Categories: NewsPublished On: 31st August 2011

Só het Oupa-hulle geboer: Die brei en looi van velle (VII)

By 4 min read
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om velle  te brei. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn.
 
Velle brei
 
Ons het alreeds gepraat oor die brei van velle, wat op die looiproses volg.
 
Brei van velle bestaan daaruit dat hulle gerek, gewring, gevrywe en gerol word tot die vel sag en buigsaam is. Ook word die vel daardeur veel ligter van kleur.
 
By velle van gewone grootte word die werk met die hand gedoen. Groot velle kan gevou en, om die breiproses te voltooi, met die voet getrap word.
 
Sommige persone gebruik by die looi kleursel (tint) om die vel sag te maak, maar tog bly dit altyd noodsaaklik om hulle ‘n weinig te brei. Veral groot, dik velle moet lank en goed gebrei word.
 
Ofskoon die vet van die vel gskraap word tydens die looiproses, moet daar tog by die brei weer vet aangesmeer word. Natuurlik word die vet dan net aan die vleiskant aangesmeer, en niks aan die haarkant nie.
 
Die doel van die vet is om die vel sag te maak en dit moet goed gevrywe word sodat die vet kan intrek.
 
By groot velle is vet ‘n absolute noodsaaklikheid. Middelslagvelle vereis nie te veel daarvan nie en klein velle het weinig of niks vet nodig nie.
 
Ook het dit ons goeie resultate gegee om ‘n goeie soort smeer (Dubbin) in plaas van vet te gebruik.
 
Volgende week vertel HH Borckenhagen hoe om velle met vitrioel te looi.
 
Die hele reeks:

Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (X)
2011-09-09 | 0 Kommentaar
Die laaste deel van HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool se artikel oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerde
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IX)
2011-09-02 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VIII)
2011-08-26 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VII)
2011-08-19 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om velle te brei. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn.
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VI)
2011-08-12 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om groter velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika versk
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (V)
2011-08-05 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel van nog ‘n metode om middelslag velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IV)
2011-07-29 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel verder hoe ‘n mens velle looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika vers
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (III)
2011-07-08 | 0 Kommentaar
Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool in Boerdery in Suid-Afrika se uitgawe van September 1927 vertel het hoe ‘n mens kl
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (II)
2011-07-01 | 0 Kommentaar
Verlede week het ons gelees hoe Oupa-hulle ‘n vel haar-af gemaak het. Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchestroomse Landbouskool in September
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (I)
2011-06-24 | 2 Kommentaar
In Oupa-hulle se tyd was toue en kettings skaars en trekdiere is grootskaals gebruik. Daarvoor moes rieme gebruik word en daardie rieme het Oupa-hulle self op d

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment