Categories: NewsPublished On: 6th May 2011

SA katoenproduksie styg dramaties

By 2 min read
358 words

Nog stories
Produksiesyfers vir verlede jaar se wintergewasse vasgestel

Katoenboere in Suider-Afrika se verwagte oes het meer as verdubbel teenoor verlede jaar. Katoen SA sê in sy maandelikse oorsig dat die 4de skatting vir die 2010/11 produksie-jaar op  ‘n  totale  katoenoes  van  97 714 bale vesel te staan kom. Dit is ‘n daling van 1% teenoor die vorige maand se skatting, maar ‘n styging van 130% teenoor die oes van die vorige seisoen. Dit is ook die eerste toename in plaaslike katoenproduksie in 7 jaar.

Na  skatting  sal  93 714 bale vesel geproduseer word van die Suid-Afrikaanse katoenpluksel, ’n toename van 144% teenoor die vorige seisoen. Die balans van 4 000 bale vesel het  betrekking op die verwagte oes van Swaziland.

Internasionaal:

Na sewe maande van agtereenvolgende stygings het wêreldpryse sterk begin afneem gedurende die laaste twee weke van April 2011 om $1.69/lb op 5 Mei 2011 te bereik. Die huidige pryse is egter nog steeds baie hoër as die gemiddelde prys van die afgelope dekade, naamlik 60 VSA c/lb.

Volgens die International Cotton Advisory Committee (ICAC) kan die hoofrede vir die daling in pryse die aansienlike afname in die vraag na katoen wees as gevolg van die hoë pryse, probleme met toegang tot krediet en ’n toenemende vraag na chemiese vesels. Baie katoenspinners het ook hulle spinbedrywighede afgeskaal in afwagting van die beskikbaarstelling van die 2011/12 oes wanneer hulle weer op vol kapasiteit sal werk. Alhoewel die suidelike halfrond se oes nou op die mark begin verskyn behoort dit nie te veel druk op pryse te plaas nie aangesien die grootste gedeelte alreeds verkoop is. 

Die ICAC voorspel daarom ’n gemiddelde Cotlook A-indeks (’n aanwysing van wêreld katoenpryse) van $1.65/lb vir 2010/11 terwyl ’n heelwat laer gemiddelde A-indeks vir 2011/12 voorsien word.

Die ICAC verwag dat katoenproduksie met 13% in 2010/11 en met ’n verdere 11% in 2011/12 sal toeneem. Weens die verlangsaming in die vraag na katoen word geraam dat wêreld katoenproduksie die vraag in 2011/12 met ongeveer 1,7 miljoen ton sal oorskry wat die vlak van wêreldvoorrade op 31 Julie 2012 op ongeveer 10,1 miljoen ton te staan sal bring.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0