ding is seker: ՚n Boer weet in sy hart al van jongs af wat hy wil doen.
By Hoërskool Waterkloof is dit nie anders nie. Hier weet die jongmanne wat Landboutegnologie as ՚n vak het reeds waar hulle harte lê. Met die hulp van New Holland maak die skool hulle leerders gereed vir die landbouwêreld deur hulle teoretiese en praktiese kennis nou reeds op te bou.
Nico Pretorius, die Landboutegnologie-onderwyser, verduidelik dat die skool ՚n duidelike plan het om hierdie vak in die toekoms aan al hulle leerders aan te bied, en so te help om die toekoms van landbou te laat groei. Tans bied hulle die vak vir graad tien en elf aan, en in 2025 sal die vak beskikbaar wees vir graad tien, elf en twaalf. Hulle wil ook teen volgende jaar Landboustudies aan die graad agts bied. In 2026 sal leerders in graad agt en nege Landboustudies as ՚n vak kan volg, terwyl die res van die grade Landboutegnologie kan kies.
In die toekoms wil hulle die moontlikheid ondersoek om Landbouwetenskap, Landbou-ekonome en Landboubestuur ook aan te bied. Hy benadruk dat die belangrikheid van die vakke nie onderskat moet word nie. Dit leer die kinders wat alles op ՚n plaas gebeur, hoe om met hulle hande te werk en oor die nuutste tegnologie wat in die landbousektor beskikbaar is. Dit alles gaan help om die voedselsekerheid wêreldwyd te vestig vir die toekoms.
“Om New Holland aan boord te hê by Hoërskool Waterkloof is baie belangrik, want die kinders leer van tegnologie, hulle leer van ploeë, trekkers en enjins. Dit is lekker en leersaam om die toerusting te sien waarmee hulle eendag gaan werk. Maatskappye soos New Holland help ons om vir die kinders praktiese voorbeelde te kan gee,” verduidelik Nico.
Hy glo dat meer maatskappye betrokke moet raak by skole, soos wat New Holland gedoen het, omdat minderbevoorregte skole en afgeleë skole nie altyd die geleentheid kry om vir hulle kinders dieselfde te bied nie. Die landboustudies by Hoërskool Waterkloof is sekerlik besig om sy merk te laat en vier van die Landboutegnologie-leerders in graad elf het klaar besluit waar hulle by die landbousektor wil aansluit. Stiaan Coetzee vertel dat die landbousektor vir hom vreeslik interessant is. Sy liefde kom van sy graad agt jaar toe hy ՚n video gesien het oor hoe plante ontkiem word. Hy het nog navorsing gaan doen en sy liefde vir plante het net aangehou groei. Hy beplan om in ՚n landbourigting te gaan studeer sodat hy plante kan ontwikkel wat meer voedingswaarde kan bring.
“My oupa het jare gelede met plante gewerk en hy het ՚n boon ontwikkel wat tot vandag toe gebruik word. As ՚n mens byvoorbeeld meer voedingsware in ՚n vrug kan inprop, dat jy net dit hoef te eet vir die dag en nie vyf verskillendes nie, maar net daardie een. Ek dink dit sal regtig ՚n verskil maak in hoe mense na voedsel kyk,” verduidelik hy.
Sy landbourolmodelle is sy oupa en sy vriendin se pa. Laasgenoemde het ՚n sampioenboerdery en het 28 jaar ervaring in die bedryf. Hy vertel dat hulle baie struikelblokke oorkom het en beplan om vir die volgende 26 jaar 100 ton sampioene per week te oes. Franco du Randt is in Ermelo gebore, waar hy op ՚n plaas grootgeword het. Sy gesin het met Merino’s en Drakensbergers geboer. Sy droom is om eendag sy eie wildsplaas en ՚n koffieplantasie of twee te besit. “Ek het my pa baie keer gehelp om die skape in te spuit en te skeer en Sondae het ons beeste gaan tel, so dit was maar net deel van my opvoeding.”
Franco wil help om die voedselsekerheid te verbeter deur meer organies te boer en voedsame produkte na die mark te neem. “Ek wil onthou word as iemand wat omgegee het vir sy mense, die grond verbeter het, omgesien het na sy plaaswerkers en die plaas in ՚n beter toestand gelaat het as wat ek dit gekry het,” vertel hy.
Een van hulle destydse bure, oom Kerneels, is sy landbourolmodel. Oom Kerneels het met Beefmasters geboer en was vir Franco ՚n inspirerende mens wat omgesien het na sy gemeenskap. Jean Moelich vertel dat die proses van grond tot mond hom al jare interesseer. Sy nefie het onlangs op ՚n wynplaas getrou en die aspekte van die tipe boerdery het hom betower, daarom sal hy eendag ՚n wynplaas wil besit. Hy stel ook belang in die baie moontlikhede wat beesboerdery inhou en vertel dat hy graag met beeste ook sal wil boer.
“Ek sal onthou wil word as iemand wat altyd die beste produkte gelewer het vir goeie waarde vir geld. My landbourolmodel is Angus Buchan, want hy leer mens nie net hoe om jou lande te laat groei nie maar ook hoe om geestelik te groei en op die Here te vertrou al is tye moeilik.”
Jacobus van den Berg het by sy pa geleer boer. Hy het van jongs af geleer trekker ry en by sy pa geleer van die graanboerdery. “Ek is opgewonde oor die toekoms van landbou want ek wil graag eendag in my pa se voetspore volg en hom net trots maak en die boerdery laat voortleef. Ek sal graag onthou wil word as iemand wat nooit teruggestaan het vir ՚n uitdaging nie en wat altyd bereid was om sy gemeenskap te help en net Suid-Afrika ՚n beter plek te maak,” vertel hy trots. Sy pa is sy rolmodel.
Wenboere boer blou: New Holland T7 HD “Heavy Duty”- trekkerreeks
Met die nuwe T7 HD-reeks voeg New Holland hulle eerste Stage V-trekker tot die bestaande reeks by. Daar is drie modelle in die reeks, naamlik T7.290 HD (199 kW), T7.315 HD (221 kW) en die T7.340 HD (250 kW).
Hierdie trekkers is toegerus met die 6,7 liter FPT Industrial NEF-enjin wat die ECOBlue™ HI-eSCR 2-stelsel (echo Selective Catalytic Reduction) gebruik om die uitlaatgasse te verminder. Hierdie vernuwende nabehandelingstelsel is ’n onderhoudsvrye, gepatenteerde oplossing wat bedryfskoste tot die minimum beperk. Die dieseltenk hou ’n enorme 630 liter, wat beteken dat jy minder stop om vol te maak.
Die 4-spoed Auto Command™ deurlopend veranderlike transmissie (CVT) dra by tot die doeltreffende werking van hierdie trekker en het ’n maksimum spoed van 40 km/u.
Die Megaflow™ hidrouliese geslotebaan 220 liter olievloei voorsien voldoende vloei saam met vyf volledige elektroniese hidrouliese koppelings en die “Power beyond” hoëvloeikoppeling. Hierdie is om seker te maak dat die toerusting wat saam met hierdie trekkers gebruik word doeltreffend werk.
Hyserkapasiteit is 11 058 kg by die hyserballe met 10 305 kg 610 mm agter die balle met die 120 mm hulpsilinders. Daar is ’n opsie vir ’n voorhyser wat 6 016 kg sal optel by die hyserballe.
Die kragaftakker (PTO) is ’n vierspoed wat die volgende omwentelings gee, naamlik 540, 540E, 1 000 en 1 000E. Die 1 3/8-as werk op al die opsies en die 1 ¾-as word ekstra voorsien vir harde 1 000 rpm-werk.
Dit is ook toegerus met die PLM™-intelligensie wat die Intelliview™-12-skerm en SideWinder™ Ultra insluit. Die beheerarm kan verstel word sodat die Commandgrip™ multifunksie-handvatsel gemaklik in die operateur se hand pas. Daar is ook 10 knoppies wat geprogrammeer kan word soos verkies. Dit maak dit makliker vir die operateur om doeltreffend te werk. Telematika is ook standaard saam met die outomatiese stuurstelsel wat oop is vir RTK-korreksiesein. Data-oordrag is ook deel van die standaardpakket. Isobus II-koppelings is ook klaar geïntegreer reg om te gebruik.
Terraglide™ saal-tipe vooravering is standaard saam met die Comfort Ride™ meganiese kajuitvering. Die Horizon™-kajuit is die stilste in die mark met 66dB(A). Die nuwe kajuit is ook 7,5% groter in volume, het 11% meer glas, 33% wyer toegang en ‘n 14% groter deur in vergelyking met die vorige reeks se kajuit.
Daar is verskillende bande-opsies van enkel- en dubbelwiele. Beladingsgewigte word volgens jou behoefte aangepas en die maksimum gewig is ’n allemintige 16 800 kg.
Ons fokus tans vir in Suid-Afrika op die T7.315 HD-eenheid en voer dit as standaard in met die Blue Power-pakket. Dit sluit in die opvallende metaal-middernagblou verf, kroomroosters, silwer wiele en 3D-plakkers, Blue Power dakteken, Auto Comfort™-sitplek met stylvolle Blue Power-kenteken en Blue Power-handelsmerk-kajuittapyt in.
’n Bluetooth-radio met vier luidsprekers en klimaatbeheerlugversorging kan alles vanaf die Intelliview™ 12-skerm of SideWinder™ Ultra beheer word. Agt LUD-ligte is standaard met opsies tot 24 ligte wat 45 600 lumens uitstraal. Die stelsel is ook gereed om kameras te koppel vir meer sigbaarheid.
Die 2 jaar / 2 000 uur Service Plus-waarborg is standaard.
CNH Capital Finansiering is ook beskikbaar. Jou eerste premie is eers Oktober 2025. Bepalings en voorwaardes geld. 20% deposito, tot en met 5 jaar, BTW terug in maand vier. Rentekoers is gebaseer op die klant se kredietstatus.
Hino aims to continue its record for reliability in 2025 Dakar Rally
Hino Motors Limited of Japan has announced that it will compete in its 34th Dakar Rally, in Saudi Arabia in January 2025, as it aims to continue to build on its record for reliability in this gruelling cross-country rally. It has notched up 33 consecutive finishes since taking part in the 1991 Dakar Rally.
Since its debut, at least one Hino truck has qualified as a finisher in each event. Last year the sole Hino – the only Japanese truck in the field – finished in sixth place overall out of 20 finishers, from an original field of 46 trucks.
The bonneted US market Hino 600 series truck, which raced in the 2024 event, will form the basis for the 2025 challenger. Several important improvements have been made to the truck to further improve reliability and make servicing simpler. Changes include re-routing piping around the engine to keep them out of harm’s way and beefing up the automatic transmission’s clutch plates.
The maintenance process at the overnight stops is being revised to keep time-consuming and labour-intensive maintenance tasks from overlapping.
Dakar 2025 will be the 47th staging of this famous off-road rally raid. It will start in Bisha on 3 January and finish in Shubaytah on 17 January. There will be 12 timed stages and one rest day. The organisers say it will be one of the toughest in the history of the event, with a big sting in the tail, as the finish will be located at the end of a three-day “adventure” in the mass of sand dunes called the Empty Quarter. There will also be two marathon stages which will not permit servicing by anyone than the crews themselves.
“We are fully committed to continuing to work together in a challenging environment to ensure we build faster and even more reliable trucks for Dakar 2025,” said Teruhito Sugawara, the Team Director and driver.
“We are delighted that Hino has announced that it will once again take on the tough challenge of the Dakar Rally, as we feel it is wonderful for the morale of all involved with the brand to follow the fortunes of our truck in the world’s most demanding motorsport event,” commented Itumeleng Segage, General Manager of Hino SA.
“The record set of finishing 33 consecutive races is a great public display of Hino’s reliability, which resounds with our customers.”
A BRIGHT FUTURE AWAITS – Young people who equip themselves as John Deere technicians
The developments that come with the modernization and advancement in Agriculture and Mechanization, create a need for technical specialists who can operate, maintain, and repair advanced agricultural machinery and equipment.
With a growing focus on sustainable farming practices and innovative solutions as well as precision farming, there is a need for experts who can implement new technologies and methods in agriculture. Qualifying as a John Deere technician is therefore a career choice that can bear much fruit, both in terms of professional growth, development and promotion, as well as financial advancement. With the technical skills acquired a career can take direction into various sectors of agriculture and mechanization: from the local dealer’s workshop to a corporate position at the headquarters of one of the largest agricultural mechanization companies in the world. Furthermore, it is a profession that will always be in demand—especially at a time when Artificial Intelligence threatens to soon render a variety of professions obsolete.
The tables have turned: where technical trades were perhaps seen in the past as a career choice for learners who were not necessarily A-students, times and perspectives have changed to such an extent that the general community realizes that intelligence can be measured in various areas and that a bright future also awaits students with technical talents and interests.
With the fact that most jobs today require experience in the field, the qualification not only provides theoretical knowledge but also practical experience and skills necessary to perform the work.
How do I equip myself as a John Deere Technician?
John Deere has several dealers nationwide. Not only are the dealers involved in the sale of John Deere equipment, but also in aftersales service. Almost every branch has a workshop and parts department where skilled technicians perform maintenance and repairs on machines. With connected machines and precision farming developing at an advanced pace, there are also great opportunities for skilled technicians to further specialize in technology, connected support, and Precision Farming practices. Each John Deere dealer offers training that usually spans a period of 3 years. Regardless of whether training takes place in agricultural or construction machinery, training is provided on diesel engines, transmissions, hydraulic systems and general aspects that are generic to machinery. During training, apprentices work in the respective dealer workshops and are paid while they receive training.
Applicants must have a Grade 12 certificate with Mathematics, Physical Science, and Engineering Graphics and Design (technical drawings). Mechanics offered at Technical high schools will count in a learner’s favour, but it is not a requirement that an applicant must have a Matric certificate from a Technical high school to be considered.
First Year:
In the first year of training as a technical specialist for John Deere, the apprentice will focus on housekeeping, tools, safety, and specific dealer-oriented processes. Continuous assessment takes place, and if a candidate passes, a John Deere user ID is received for basic training, and a 12-week phase 1 training at an accredited provider is attended. Throughout the rest of the year, they will gain practical experience on the basic aspects of diesel engines such as cooling, fuel, electronic, and electrical systems.
Second Year:
In the second year, skills are further developed as apprentices continue to work under qualified technicians. There are also times when theory is addressed. In the second year, mid-range agricultural equipment as well as C&F machines (construction and forestry) are covered.
Third Year:
Further expansion in knowledge of the rest of the machines and products within John Deere. Specific hydraulic, electrical, technological, and mechanical aspects of specific models are covered.
For young people looking forward to a dynamic and exciting career in Agriculture and Mechanization, the qualification as a John Deere technician is a bright and promising career choice. Aspiring applicants can contact their nearest John Deere dealer to find out more about the specific application process.
Terms and conditions apply. (Available at https://www.deere.africa/en/)
https://www.deere.africa/en/ I africa@johndeere.com I Customer care: 0800 983 821
LEES MEER OOR HULPBRONBESTUUR
Irrigation Unlimited is a proud distributor of Afriq Water: Quality, value-for-money irrigation systems Local is lekker
Irrigation Unlimited is proud to announce that they are adding Afriq Water to their extensive list of suppliers, increasing the value and product range available to co-ops all over Southern Africa.
With over 1 300 retailers benefitting from their large distribution network, and a wide range of suppliers, they offer quality products from wellknown brands at reasonable prices. Afriq Water is a family-run factory, manufacturing quality irrigation materials in South Africa. By teaming up with Irrigation Unlimited, farmers can now have access to affordable irrigation, directly from their nearest retailer. Enquire about the Afriq Water range at your local co-op.
Afriq Drip dripline irrigation
Dripline is a water-wise irrigation method, with water delivered directly to the crop’s root zone, utilising every drop. Afriq Drip offers 16 mm or 12 mm dripline pipes.
Afriq Drip dripline fittings
Afriq Drip has a wide range of dripline fittings available that are super durable, yet super affordable, made to fit 16 mm pipes.
Afriq Water HDPE quick coupling sprinkler systems
These plastic pipes are the ideal, affordable, super durable, and lightweight alternative to steel pipe systems.
- Customisable and modular, to suit any layout, ideal for most topographies.
- Lightweight: One person can carry multiple pipes on his own.
- Durable: Made to last years out in the field and handle extreme weather.
Erhas irrigation filters
A necessity for dripline and sprinkler irrigation. Rated at 130 microns, in-line and Y-type, single and double filters available, with screen or disc cartridges.
Afriq Water fertiliser tanks
Used for the application of liquid fertiliser to a crop, directly from the irrigation system. Available in 60 ℓ, 100 ℓ, and 200 ℓ tanks, saving time and labour costs in comparison to applying fertiliser with a hand-pump system.
Afriq Drip customised dripline available to order from your nearest co-op
Available with 0,8, 1,3, 1,6, 2 and 3,8 ℓ/h emitters and in spacings of 20 cm to 120 cm. Spacing is determined by plant spacing, and flow is determined by soil traits. Their flow options offer better depth and water management, extended irrigation periods, the ability to irrigate with gravity feed, and the simultaneous irrigation of multiple blocks.
Enquire about Afriq Water products today by visiting http://www.iunlimited.co.za or contact the Pretoria branch on (+27) 12-736-2121 or the Cape Town branch on (+27) 21-946-1194
Lemaitre, from one worker to another | Lemaitre Safety Footwear
For over 30 years, Lemaitre Safety Footwear has continued to be committed to crafting reliable safety footwear that works for you. We strive towards excellent workmanship and work with pride to make quality footwear for those who help build a stronger South Africa. Paying respect and dedication to workers and their craft, we aim to reflect the workmanship of workers who wear Lemaitre footwear in their respective industries.
Investing in the various South African industries requires a commitment to local procurement which is one of our pillars and as a member of the BBF Safety Group, we realise the importance of building a stronger and more stable economy through local procurement. We are able to build a stronger South Africa by supporting local businesses and SMME’s to source key components as well as outsourcing some of our production work. This helps ensure that we are collaborating with our suppliers, workers and communities to build a greater South Africa while contributing to the economy and communities.
The Inyati PU/Rubber range is designed for various industries to best-fit workers in hazardous working environments and keep their feet protected in any situation. The shoe range is specifically designed for resistance, protection and comfort. It comes with a 300°C heat-resistant rubber soles for high heat situations and an excellent SRC slip resistance to prevent any slip-ups. It also has a tough PU/Rubber sole for optimum durability to ensure your safety in chemical, roadworks, agricultural and mining working environments.
The Inyati range includes the Eruption, Spartan, Titanium, Warrior, the updated Dodge and the fresh-out-the-box Urban boot. This range of safety shoes features genuine leather uppers allowing you to step out with confidence, knowing that your feet will be protected at all times. The shoes offer resistance against chemicals, heat, static shocks and fatigue caused by standing on your feet for too long. The outer sole is made from hardwearing PU and an anti-penetration midsole for protection against sharp tools that might be left lying around.
The Inyati range initially focused on the chemical, municipality and agricultural industries, however through understanding workers, the range now traversed into mining terrains with the updated Dodge and the new Urban boot. These two latest additions are tough enough to withstand long hours of standing and comfortable enough to give you optimum functionality.
With a particular focus on the Urban boot, the latest Lemaitre footwear provides wearers with extra protection and durability for various weather conditions while being impenetrable as projects progress on sites and risks evolve day by day. The boot is S3 rated and gives you added safety for any situation with its cut and abrasion-resistant. It also has a PU/Rubber sole which offers resistance to water, oil and heat.
The Footology Elastopan Climate Control stamp of approval means extra cushioning, lightweight comfort and breathability so your toes can breathe too. It’s ideal for high-risk electric shock situations, while the additional padding on the collar and tongue offers comfort and protection, making it perfect not just for the mining industry but the electrical and civil engineering industries as well.
The Inyati range offers a variety of features and benefits for all-around protection, comfort and performance for any industry that builds a stronger South Africa for all. As a proudly South African brand made for workers, we understand what is needed to carry you safely through tough terrains and working environments in a safe pair of Lemaitre Safety Footwear.
We continue to work behind the scenes on several new ranges for various applications and industries.
Follow Lemaitre Safety Footwear on Facebook or visit www.lemaitre.co.za to find your nearest distributor.
Lemaitre, from one worker to another.
Doen dit sommer self! KragDag 2024 in ’n neutedop
“Doen jou eie ding!” Dít is waarna KragDag streef!
Sakeliga KragDag is ’n ekspo wat jaarliks net oos van Pretoria aangebied word. Die ekspo gaan oor volhoubare oplossings wat lei na selfstandigheid, waarvan die grootste rolspeler natuurlik alternatiewe energie is. Daar is ’n wye verskeidenheid temas wat strek vanaf kragplanne, watersuiwering, landbou, tuinbou, veiligheid, voertuie en die vervoerbedryf, tot opvoeding, jong ondernemers en vermaak.
Die landbou-afdeling, ondersteun deur TLU-SA, is besig om met rasse skrede te groei. Van die 660 uitstallers by die skou het 108 iets met landbou te doen. Daar was ook 25 veeras-uitstallers.
Die terrein het amper verdubbel van verlede jaar af om ruimte te skep vir die groeiende belangstelling onder uitstallers wat iets het om te wys aan die derduisende besoekers. 34 200 besoekers het vanjaar KragDag bygewoon!
Wat KragDag anders maak, is die belangrike rol wat die deel van inligting speel. Die hele ekspo is gefokus daarop om besoekers in te lig oor nuwe opsies en idees. Dit is ook waarom daar verskeie inligtingspraatjies, debatte en demonstrasies plaasvind. Van die demonstrasies sluit byvoorbeeld in hoe ’n hond opgelei word om ’n dief agterna te sit, hoe hommeltuie ingespan kan word en boogskiet – selfs van ‘n perd se rug af!
In die skouring was daar praatjies oor die lekker van landbou, hoe om ‘n bees te verstaan, weidingsbestuur, stoetkuddebemarking en die keuse van bulle. Die Toyota Junior Afslaerskompetisie het ook daar plaasgevind.
Die veetent was ’n groot trekpleister. Hier kon jy interessante hoenders, ganse, kalkoene, kuikens, skape en lammers van alle rasse, beeste en selfs miniatuurperde aanskou.
Dít alles gebeur in ‘n heerlike karnavalatmosfeer met wedstryde, kunstenaars, hope kosstalletjies en karnavalritte.
KragDag gee aan uitstallers ‘n uitstekende geleentheid om te wys wat alles met die nuutste tegnologie en oorspronklike produkte uitgerig kan word om ‘n selfstandige bestaan moontlik te maak.
Besoek Sakeliga KragDag se webwerf vir meer inligting by www.kragdag.co.za. Kyk uit vir KragDag Wes-Kaap en KragDag Sentraal in 2025!
LEES MEER OOR GEWASPRODUKSIE
Vyebedryf in Suid-Afrika
Vyeproduksie gedy in Suid-Afrika, veral in die Wes-Kaap waar die Mediterreense klimaat ideaal geskik is vir die produksie van die gesogte vrug. En wie hou dan nie van ՚n vy nie? Vars van die boom af, ՚n groenvy blink van die stroop, ՚n sny brood met ՚n dik laag vyekonfyt. . . Die eetvy (Ficus carica) is een van sowat 750 Ficus-spesies wat wêreldwyd voorkom.
Dit is die enigste vyspesie waarvan die groot, smaaklike vrugte al duisende jare lank verbou word. Dit het sy oorsprong in TransKaukasië en die Midde-Ooste, vanwaar dit na Europa en Noord-Afrika versprei het. Dit het Suid-Afrika eers teen die einde van die 17de eeu bereik. In die 1800’s is vye op plase en in tuine in Suid-Afrika geplant, maar is eers in die 1900’s kommersieel verbou. In 1910 het Piet Cillie plantmateriaal uit Kalifornië ingevoer en die eerste kommersiële vyeboord op sy plaas by Wellington in die Wes-Kaap geplant. Aanvanklik is gefokus op gedroogte vye en vyekonfyt, maar toe die kommersiële produksie van konfyt begin, is voorvye, ook bekend as breba-vye, wat groen van die bome gepluk word, begin bemark.
Eers in die vroeë 2000’s is hier met eetvye begin boer wat uitgevoer is vir verspreiding in supermarkte in Brittanje en die res van Europa. In 2020 tot 2021 is 425 ton vye uitgevoer waarvan die meeste na Brittanje (51%), die Verre Ooste en Asië (33%), die Europese Unie (11%) en die MiddeOoste (5%) gegaan het. Tans is daar meer as 30 kommersiële vyeboere op sowat 300 ha. Die produksie-eenhede wissel van 4 ha tot 8 ha, maar daar is ook boere wat baie groter aanplantings het.
Daar bestaan ՚n groot mark vir donkerkleurige vye met rooipienk vleis in die buiteland. Weens die aanvraag het die vyeproduksie en -bemarkingsorganisasie Alternafruit (Edms) Bpk verskeie nuwe donkerkleurige vyekultivars soos partenokarpies, ingevoer. Die vye word toenemend hier verbou. Tans is daar meer as 30 kommersiële vyeboere in die land. Elders in die wêreld word meer as ՚n miljoen ton vye jaarliks in sowat 50 lande wêreldwyd geproduseer. Turkye produseer die meeste, gevolg deur die VSA en Brasilië, Egipte, Algerië, Tunisië en Marokko, Sirië, Iran en Spanje.
Klimaat (temperatuur)
Volgens Koos Lotter, vyekenner en skrywer van Die vy in Suid-Afrika, is eetvye in gematigde klimaatsomstandighede bladwisselend en die knoppe het winterrus nodig, hoewel kultivars se kouebehoeftes kan verskil.
In Brasilië, die tweede grootste uitvoerder van vye, word vye in subtropiese en selfs tropiese gebiede verbou, maar die rusbreekmiddel Dormex help om die vye te laat bot. In Israel word hulle voorvy-kultivar Nazareth ook met Dormex behandel wat die breba-oes oor die groot deel van die jaar versprei. Droogte of lae omgewingstemperatuur in die lente kan bot en nuwe groei vertraag, wat neerkom op ekologies geïnduseerde winterrus. Koue in die herfs kan die groei tot stilstand laat kom. Koeler klimaatstoestande bevorder die grootte van vye, maar in die herfs kan dit te koud word vir optimale rypmaak van die laat vrugte aan die punte van lote. Jong bome is meer gevoelig vir ryp en -1 ºC kan nuwe lootgroei in die lente doodmaak. Somertemperature van 32 tot 37 ºC kan lei tot goeie gehalte vrugte wat bestem is vir droogdoeleindes, maar hoër temperature bo 44 tot 47 ºC gee die vrugte ՚n taai tekstuur wat nie geskik is vir kommersiële vyeboerdery nie.
Vogtigheid
Warm, droë klimaatstoestande tydens oestyd is noodsaaklik, want klam weer skep gunstige toestande vir bederforganismes soos botritis en gisswamme wat deur asynvliegies en ander insekte versprei word. Vogtigheid veroorsaak krakies of barste in die vrug wat dit blootstel aan verrottingsiektes. Dit kom veral voor in somerreënvalstreke. Vyebome het ՚n groot, vlak voedingswortelstelsel van drie maal die omvang van die boom se blaredak en die besproeiingstelsel moet voorsiening maak daarvoor. Vye hou ook nie van oortollige vrywater in die grond nie.
Grond en voeding
Volwasse vyebome is redelik verdraagsaam teenoor ligte brakgrond, maar gevoelig vir natrium, chloriede en boorsoute. Die ideale pH is 6,0 tot 7,8 en te lae pH kan met kalk reggestel word. Waar ՚n te hoë kalkinhoud voorkom, soos in die duingrond van die Weskus-sandveld, kan sink- en mangaantekorte met spoorelementspuite beheer word. Die grond moet voor aanplanting minstens 1,5 m diep losgemaak word en voorsien word van organiese materiaal, fosfaat en potasreserwevoedingstowwe. Oortollige stikstof veroorsaak onnodige geil groei. In huistuine kan groot hoeveelhede kompos met BounceBack as bemesting die plantgat dien. Grassnysels wat gereeld toegedien word kan soms voldoende stikstofbemesting deur die seisoen verskaf.
Die vlak wortelstelsel is gevoelig vir onkruid. Daarom is kweek en skoon bewerking met ՚n skoffel en chemiese onkruidbeheer noodsaaklik. Enige vorm van dekgewasse is voordelig. Vye onder nette of in waterkultuur verhoog produksie en vruggehalte en maak dit makliker om insekplae te beheer.
Groeiwyse van die vyeboom
Vyebome se groot, enkelvoudig en gelobde blare dui op ՚n kragtige metaboliese vermoë wat duidelik blyk uit die vyeboom se geil groei en dravermoë. Die loot verleng na bot en ontwikkel in elk van die oksels van die blare drie knoppe – ՚n vegetatiewe knop met twee reproduktiewe knoppe weerskante. Die blaarknop bly onontwikkeld terwyl die loot se terminale loot verder groei. Afhangend van die kultivar ontwikkel die reproduktiewe knoppe in een of twee vye per nodium. Namate die loot verleng, word die vye volwasse en ryp vanaf die basis na die terminale deel van die loot.
Die White Genoa-kultivar is die gewildste in Suid-Afrika omdat dit in Oktober baie voorvye dra wat by inmakers gewild is vir groenvyekonfyt. Vye is enige tyd gedurende die seisoen geskik vir groenvyekonfyt solank as wat dit ferm genoeg is en die regte grootte is. Die hoofoes is ook geskik vir rypvyekonfyt.
Snoei en oplei
Die doel met die snoei van bome is om maksimum beligting te verseker. Alle vyebome het ՚n stam van sowat 30 tot 40 cm lank waaruit die raamtakke ontstaan. Slegs een hoofstam moet ontwikkel en alle ander lote wat daarmee meeding moet met top van jaaroud lote en terugsnoei van meerjarige lote verswak of heeltemal verwyder word. Die meeste kommersiële vyebome word in ՚n kelkvorm of gewysigde kelkvorm opgelei, wat voorkom dat ՚n massa onproduktiewe hout op die boom opbou wat beskaduwing meebring en standhoudende oeste tot die buitenste deel van die boom beperk.
Bloeiwyse en bestuiwing
Die meeste eetvye het nie bestuiwing nodig nie. Die Kapri-vy wat vir die bestuiwing van Smyrna-vye nodig is, het bestuiwing deur die Blastophaga psenes-wesp nodig. Die vye word in die somer ryp en dit duur ՚n paar maande afhangend van die groei-omstandighede en veral die temperatuur van die omgewing. Die lote is tussen een en drie meter lank en die vye aan die lote, wat laatvye genoem word, maak die hoofoes van die boom uit.
Voedingswaarde
Hoewel kultivars van mekaar verskil, dra vye in die dieet by tot die daaglikse inname van anti-oksidante, dieetvesel, vitamien B6 en minerale soos magnesium en mangaan.
Voortplanting
Vir kommersiële verbouing word vye vegetatief met steggies voortgeplant. Vyebome word gewoonlik op hulle eie onderstame gekweek, maar aalwurmbestande onderstamme word ook gebruik.
Vyesiektes
Buiten aalwurm is die algemeenste probleem van vye in ՚n huistuin dat die vye suur word. Dit word veroorsaak deur gisting van die suikers in die vy na alkohol en asyn wat deur gisswamme wat in die atmosfeer voorkom, veroorsaak word. Die asynvliegie wat met die swamme besmet is, dring die vy deur die ostiool (opening aan die onderkant van die vy) binne. Die gisting word bevorder deur klam toestande en dit is minder van ՚n probleem tydens die Wes-Kaapse droë warm somermaande en in die Klein-Karoo.
Die antwoord is boordsanitasie deur die ryp en besmette of gebarste vrugte uit die boom en van die grond af te verwyder. Verskeie ander swam- en virussiektes en insekte soos die stamboorder en boorwurm kan groot skade in ՚n vyeboord aanrig. Daar is ook ՚n menigte siektes wat vyebome aantas. Voëls kan eweneens groot skade aanrig, maar gewoonlik is dit beperk tot ryp vye. Huiseienaars kan ou straalplate in die boom hang wat sonlig weerkaats en die voëls (hopelik) weghou.
Bronverwysings
Lotter, J. de V. (2012). Die vy in Suid-Afrika. J de V Lotter
Van saad tot tafel: Die All Gold-verhaal
Of daar nou 36 tamaties in ՚n bottel All Gold tamatiesous gaan of meer, niemand kan stry dat die sous die meeste kossoorte verbeter nie. Bo-oor jou skyfies of as deel van jou sous, in Suid-Afrika weet elke mens op elke hoek en straat wat All Goldtamatiesous is. All Gold is ՚n produk van Tiger Brands, en die maatskappy se eerste oorweging is gehalte.
Tiger Brands is een van die grootste rolspelers in Suid-Afrika se tamatiebedryf. Hulle tamaties word hoofsaaklik in Musina in Limpopo en Lutzville in die Wes-Kaap gekweek. Dit is ook hier waar hulle twee verwerkingsfabrieke is. Hier word die tamaties in die gesogte tamatiesous omskep voordat dit na Tiger Brands se fabriek in Boksburg geneem word vir verpakking. 108 boere verbou tamaties in Musina vir Tiger Brands; 38 kommersiële boere en 70 kleinskaalse boere. Hierdie 108 boere verskaf werk aan 600 permanente werkers en 4 000 seisoenale werkers. In Lutzville is daar 58 boere wat onder Tiger Brands gekontrakteer is en van hierdie is 50 kommersiële boere en agt kleinskaalse boere.
Om ՚n boer vir Tiger Brands te wees beteken dat jy net die beste gehalte tamaties moet lewer. Dit begin natuurlik alles by die saad. Vir hierdie doel word Riverside Kwekery in Musina ingespan. Omdat All Gold-tamatiesous net van sekere tamatie-kultivars gemaak word, verskaf Tiger Brands die saad aan Riverside Kwekery wat saailinge aan die Tiger Brands-boere lewer. Riverside plant die saad in polistireen-plantbakke met ՚n mengsel van bas en TS1-substraat om te ontkiem. 242 sade word per plantbak geplant. Riverside Kwekery gebruik ՚n plantmasjien wat die saad akkuraat en ewe diep plant.
Die saadbakke word na die ontkiemingskamer geneem waar die temperatuur tussen 23 en 26 grade gehou word. Dit duur tussen 24 en 36 uur vir die tamatiesade om te ontkiem en dan word hulle geskuif na die kwekery. So 28 tot 32 dae later word die saailinge na die boere gestuur. Die saailinge word behandel om te verseker dat hulle siektevry is wanneer hulle na die boer gaan. Sipho Modiba, landboubestuurder van Tiger Brands, vertel dat hulle wel voorheen natuurlike produkte probeer het, maar dat die chemikalieëprogram wat hulle gebruik, getoets is om veilig vir die plante en die verbruiker te wees. Hulle probeer ook om hierdie saailinge so gehard as moontlik te maak sodat hulle sal floreer wanneer hulle op die plase uitgeplant word.
Dus is daar nie ՚n spesiale hoekie teen die wind en weer nie, maar hierdie saailinge trotseer van die eerste dag af reeds die elemente. Hier in die kwekery kyk hulle reeds na die tamaties se brix-inhoud. All Gold-tamatiesous word net gemaak van tamaties met ՚n brix-inhoud tussen 5 en 5,5. Die perfekte hoogte vir die saailinge om na die boere te gaan, is so 15 cm. Indien hulle te klein is, sal hulle doodgaan as hulle uitgeplant word, en indien hulle te groot is, sal hulle ook eers moet doodgaan en weer van voor af moet begin groei. Op 15 cm is die wortel groot genoeg om hom in die grond te vestig, maar die plant is nie te groot sodat die spanning hom sal doodmaak nie.
Riverside is een van vyf kwekerye wat deur Tiger Brands gebruik word en boere kan kies by watter kwekery hulle graag hulle saailinge wil kry. Die saadjie vir All Gold is geplant in 1908 toe die Skotse chemikus, John Semble, die unieke resep na Suid-Afrika gebring het. Oorspronklik is die produk vervaardig deur ՚n moeseliensak met kruie en speserye in potte varsgeparste ryp tamaties te laat insak. Dit het later so gewild geraak en massaproduksie vir All Gold tamatiesous het in 1959 begin. Teen 1985 het Tiger Brands reeds 250 miljoen bottels tamatiesous verkoop en in 1992 het hulle ’n goue toekenning gewen by die Monde Quality Awards in België.
Die volgende jaar het hulle sommer die All Gold Light- en All Gold Spicy-weergawes ook bekend gestel en later in 2000 het hulle die Pasta Pronto reg-om-te-eet souse op die rakke geplaas. In die volgende paar uitgawes bespreek ons die plantproses, vervaardigingsproses en verpakking.
Grasse van Suid-Afrika deel 8: Pluime
Ngongoni-steekgras (Aristida junciformis)
Baie reënval en klam grond, dít is waar jy die ngongoni-steekgras sal aantref. Hierdie indringergras is baie hard en swak vir weiding. Diere sal veel eerder eers ander grasse oorbewei voordat hulle na hierdie gras sal draai. In so ՚n geval sal hierdie gras baie toeneem in hoeveelheid.
Hoe ken ek dit uit?
- Baie dun halms
- Blare is smal en gerol
- Halms het donker knope
Eenjarige steekgras (Aristida adscensionis)
Eenjarige steekgras groei in alle grondsoorte, maar is lief vir versteurde grond. Dit is ook gereeld die eerste gras om in versteurde grond te begin groei. Hierdie gras kan nadelig wees vir die wolgehalte van skape en angorabokke, aangesien die sade daarvan die haarkleed kan binnedring.
Hoe ken ek dit uit?
- Min blare
- Knope is pers
- Halms is vertak
Kwasgras (Pentaschistis curvifolia)
Hierdie tipe gras sal jy aantref in ՚n hele verskeidenheid habitatte, hoewel dit gewoonlik in fynbos groei. Dit is ook lief vir sanderige grond.
Kwasgras het maar ՚n gemiddelde weidingswaarde.
Hoe ken ek dit uit?
- Blare wat droog is, krul
- Bloeiwyse is ՚n ovaal, bruin pluim
- Halms is pienk
Steekwiet (Stipagrostis namaquensis)
Steekwiet is lief vir droë rivierlope en ander versteurde gebiede. Jy sal dit elke nou en dan op sandduine aantref. Dit is baie lief vir sand- en gruiserige grond. Die jong gras is lekker vir weiding, hoewel die blaartjies vinnig hard word. Steekwiet is ՚n baie goeie gras wat die grond in rivierlope stabiliseer en opdrifsels vang.
Hoe ken ek dit uit?
- Struikagtig
- Naaldagtige blare
- Litte van halms is donkerpers tot bruin
Kalkgras (Enneapogon scoparius)
Kyk uit vir hierdie gras in droë bosveld en grasveld. Dit sal gewoonlik in bome se skadu groei. Kalkgras is lief vir klipperige grond en groei goed teen klipperige skuinstes. Die blare is hard en onsmaaklik, maar word geëet as daar nie ander weiding beskikbaar is nie.
Hoe ken ek dit uit?
- Blare is draadvormig gerol
- Groei in skadu
- Bloeiwyse is ՚n aarvormige pluim
Swartsaadsorghum (Sorghum versicolor)
Swartsaadsorghum groei in die bosveld, in swart kleigrond. Dit hou van gebiede waar water versamel. Hierdie gras bevat blousuur wat gevare vir vergiftiging inhou. Dit bevat ook ՚n waardevolle palmrosa-olie. Hoe ken ek dit uit?
- Slap halms
- Blompakkies is swart en blink
- Blaarskede is pers
Fluitjiesriet (Phragmites australis)
Hierdie gras is ՚n ware waterliefhebber en groei naby waterbronne, waar dit dig kan groei. Fluitjiesriet is belangrik vir vleie waar dit help teen verspoeling en water filtreer. Voëls vind gereeld skuiling in die gras. Dit kan ook help met erosiebeheer.
Hoe ken ek dit uit?
- Riet wat regop staan
- Blompakkies het syagtige hare
- Blaarskyf het ՚n slap punt
Negenaaldgras (Enneapogon cenchroides)
Hierdie tipe gras groei in subtropiese gebiede, in versteurde veld. Dit hou van sanderige en klipperige grond. Negenaaldgras is baie gehard en is waardevol in gebiede waar daar lae reënval is. Dit kan vinnig versprei en ՚n veld bedek.
Hoe ken ek dit uit?
- Blare is bedek met fluweelagtige hare
- Onderste knope is knievormig
- Knope is bedek met digte hare
Berg-setaria (Setaria lindenbergiana)
Hierdie gras kom gewoonlik voor in die bosveld, maar ook partykeer in die grasveld en fynbos. Die gras is smaaklik en word gebruik om hooi mee te maak.
Die saad is gewild by voëls. Hoe ken ek dit uit?
- Blare is blougroen
- Blare is geplooi
- Onderste blaarskedes is platgedruk
Munnik-swenkgras (Festuca scabra)
Munnik-swenkgras groei in onversteurde sandgrond. Dit is goed vir weiding, maar kom gewoonlik yl versprei voor.
Hoe ken ek dit uit?
- Basis van halm is bolvormig
- Onderste blaarskede het fluweelagtige hare
- Blaarskedes breek op in vesels
Gewone ehrharta (Ehrharta calycina)
Dié gras groei in ՚n hele reeks verskillende habitatte. Dit blom gewoonlik tussen September en November. Gewone ehrharta is baie smaaklik en goed vir weiding.
Hoe ken ek dit uit?
- Bloeiwyse is ՚n oop pluim
- Bloeiwyse en halms is pers
- Blare is meestal aan die onderkant van die plant
Kortbeen-boesmangras (Stipagrostis obtusa)
Kortbeen-boesmangras hou daarvan om in sandgrond te groei. Dit is ՚n baie smaaklike gras, en dit is daarom geen verrassing dat dit een van die beste weidingsgrasse in suidelike Afrika is nie! Hoe ken ek dit uit?
- Knope is donkerkleurig
- Wortels is met ՚n laag sand bedek
- Blare is kort, gerol en gekrul
Langbeen-boesmangras (Stipagrostis ciliata)
Hierdie gras groei in droë gebiede. Dit groei ook dikwels in sandgrond. Dié smaaklike weidingsgras het goeie blaarproduksie en hoë voedingswaarde.
Hoe ken ek dit uit?
- Daar is ՚n kring lang, wit hare om die knoop
- Droë blare is gekrul
- Halms is geel
Skadu-ehrharta (Ehrharta erecta)
Skadu-ehrharta groei in gebiede wat klam is met skadu. Alhoewel hierdie gras smaaklik is, het dit lae blaarproduksie en is daarom net ՚n gemiddelde weidingsgras.
Hoe ken ek dit uit?
- Slap halms
- Blompakkies is liggroen
- Blaarskede is dun en rond
Hawersaadgras (Ehrharta longiflora)
Hawersaadgras kom dikwels in winterreëngebiede voor. Dit is gereelde onkruid in tuine en landerye. Hierdie gras is in teorie ideaal vir weiding, smaaklik met goeie blaarproduksie, maar kom nie in weivelde voor nie.
Hoe ken ek dit uit?
- Hangende blompakkies
- Blompakkies is liggroen met pers kafnaalde
- Lemmas is geriffel
ProAgri sê dankie aan Frits van Oudtshoorn wat sy boek, Grasse van Suider-Afrika, beskikbaar gestel het as ՚n handleiding vir die reeks. Frits is ՚n weidingskonsultant en kan gekontak word by (+27)78-228-0008 of frits@alut.co.za.
Indien jy belangstel om meer oor die grasse van Suider-Afrika te leer, kan jy Frits se boek koop by Soutpansbergweg 121, Riviera, Pretoria of aanlyn via marketing@briza.co.za
Groentetuin vir beginners 14: Vrugtebome vir jou tuin
Vrugtebome is ՚n gawe toevoeging tot jou groentetuin. Buiten die vrugte wat jy pluk en gebruik, kan ՚n vrugteboom op die regte plek ՚n mooi fokuspunt vorm.
՚n Olyfboom, suurlemoenboom en ՚n vyeboom is maar drie van talle vrugtebome wat feitlik oral goed aard en ՚n vrygewige oes lewer. Appelkose, perskes en pruime is steenvrugte wat ook in verskillende streke goed aard en met ՚n bietjie moeite vir ՚n heerlike, vars eetervaring kan sorg.
Olyfboom
Olyfbome is aangepas by ՚n Mediterreense klimaat en floreer in volson. Die bome het egter redelike lae wintertemperature nodig om blomen vrugvorming te stimuleer en jong bome, lote en blomhofies kan deur erge koue beskadig word. Plant die saailing in goedgedreineerde, klipperige grond in ՚n gat van minstens 80 cm diep. Olyfbome is redelik droogte-, siekte- en insekbestand. Die vrugte word met die hand gepluk of met ՚n plastiekhark van die takkies afgetrek. Plaas ՚n seil of ou kombers op die grond wat dit makliker maak om die olywe bymekaar te maak. Die verwerking van vars olywe om die bitterheid van die vrug te onttrek is
՚n lang proses, maar beslis die moeite werd. Lees meer hier: https://proagri.co.za/die-olyfbedryf-in-suid-afrika/
Suurlemoene
Soos ander sitrusvrugte, verkies suurlemoene ՚n tropiese of subtropiese klimaat, maar kan koue weerstaan indien die jong boom in die winter beskut word. Drie variëteite is in Suid-Afrika gewild, naamlik Eureka, Meyer en die ou dikskilsoort. Eureka het nie dorings of pitte nie en het ՚n gladde skil. Die variëteit verkies ՚n meer gematigde klimaat en wanneer die boom gevestig is, dra dit feitlik heel jaar deur.
Meyer is ՚n meer geharde, kleiner boom met sappige vrugte wat ook bykans heeljaar deur dra. Die Kaapse growweskil het ՚n dik, growwe skil, maar talle kokke verkies dié vlesige, sappige suurlemoen. Plant die jong boompie in goedgedreineerde grond en gee een of twee keer per week goed water, veral wanneer hulle vol bloeisels en klein vruggies is. Minder water is nodig wanneer oestyd nader en sorg dat die boom se wortels nooit deurweek is nie. Wanneer jong vruggies afval is dit ՚n aanduiding dat die boom nie genoeg water kry nie.
Voed die bome vier keer per jaar in Julie, September, Januarie en April met 3:1:5 of 8:1:5 om ՚n goeie oes te verseker. Moenie kompos of kunsmis tot teenaan die stam gooi nie, maar eerder op die druplyn waar die druppels val wanneer die boom besproei word. Maak goed nat voor en na kunsmis toegedien word. Suurlemoenbome word net gesnoei om ՚n mooi vorm te verseker en om siek takke en blare te verwyder om te keer dat siekte versprei.
Rooimytspinnekop veroorsaak dat knoppies op die blare vorm en die blare opkrul. Spuit gereeld met ՚n organiese insekdoder. As gesonde blare begin uitgroei is dit ՚n aanduiding dat die pes onder beheer is. Oes die suurlemoene net voor jy dit gaan gebruik. As jy dit ՚n rukkie wil hou voordat jy dit gebruik moet jy dit met ՚n snoeiskêr afknip met ՚n stukkie stingel aan.
Vyeboom
Vye is aangepas by ՚n Mediterreense klimaat met ՚n warm, droë somer en ՚n gematigde winter. Die gewilde vrug is tradisioneel in marginale grond soos sand aangeplant, maar ryker grond met ՚n suurgehalte (pH) van 6 of 6,5 en genoeg stikstof sorg vir ՚n groter oes. Drupbesproeiing en ligte, maar gereelde besproeiing is beter as ՚n weeklikse diep week. Vyebome het vlak, verspreide wortelstelsels. Hulle is sensitief vir peste soos nematode en stamboorders. Die bome word gedurende Junie tot September gesnoei om die son toe te laat om die vrugte te bereik en yler takke maak dit makliker om die ryp vrugte te oes. Daar is talle variëteite wat in verskillende streke aangeplant word. Afhangend van die variëteit en die gebied, begin die oesseisoen in November of Desember en duur tot April of Mei.
Die Adam-variëteit, wat tot vyf meter hoog en wyd groei, is een van die gewildstes in Suid-Afrika en is vroeër jare gereeld in die kombuiswerf aangeplant. Die vye word laat in Maart tot April ryp en is lekker net so vars, maar die wat jy nie opgeëet kry nie, maak heerlike konfyt en blatjang en droog goed. Die Cape Brown is ՚n stadige groeier wat sowat twee meter hoog en wyd word en dus geskik is vir ՚n klein tuin of in ՚n houer.
Die boom dra goed en die vrugte word vanaf einde Januarie ryp. Wanneer die vye begin ryp word moet dit elke dag geoes word om goeie gehalte te verseker. Dit is beter om die vye vroegoggend te oes wanneer die vye sowat 70% ryp is, wat keer dat die voëls by die ryp vye uitkom voor jy kans kry om dit te oes. Vye kneus maklik en moet met sorg hanteer word. Dit is beter om handskoene en lang moue en selfs ՚n serp te dra, omdat die wit melk blase op die vel kan veroorsaak.
Steenvrugte
Appelkose en pruime is gewilde toevoegings tot ՚n groentetuin. Appelkoosbome (Prunus armeniaca) word sowat 5 m hoog en wyd. Die boom aard goed in effens alkaliese grond in gebiede met ՚n warm, droë somer met lae reënval en koue winters. Appelkoosbome is selfbestuiwend. Verskillende variëteite word op verskillende tye ryp.
‘Alpha’, wat groot geel vrugte dra, en ‘Early Cape’ word vroeg in die seisoen ryp; ‘Piet Cillie’ hou van ՚n matige klimaat en word middelen laatseisoen ryp; ‘Peeka’, wat oranje vrugte dra, word laat in die seisoen ryp. Perskes (Prunus persica) het ՚n wollerige of gladde skil en ՚n los- of taaipit. Nuwe variëteite aard in enige klimaat.
‘Desert Gold’ is ՚n vroeë perske wat in Oktober ryp word, ‘Oom Sarel’ word in Desember ryp en ‘Kakamas’ dra groot, goudgeel vrugte wat in Januarie ryp word en vir inmaak geskik is. Pruime (Prunus domestica) groei in feitlik enige klimaat. ‘Santa Rosa’ se donkerrooi vrugte is in Desember ryp, terwyl ‘Harry Pickstone’, ՚n taaipitvariëteit, in Januarie ryp word.
Plantwenke vir vrugtebome
- Plant vrugtebome in die winter, wanneer die bome in rus is, in goedgedreineerde grond wat met kompos verryk is.
- Beskerm jong boompies teen ryp.
- Maak ՚n dammetjie om die stam en verwyder gras en onkruid wat sal meeding met die jong boompie se oppervlakwortels.
- Gooi ՚n organiese deklaag in die dammetjie, maar nie tot teen die stam nie.
- Maak deeglik nat in die somer wanneer groei en vrugvorming plaasvind.
- Voed jong bome met 375 g kunsmis in die lente en somer, en pas die hoeveelheid aan vir groot bome. Versprei die kunsmis binne die druplyn van die boom en lei goed nat.
- Snoei in ՚n kelkvorm in die winter en verwyder dooie of siek takke. In die somer word die boom net gesnoei wanneer die boom te dig groei.
- Vrugtevlieë is die grootste probleem, maar kan met chemiese en organiese middels beheer word.
Bronverwysings
Anthony, D. (2014) Enigeen kan groente kweek. Metz Press ISBN 978-1-928201-12-0
Barnard, S. (2017) Pluk die vrugte. Netwerk24 https://www.netwerk24.com/tuis/Tuine/Tuindagboek/plukdie-vrugte-20170914
Louw, M. (2024) Fig Farming in South Africa. Southafrica.co.za https://southafrica.co.za/figfarming.html
Ludoph, N. (2022) Learn all about farming with figs. Foodformzansi.co.za. https://www.foodformzansi.co.za/learn-all-about-farming-with-figs/
Jong boer gaan groot met babagroente
Roedolf van der Merwe, die man agter Eat Your Greens, het ՚n unieke benadering tot groenteboerdery. Hy boer met “՚n bietjie van alles” op sy plaas by Brits in Noordwes en op lappies huurgrond in Gauteng. Roedolf het in Sunnyside grootgeword.
“My eerste groentetuin was op die eerste verdieping van Rissikwoonstelle, op die hoek van Rissiken Walkerstraat,” vertel hy. “Ek het dikwels potte en kompos as geskenke by my ma se vriendinne gekry, en dis maar waar die liefde vir tuinmaak begin het.” Toe hy twaalf jaar oud was het die gesin ՚n duplekswoonstel met ՚n tuintjie by die NG Kerk Bronberg in Sunnyside gehuur.
“Daar het ek ernstig begin tuinmaak en oor naweke in my ma se vriendinne se tuine gewerk, plaveisel gelê, en al sulke lekker dinge!” vertel hy. Hy en sy sus Marlou was in Laerskool Pretoria-Oos, vanwaar hy na Afrikaans Hoër Seunskool is.
“Ek is Affies toe omdat dit in ons buurt was en daar was nie ander hoërskole nie, so hulle moes my vat. Vandat ek ses jaar oud is, was my ma (Gerda) ՚n enkelma en sy het van die skool se befondsingskemas gebruik gemaak om ons in die skool te hou. Maar dit wys net hoe groot God in ons lewens is: ons het die voorreg gehad om van die beste onderrig in die land te kry terwyl ons nooit so welaf was om dit op ons eie te kon doen nie.”
Hy het as kind al groen vingers gehad. “Ek het gereeld dooie plante in die straat opgetel en, huis toe geneem en hulle gesond getroetel. Ek het baie weggeeplantjies gemaak en uitgedeel, net soos die groente uit my tuintjie – daar was altyd te veel om self op te gebruik.” Die liefde vir plante kom van sy ma af. Sy het op 23-jarige ouderdom uit Nederland na Suid-Afrika immigreer en haar eerste werk was by die Botaniese Tuin in Pretoria. “Sy het later by ՚n bloemistewinkel gewerk en daar het sy geblom,” vertel Roedolf. Met haar hulp het hy vetplantjies in potjies geplant waarmee hy tot R5 000 per maand verdien het.
“My ma het vir my die ondernemingsgees en aansporing gegee wat, saam met my ander inkomstetjies, bygedra het tot my universiteitskostes.” Na skool het hy ՚n jaar lank in Nederland in die vrugte- en groentebedryf as ՚n pakker by HG Internasionaal, en later ook as ՚n verpakker in die kleinhandel, gewerk. “Daardie jaar het ek baie geleer en teruggekom met geldjies in my sak om my deur universiteit te sit.” Hoewel hy aanvanklik Argitektuur wou studeer, het hy uiteindelik besluit om Plantpatologie by die Universiteit van Pretoria se Landboufakulteit te studeer.
“Ek wou altyd iets doen wat anders is en het ՚n B Inst Agrar met spesialisering in plantbeskerming as hoofvak gedoen. As jy Landbou- of Tuinboukunde studeer, kan jy nooit ՚n plantpatoloog wees nie, maar as jy Plantpatologie studeer, kan jy ՚n tuinof landboukundige word,” was sy benadering.
Loopbaan in landbou
Na universiteit het hy by Sunherbs, ՚n maatskappy wat spesialiseer in die verpakking van slaai en kruie, asook uitvoer van babagroente, se pakhuise as produksiebestuurder begin werk. Daarna was hy sewe jaar in die blombedryf tussen Kaapstad-hawe en Stanford en Napier in die Overberg in die Wes-Kaap, waar hy proteas en ander fynbos uitgevoer het. “Ek het baie by ander boere geleer – hoe netjies hulle boer, wat om te doen en nié te doen nie…” Toe die onderneming toemaak, is hy en sy gesin terug Pretoria toe.
“My ma het siek geword en ons wou nader aan haar wees.” Hy is terug na Sunherbs wat hom as ondernemingsbestuurder aangestel het. “Ek het uitvoere en produksie op die landerye hanteer en met klante gewerk.” Tien jaar gelede het hy by FruitSpot se plaas in Midrand op ՚n 50%-winsdeling -ooreenkoms begin werk.
“Die saak het ՚n marginale omset van sowat R126 000 gehad, maar na die eerste jaar was die wins R1,8 miljoen. Na drie jaar het die onderneming egter begin wankel en op ՚n dag het ek vir hulle gesê ek wil hulle uitkoop! “Die gesprek het ses maande geduur en dit het my ՚n jaar gevat om die geld bymekaar te kry. Dit was nie deel van my beplanning nie, maar dit is hoe ek my eie onderneming begin het.”
Sewe jaar gelede, in 2016, het hy Eat Your Greens geregistreer waarvan hy die alleen-direkteur is. Hy fokus op slaai, die hoofproduk, en kruie, die tweede produk.
“Blaarslaai is nie so groot in die winter nie, want dan soek almal sopgroente. Maar in die lente wil almal weer in hulle bikini-lyfies kom!” Hy het ook geregistreer om babagroente uit te voer vanaf die plaas by Kameel-drift-Wes, asook Brits.
“Ek het in Europa gaan leer hoe hulle dit doen.” Die Covid-19-pandemie het sy grootmaat-verspreidingsmark na restaurante geknou en hy het alles verloor. “Maar met baie seën en planne, het ek uitgehou, opgestaan en dit weer gedoen.”
Hy het geleer die boere met ՚n omset het oorleef. En toe gaan hy groot. Hy het deur Fresh to Go by Woolworths ‘n kontrak bekom en lewer tans vir hulle agtien verskillende reeks kruie en babagroente.
“Woolworths se tegniese span leer ons om herlewingslandbou toe te pas en meer biodinamies te boer. Ek wou nog altyd organies boer, en nou beweeg ek in daardie rigting. Maar dit is harde werk: Ek is disleksies en hou nie van lees nie, maar nou moet ek elke dag ՚n boek lees om meer te kan leer.”
150 reekse
Tans produseer hy sowat 150 verskillende reekse, wat kruie, babagroente en selfs vrugte insluit. “Vingerlemmetjies (finger limes) is baie gewild. Die dun, groen vruggie is lid van die sitrusfamilie en groei aan ՚n doringrige struik eerder as ՚n boom. Die vruggies se selle is rond, nie ovaalvormig soos in ander sitrus nie. In Europa staan dit bekend as sitrus-kaviaar, wat dui op die uniekheid daarvan. Verbeel jou die sitrusballetjies op sushi! Dit het my inspireer.”
Nog sitrusaanplantings wat beplan word ՚n is gefrommelde nartjie uit die Ooste, en kumkwats, wat ՚n mens deesdae selde op winkelrakke sien. Ander vrugte sluit appels en pere in, want restaurante wil graag die blomme en blare hê. Hy kyk ook na frambose.
“Uiteindelik wil ek ՚n heel groot eetbare tuin hê waaruit ek unieke produkte aan restaurante kan lewer.”
Piesangs en grenadellas is ook op die lys. Hy boer ook groot met ander babagroente, soos pampoen, skorsies en lemoenpampoentjies; pers, geel en wit babaworteltjies; goue, pienk en pers bababeet, en rape. Dit sluit ook goed in soos pampoenblomme, Thai-lemmetjies en kerrieblare, asook kruie soos kattekruid, pynappel- en blousalie, teeboom en kamille. Nou fokus hy ook op rooirissies vir die droog- en uitvoermark. Hy hou sy vinger op die pols van die mark vir unieke produkte. So het hy meer seldery aangeplant, asook hops en wintergars, ook ter wille van die voordele wat dit vir die grond inhou. En hy het begin aspersies plant, wat glo net in die Vrystaat aard, maar hy het die teendeel bewys.
Uitvoere
Sedertdien voer hy baba- en ander nisgroente wat vir die spysenieringen restaurantbedryf bestem is, via Nederland vir verspreiding in Europa, soos België en die Verenigde Koninkryk, maar ook na Dubai en Doha, uit.
“Die uitvoere het skielik begin en binnekort voer ons ook ons eerste Habanero-rissies uit. Dan is daar ook baba-pak choy (‘n soort Sjinese kool), langsteel-brokkoli en babakool. Babaskorsies en -botterskorsies is ook nuut op die uitvoerlys hierdie seisoen.”
Plaas toe
Roedolf en Elaine het in sy derde jaar by Tukkies ontmoet en hulle is in 2006 getroud. Hulle het vier kinders, Adriaan (17), wat vanjaar in matriek is, Karlien (16), Simone (14) en Jacques (12). Hulle woon op die oomblik in Centurion. “Ons het nog nooit op ՚n plaas gewoon nie, maar ons beplan om in Desember vanjaar na ons plaas by Brits te verhuis. Die plaas by Brits is die grootste en die ander sluit Kameeldrif-Wes, Olifantsfontein, Pretoria-Wes en Pretoria-Noord in. Die pakhuis en skure bly in Midrand. Roedolf hunker daarna om op die plaas by Brits te wees.
“Ek wil teruggaan landerye toe, dit maak my rustig. Ek werk agttien uur per dag, elke dag van die week, en ek wil ‘n bietjie rustiger raak en meer tyd saam met my gesin deurbring. “Ek moet afskaal, en die plaas by Brits gee vir ons daairdie droom. Dit is ՚n groot skuif, ՚n groot verandering, maar daar is dit rustig, ons kry baie vrede daar.”
Kontakbesonderhede
Kontak Roedolf van der Merwe by Eat Your Greens by 082-589-3003 of stuur ՚n e-pos na roedolf@eatyourgreensco.co.za
LEES MEER OOR VEE EN WILD
Spray away pesky parasites with Tal-Tec
Every farmer loves their animals as if they were their own children. That is why they always want to ensure their animals are as healthy and safe as possible. Spraying your animals with a dip solution has been proven over the years as a top method to protect them from parasites and diseases.
Tal-Tec understands that farmers have different needs depending on a wide range of circumstances. That is why they offer four different spray races.
The sheep spray race is the ideal way to treat your goats and sheep. It is easy, affordable, and it works. The spray race has 15 nozzles that spray from the sides, underneath, and above, with one nozzle underneath the tail. It operates with a solenoid that is activated as soon as the animal passes the sensor. This spray race uses approximately two liters of dip solution per sheep. The rechargeable 12 V battery makes it easy to use anywhere. There is also an option to simply plug it into the electrical system.
If small livestock is not your thing and you are more into cattle, Tal-Tec has the right plan for you too! There are three options available: fully mobile, semi-mobile, and static spray races.
The mobile cattle spray race is very handy! It has wheels but can also be placed flat on the ground. Although the system is not roadworthy, you can tow it with a regular vehicle on the farm to where it is needed. A fuel-powered pump ensures it can work anywhere. It has a built-in tank that can store 600 liters of dip solution.
The semi-mobile spray race can also be transported but does not have its own wheels. It must be loaded onto a truck or trailer. This spray race works as follows: The dip solution is recovered through holes in the floor to be caught again in the tank. The floor can be opened to clean the tank thoroughly. There is no waste where you work.
The final option for your cattle is the static spray race. This spray race is permanently fixed to the floor and does not move. It is 4,2 meters long with 34 nozzles spraying from all sides. With just 1 liter of dip concentrate, you can spray over 300 cattle! The excess dip solution first goes through a filter to clean it and then back into the tank. This means almost no waste. The tank can hold 1 300 liters of dip solution.
To invest in your own spray races, feel free to visit Tal-Tec’s website at www.tal-tec.co.za.
Droogtebestuur: Red jou veld 3: Grasveld
Weidingsbestuur tydens en veral na ՚n droogte soos wat tans oral in die land ervaar word, kan help om te verseker dat jou veld na die droogte herstel. Dit geld vir alle tipes weiveld.
Ken Coetzee van Conservation Management Services in George in die Suid-Kaap, verduidelik in sy boek Caring for Natural Rangelands (2023) hoe boere die uitwerking van droogte in verskillende tipes veld kan versag sodat die plantegroei die droogte kan oorleef. In hierdie hoofstuk gee hy raad vir grasveld.
Grasveld
Hoewel die meeste van Suid-Afrika se grasvelde binne die grasveldbioom val, is daar ook grasvelde in ander dele van die land wat in ՚n mosaïek met ander tipes weivelde soos ruigteveld en die Nama- en Sukkulente Karoo voorkom. Die grasveldbioom is naas die fynbosbioom die tweede rykste aan plantverskeidenheid, en indien grasveld reg bestuur word, verseker dit dat grondvog behoue bly.
Tipes grasveld
Drie tipes grasveld kom voor, naamlik soetveld, suurveld en gemengde veld en hulle moet verskillend bestuur word. Soetveld, wat smaaklike weiding vir vee en wild verskaf, kom meestal in laerliggende, rypvrye gebiede met ՚n reënval van tussen 250 en 500 mm per jaar voor. Solank die veld in ՚n goeie toestand is, bly die gehalte van die weiding heeljaar goed. Soetveld is veral tydens die groeiseisoen baie sensitief vir oorbeweiding. Die gras herstel baie vinniger van droogte, vuur en grondbewerking as suurveld. Die beskikbaarheid van smaaklike gras deur die jaar is ՚n bepalende faktor vir winsgewende wild- en veeproduksie.
Suurveld kom voor in hoërliggende gebiede met laer temperature as soetveld. Die reënval is gewoonlik hoër as 600 mm per jaar, wat daartoe lei dat voedingstowwe uit die grond loog en die voedingswaarde van die weiding laat afneem. In die groeiseisoen bied die meeste van hierdie grasse eetbare weiding met ՚n redelik hoë voedingswaarde, wat skerp afneem in die winter. Suurveld kan swaar beweiding hanteer, maar uiteindelik lei dit tot laer produksie. Suurveld herstel stadiger van grondversteuring as soetveld. Die seisoenale verskille in die gehalte van die gras het ՚n invloed op diereproduksie.
Gemengde grasveld, wat soet- en suurveld bevat, toon die kenmerke van albei. As dit oorwegend uit soetveld bestaan, moet dit soos soetveld bestuur word en dieselfde geld vir suurveld.
Drakrag en winsgewendheid
Die drakrag van veld wissel voortdurend. In Suid-Afrika is die veelading gewoonlik hoër as wat dit volgens die drakrag behoort te wees. ՚n Meer konserwatiewe benadering tot veelading sal die grasveld meer bestand maak teen droogte sonder om winsgewendheid in te boet.
Die belangrikste aanwysers van gesonde grasveld
- hoë bbodemstandige plantbedekking, wat beteken die grondoppervlak word deur plantbasisse bedek wat die grond bind en gronderosie voorkom;
- ՚n groot verskeidenheid groeivorme, wat kruie, biesies, bolle, struike, varings en vetplante insluit, kom voor;
- ՚n verskeidenheid grasspesies, eerder as ՚n enkele dominante spesie, is teenwoordig;
- die bogrond is onversteurd en ryk aan organiese materiaal, nie gekompakteer nie en toon tekens van dierebedrywighede soos gate en tonnels;
- ՚n egalige, digte grasveld is beter as ՚n plaat groot pluime wat soms voorkom, want die pluime kan ՚n aanduiding wees van ՚n verlies aan smaaklike gras wat net die oneetbare pluime laat oorbly.
- ՚n gebrek aan uitheemse indringerspesies – oorbeweiding skep die geleentheid vir uitheemse indringerspesies om in nuwe gebiede te versprei; en
- die afwesigheid van bosindringing deur inheemse struik-, boom- en onkruidspesies.
Brande
Brande is in grasveld, net soos in savanna en fynbos, ՚n natuurlike verskynsel. Beheerde brande word wyd toegepas as bestuursmaatreël om oortollige en dooie gras te verminder en om ongewenste bosindringing te verwyder. As brande oordeelkundig toegepas word, is die uitwerking van korte duur en die veld herstel gou. Droogte het baie groter invloed op die plante en kan dit totaal vernietig. Baie beginsels wat na ՚n brand toegepas word, geld ook na ՚n droogte.
Beweiding na ՚n brand
՚n Gebrande veld moenie te gou bewei word nie, maar moet ՚n kans gegun word om te herstel. Oorhaastige beweiding lê die groei van sleutelgrasspesies aan bande, verhoed dat die grasse blom en sade maak, put die plante se reserwes uit en laat dit tot niet gaan.
Beste praktyk vir beweiding na ՚n brand
- Beweiding moet eers plaasvind wanneer die gras volkome herstel het en minstens 100 tot 150 mm hoog is.
- Die riglyn geld egter nie vir veld wat jaarliks gebrand word nie, want daardie gras moet langer rus en eers blom en saadskiet voordat dit bewei word.
- Wisselweiding moet toegepas word en die veld moenie langer as ՚n week of twee bewei word nie, voordat dit ՚n maand of langer toegelaat word om te rus.
- Die gewildste grasse moenie swaar benut word nie.
- Die grasveld (kamp) moet later in die groeiseisoen weer toegelaat word om te rus sodat dit volkome kan herstel en saadskiet vir die volgende geslag nuwe plante.
Weidingsbestuur van grasveld na ՚n droogte
Baie van die beginsels vir bestuur na ՚n droogte in ruigteveld en die Karoo geld ook vir grasveld. Die weidings beginsels na ՚n brand geld ook na ՚n droogte, maar ՚n brand kan gedurende ՚n droogte voorkom.
Die uitwerking van ՚n droogte duur beslis langer as die uitwerking van ՚n brand. Na en veral gedurende ՚n droogte is dit noodsaaklik dat alle vee van die grasveld af weggehou word, of dat wildgetalle vir so lank as moontlik aansienlik laer moet wees. Intensiewe beweiding gedurende die droogte kan daartoe lei dat die moederplante vrek. Nuwe groei moet dus uit saad voortplant. Volkome herstel berus ook op hoeveel dit reën en of opvolgreën betyds val. Gedurende en direk na ՚n droogte moet vee verkieslik verkoop of vir minstens drie maande na die droogte kunsmatig in klein kampe gevoer word.
Riglyne om uitwerking van droogte te verminder
- Pas wisselweiding in ՚n kampstelsel toe – enige vorm daarvan sal werk solank as wat dit gebruik word vir ՚n kort weidingperiode gevolg deur ՚n lang rusperiode. Maak seker die eetbare grasse in die rustende kampe word genoeg tyd gegun om te blom en saad te skiet voordat die kamp weer bewei word.
- Moenie die kamp na ՚n brand bewei voordat die gras 150 mm hoog is nie. As die gras gedurende ՚n droogte nie voldoende herstel nie moet die kamp eers na drie maande nadat die droogte gebreek is, bewei word.
- Moniteer die reënval en gebruik dit as ՚n riglyn vir veelading. Hoe minder dit reën, hoe laer moet die veelading wees, wat beteken die hektaar veld per grootvee- of kleinvee-eenheid moet vermeerder word, of die veegetalle moet verminder word.
- Handhaaf ՚n konserwatiewe veelading gedurende die droogte, wat beteken die veegetalle moet voor of gedurende die droogte verminder word sodat die plantegroei nie vernietig word nie. Weerstaan die versoeking om veegetalle aan te vul nadat dit gereën het en die veld groen en produktief lyk.
- Wees veral versigtig met soetveld wat baie sensitief is vir oorbenutting wat dit gedurende en direk na die droogte kan vernietig sodat dit met nuttelose, onsmaaklike plante vervang word.
- Omdat die voedingswaarde van suurveld tydens droogte afneem, moet die vee aanvullende voeding kry. Gee verkieslik in ՚n kamp wat net daarvoor gebruik word om die ander kampe te spaar.
- Maak voortdurend seker daar is nie tekens van aktiewe gronderosie nie.
- Hou noukeurig rekord van die datums waarop kampe roteer word sodat dit in die toekoms vergelyk en aangepas kan word indien nodig.
- Oorweeg dit om ՚n moniteringstelsel, soos vastepunt-fotografie, aan te bring waarmee die veldtoestande gemeet kan word.
Kontakbesonderhede
Caring for Natural Rangelands (bygewerkte tweede uitgawe 2023 is ’n praktiese gids vir die bewaring van natuurlike veld. Dit word uitgegee deur New Voices Publishing en is beskikbaar by Ken Coetzee by 076- 227-5056 of consken@mweb.co.za https://agriorbit.com/volhoubareveldbestuur-in-soetveldgebiede/
Redakteursbrief
Uit die redakteur se pen
Ons leef in ‘n tyd waar die landboubedryf vinniger verander as ooit tevore. Tegnologie, klimaatverandering en ekonomiese uitdagings vereis van ons as boere om aan te pas en vernuwend te dink. Hierdie onstuimige tyd bied egter ook ‘n wêreld vol geleenthede vir diegene wat bereid is om dit met albei hande aan te gryp.
Een van die mees opwindende neigings wat ons tans in die bedryf sien, is die verskuiwing na volhoubare en herskeppende landbou. Dit gaan nie net oor die beskerming van ons natuurlike hulpbronne nie, maar ook oor die skep van ՚n landbou-ekostelsel wat toekomstige geslagte kan voed. Deur slim grondbestuur en die gebruik van omgewingsvriendelike tegnieke, soos dekgewasse en presisielandbou, begin boere wêreldwyd die langtermynvoordele van hierdie benade-ring besef. Ons sien ook ‘n toenemende fokus op digitalisering en data-gedrewe besluit-neming. Die gebruik van hommeltuie, sensors en nuwe tegnologie om landboubedrywighede te moniteer en te optimaliseer, is nie meer net ‘n droom nie, maar ‘n werklikheid. Hierdie tegnologieë stel boere in staat om meer presies te boer, hulle opbrengste te verbeter en hulle insetkoste te verminder. Ons moet die belangrike rol van die jonger geslag in die landbou erken. Hulle vars perspektiewe, skeppende oplossings en tegnologievaardighede bring nuwe energie na die plaas.
Dit is bemoedigend om te sien hoe hulle die toekoms van ons bedryf met geesdrif en vasberadenheid omarm. In hierdie uitgawe loer ons in by Roedolf van der Merwe, die man agter Eat Your Greens, wat ՚n unieke benadering tot groenteboerdery het.
Verder verken ons ook die nuwe opwindende neiging in die landboubedryf. Ons voorbladstorie kyk na New Holland se nuwe T7 HD-reeks trekker met al sy spogeienskappe. Lees meer op bladsy 3.
Ek hoop dat jy, soos ek, begeestering sal vind in die stories van vernuwing en volharding wat ons in hierdie tydperk van verandering dra. Onthou ook dat ons stories nie net beperk is tot ons tydskrif nie, daar lê ՚n rits stories op ons webwerf
(www.proagri.co.za) vir jou en wag!
Tot volgende keer!
ProAgri-groete!
Bianca Henning | bianca@proagri.co.za
Wenboere boer blou:
New Holland T7 HD “Heavy Duty”- trekkerreeks Jaco du Preez
Met die nuwe T7 HD-reeks voeg New Holland hulle eerste Stage V-trekker tot die bestaande reeks by. Daar is drie modelle in die reeks, naamlik T7.290 HD (199 kW), T7.315 HD (221 kW) en die T7.340 HD (250 kW).
Hierdie trekkers is toegerus met die 6,7 liter FPT Industrial NEF-enjin wat die ECOBlue™ HI-eSCR 2-stelsel (echo Selective Catalytic Reduction) gebruik om die uitlaatgasse te verminder. Hierdie vernuwende nabehandelingstelsel is ’n onderhoudsvrye, gepatenteerde oplossing wat bedryfskoste tot die minimum beperk. Die dieseltenk hou ’n enorme 630 liter, wat beteken dat jy minder stop om vol te maak.
Die vierspoed Auto Command™ deurlopend veranderlike transmissie (CVT) dra by tot die doeltreffende werking van hierdie trekker en het ’n maksimum spoed van 40 km/u.
Die Megaflow™ hidrouliese geslotebaan 220 liter olievloei voorsien voldoende vloei saam met vyf volledige elektroniese hidrouliese koppelings en die “Power beyond” hoëvloeikoppeling. Hierdie is om seker te maak dat die toerusting wat saam met hierdie trekkers gebruik word doeltreffend werk.
Hyserkapasiteit is 11 058 kg by die hyserballe met 10 305 kg 610 mm agter die balle met die 120 mm hulpsilinders. Daar is ’n opsie vir ’n voorhyser wat 6 016 kg sal optel by die hyserballe.
Die kragaftakker (PTO) is ’n vierspoed wat die volgende omwentelings gee, naamlik 540, 540E, 1 000 en 1 000E. Die 1 3/8-as werk op al die opsies en die 1 ¾-as word ekstra voorsien vir harde 1 000 rpm-werk.
Dit is ook toegerus met die PLM™-intelligensie wat die Intelliview™-12-skerm en SideWinder™ Ultra insluit. Die beheerarm kan verstel word sodat die Commandgrip™ multifunksie-handvatsel gemaklik in die operateur se hand pas. Daar is ook tien knoppies wat geprogrammeer kan word soos verkies. Dit maak dit makliker vir die operateur om doeltreffend te werk. Telematika is ook standaard saam met die outomatiese stuurstelsel wat oop is vir RTK-korreksiesein. Data-oordrag is ook deel van die standaardpakket. Isobus II-koppelings is ook klaar geïntegreer reg om te gebruik.
Terraglide™ saal-tipe voorasvering is standaard saam met die Comfort Ride™ meganiese kajuitvering. Die Horizon™-kajuit is die stilste in die mark met 66dB(A). Die nuwe kajuit is ook 7,5% groter in volume, het 11% meer glas, 33% wyer toegang en ’n 14% groter deur in vergelyking met die vorige reeks se kajuit.
Daar is verskillende bande-opsies van enkel- en dubbelwiele. Beladingsgewigte word volgens jou behoefte aangepas en die maksimum gewig is ’n allemintige 16 800 kg.
Ons fokus tans vir in Suid-Afrika op die T7.315 HD-eenheid en voer dit as standaard in met die Blue Power-pakket. Dit sluit in die opvallende metaal-middernagblou verf, kroomroosters, silwer wiele en 3D-plakkers, Blue Power-dakteken, Auto Comfort™-sitplek met stylvolle Blue Power-kenteken en Blue Power-handelsmerk-kajuittapyt in.
’n Bluetooth-radio met vier luid-sprekers en klimaatbeheerlugversorging kan alles vanaf die Intelliview™ 12-skerm of SideWinder™ Ultra beheer word. Agt LED-ligte is standaard met opsies tot 24 ligte wat 45 600 lumens uitstraal. Die stelsel is ook gereed om kameras te koppel vir meer sigbaarheid. Die 2 jaar / 2 000 uur Service Plus-waarborg is standaard.
CNH Capital Finansiering is ook beskikbaar. Jou eerste premie is eers Oktober 2025. Bepalings en voorwaardes geld. 20% deposito, tot en met 5 jaar, BTW terug in maand vier. Rentekoers is gebaseer op die klant se kredietstatus.
Lees meer oor
Vee en Wild
Lees meer oor
HULPBRONBESTUUR
Top produkte en dienste