Só het Oupa-hulle geboer: Die brei en looi van velle (IX)
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn.
Looi met bas: bergbas, bos en blare
Die ou metode is omtrent die veiligste, maar dit verg tyd. Die bergbas word as bos afgekap en die stam, sowel as takke en blare, word gebruik.
Gebruik ‘n balie (hoe groter hoe beter); strooi eers ‘n klompie blare onder in, nie te dik nie sodat hulle net mooi aanmekaar lê.
Die vel wat alreeds geweek is vir ‘n dag of twee word dan in die balie gesit en as dit nodig is om dit te vou, strooi weer ‘n klompie blare tussenin en bo-op.
As meer as een vel gelooi word, kan hulle opmekaar geplaas word en op dieselfde manier behandel word.
Gooi nou net genoeg water by (reën- of sagte water) om die velle goed te dek.
Na vier dae kan die velle getrap en geroer word, daarna al om die ander dag, en as daar tyd is, kan dit daeliks gedoen word.
Op die agste dag moet die vel of velle uitgehaal en in ‘n koel plek vir ‘n paar uur opgehang word om lug te kry.
Sit die velle weer terug in die balie en voeg nog blare of takkies bly. Die velle word dan weer al om die ander dag getrap en geroer. Dit moet elke ag dae uitgehaal en behandel word soos na die eerste ag dae.
Na drie weke moet die bas en water hernu word. Nou kan die stam wat fyn gebreek is, sowel as die blare en takke gebruik word.
Dit neem omtrent vier weke voordat ‘n vel klaar is. Om te kan sien of die vel goed gelooi is, maak ‘n sny naby die kant en as die kleur dwarsdeur getrek is, is die looiery voltooi. Die vel word dan uitgehaal, opgehang en goed uitgetrek.
Dit is baie beter om die vel op ‘n houtvloer te spalk en om die vel mooi gelyk te kry, kan dit ‘n bietjie uitgestoot word met ‘n graaf.
Gebruik eers die blare in die begin van die looi en voeg dan later die takke en stamme by; die blare is nie so sterk as die stam nie, en dit is beter vir die vel.
Volgende week vertel HH Borckenhagen in die laaste deel van die artikel hoe om velle met soetdoringboombas te looi.
Die hele reeks:
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (X) | |
![]() |
2011-09-09 | 0 Kommentaar |
Die laaste deel van HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool se artikel oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerde | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IX) | |
![]() |
2011-09-02 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VIII) | |
![]() |
2011-08-26 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VII) | |
![]() |
2011-08-19 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om velle te brei. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn. | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VI) | |
![]() |
2011-08-12 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om groter velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika versk | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (V) | |
![]() |
2011-08-05 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel van nog ‘n metode om middelslag velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IV) | |
![]() |
2011-07-29 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel verder hoe ‘n mens velle looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika vers | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (III) | |
![]() |
2011-07-08 | 0 Kommentaar |
Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool in Boerdery in Suid-Afrika se uitgawe van September 1927 vertel het hoe ‘n mens kl | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (II) | |
![]() |
2011-07-01 | 0 Kommentaar |
Verlede week het ons gelees hoe Oupa-hulle ‘n vel haar-af gemaak het. Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchestroomse Landbouskool in September | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (I) | |
![]() |
2011-06-24 | 2 Kommentaar |
In Oupa-hulle se tyd was toue en kettings skaars en trekdiere is grootskaals gebruik. Daarvoor moes rieme gebruik word en daardie rieme het Oupa-hulle self op d |