Categories: NewsPublished On: 23rd March 2011

SA wyn nou deursigtig

By 1 min read
Dis maklik om oor sake soos naspeurbaarheid en volhoubaarheid te praat maar die Suid-Afrikaanse wynbedryf voeg nou die daad by die woord met ‘n vernuftige sertifiseringstelsel wat die hele waardeketting, vanaf die plaas tot op die tafel, blootlê. 
 
Hulle doen dit deur ‘n eiesoortige seël op die bottel te sit wat ‘n naspeurbaarheidsnommer bevat. ‘n Mens kan dus as’t ware stap-vir-stap met die  voorsieningskanaal teruggaan en dit volg tot by sy oorsprong. 
 
Met ander woorde, indien jy wil weet van watter wingerd die wyn afkomstig is, of watter kelderpraktyke gevolg is, laai jy eenvoudig die inligting op jou rekenaar of selfoon af deur van die seëlnommer gebruik te maak.
 
Dit gee Suid-Afrikaanse produsente ’n sterk mededingende voordeel namate al meer kopers wêreldwyd meer wil weet oor die wyn wat hulle drink sê Su Birch, die uitvoerende hoof van Wines of South Africa.
 
“Ondanks die groot administratiewe verpligting wat dit op produsente plaas om deurgaans bewys van ekovriendelike en volhoubare produksie te lewer, is Suid-Afrikaanse wynmakers sterk by die proses betrokke sê mevrou Birch. “Ons is vol vertroue dat meer as 85% van alle gesertifiseerde wyn in bottels binne-kort die seël sal vertoon”.
 
Die konsep word einde vandeesmaand by die Duitse internasionale wynskou, ProWein, bekend gestel. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0