Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

SA Braford groei gou vir meer vleis

By 2 min read

MetSA-Braford-groei-gou-vir-meer-vleis/strong>se goeie rekord van voeromset en veldbenutting al hoe meer boere na dié ras laat oorslaan.

Enige bees wat deesdae in die voerkraal vinnig groei, op die veld kan vet word en geskik is vir ekstensiewe osboerdery kan mos net ’n wenner wees. 

Wêreldwyd is daar ’n groei­ende belangstelling in die doelgerigte samestelling van Herefords en Brahmane en in Brasilië met sy 180-miljoen beeste is dit die ras wat die vinnigste groei.

Die SA Braford-telers­genootskap is op 30 Mei 1997 op Harrismith gestig, maar  voorloperboere het reeds so vroeg as 1975 met ’n goed gestruktureerde teelprogram begin waar geregistreerde Herefords en Brahmane met mekaar gekruis is.  

Die genootskap stel streng keuringsvereistes met vrugbaarheid as die vernaamste eienskap vir seleksie. 

In ’n tyd waarin die koste van voer menige beesboer se rug laat knak, is die goeie voeromset van SA Brafords beslis nie te versmaai nie. Voeromset is immers gelyk aan ekonomiese voordeel. Volgens die 2002/03 jaarver­slag van die LNR, die laaste jaar wat die SA Braford lid was van die LNR se presta­sietoetsskema, (sedertdien is SA Bradford lid van die Breedplan-stelsel) was die gemiddelde voeromset (Fase C) 5,41 : 1 teenoor ’n gemiddelde van 5,97 : 1 vir die ander 21 rasse. In dieselfde jaar was die verhouding speenkalfmassa : koeimassa by speen vir die SA Braford 49,7% teenoor 44,5% vir die ander 21 rasse. 

Daarby toon prestasietoet­sing dat die ras net so goed van die veld af presteer as in voerkrale. By die Oos-Vry­staatse Veldbulklub het die SA Braford sommer gou sy merk gemaak en in sy tweede jaar van deelname al ’n eerste plek behaal. In 2004 was die SA Braford ook die algehele wenner van die toets en sedertdien presteer die ras steeds uitsonderlik.

Boere wat belangstel in goeie vleisbeesgenetika kan gerus op 5 Junie ’n draai maak by die veiling van verse op Ladysmith of op 30 Julie by Ermelo se bulvei­ling. Vir meer veilingsnuus, kyk gerus na die advertensie hierbo of skakel SA Braford by 051-448-0603. 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0