Categories: NewsPublished On: 7th February 2012

Só-moet-’n-planter-mos-plant!

By 3 min read
650 words

Jy wen veel meer as groter opbrengste as jy met ’n Equalizer plant. Dit is die ervaring van Louma Boerdery by Thabazimbi, wat nou ook grond langs die Oranjerivier aangeskaf het.

As jy met Equalizer plant, oes jy wins, vertel Louma Boerdery se eienaar, Lourens du Plessis. Sommer in die eerste jaar toe hulle met Equalizer begin plant het, het hulle net aan bewerkingskoste en brandstof R2,6-miljoen bespaar. Daar was ook ’n allemintige arbeidsbesparing.

Maar die voordeel van Equalizer se minimum-bewerking le dieper as die gewas bo-op die grond – dit le in die grond self. Sedert Louma met Equalizer plant, het die grondstruktuur dramaties verbeter, sodat bewerking al hoe makliker word. Die eerste jaar het hulle met ’n Case 335 en ’n Equalizer van 12 meter wat 44 rye plant, 14 liter diesel per hektaar gebruik; in die tweede jaar 12; in die derde jaar 10 en nou 8 liter per hektaar!

Louma plant nie elke jaar in dieselfde rigting nie – die stropers versprei nie die kaf egalig oor die land nie en as hulle elke jaar 45 grade oor die vorige jaar se spore plant, kry hulle uiteindelik die voordeel van egalige verspreiding van organiese materiaal.

Hierdie organiese materiaal het bygedra tot die drastiese verbetering van die grondstruktuur, maar ook tot ’n welkome verbetering in die grondlewe. Hoe beter die grondlewe, hoe hoer die suurstofinhoud en hoe meer plantvoedingstowwe en veral mikro-elemente word beskikbaar gestel vir ’n meer gebalanseerde plantvoedingstatus, sê Lourens.

Dit beteken dat Louma nou minder bemesting hoef toe te dien (15 tot 20% minder stikstof), maar ’n opbrengsverhoging van tussen 10 en 20% met koringproduksie behaal het. Soja het vanjaar ’n groot verandering begin toon en Lourens se hy wag vir strooptyd om presies te kan se hoe groot die opbrengsverhoging is. Vir hom gaan dit oor optimale produksie en nie maksimale produksie nie.

Maar dit is nie al nie: As gevolg van die verbeterde grondstruktuur en organise materiaal wat water help vashou,het die gewasse nou 15 tot 20% minder besproeiing nodig as toe Louma nog konvensionele bewerking gedoen het. Hierdie besparing is wel opgeslurp deur Eskom se gulsige tariefverhogings, maar dit beteken dat die hoer pompkoste nie so seer maak as wat andersins die geval sou wees nie.

Die laer waterbehoefte beteken ookdat Louma nou buite piektye kan besproei, wanneer ’n laer tarief geld. Minimumbewerking stimuleer nie onkruidgroei soos konvensionele bewerking nie. Daarom behaal Louma nou veel beter onkruidbeheer terwyl chemiese onkruidbeheer met 50% verminder is, vertel Edward Weatherall- Thomas, afdelingsbestuurder.

“Ek is ’n grondboer,” verklaar Lourens du Plessis. “Met minimumbewerking bou jy jou grond op en as jou grond gesond is, is volhoubare boerdery moontlik.” Daarom is Louma se klem tans hoofsaaklik om die grond se struktuur en gesondheid te verbeter, eerder as groter opbrengste, alhoewel opbrengs belangrik is vir die voortbestaan van die boerderybedryf.

Louma se Equalizer-planters het skeurtande voor om die blad te breek en beter vogindringing en suurstofinhoud van die grond te verseker. Die tande werk 100 tot 250 mm diep, afhangend van die klei-inhoud en ander toestande. Lourens reken dat dit elke vierde of vyfde jaar nodig mag wees om die grond 250 tot 300 mm diep los te maak.

Hy wil ook kompostering aanhelp en daarom is Louma en Equalizer se slimkoppe nou besig om ’n aanpassing te ontwerp wat die plantreste en grond vermeng sodat kompos vinniger gevorm kan word.

Lourens is tevrede met die goeie diens wat hy by Equalizer kry. Hulle verstaan boerdery en is bereid om aanpassings volgens die boer se behoefte te maak. Hy glo daaraan om net plaaslike werktuie te koop, want die mense is byderhand en spesialiseer in werktuie vir plaaslike toestande. “’n Mens kan met hulle praat.”

Jy kan ook met Equalizer plant en meer oes as net groter opbrengste. Praat met Gideon by 021-981-2161 of stuur ’n e-pos na gideon@equalizer.co.za.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0