Só-het-Oupa-hulle-geboer:-Die-brei-en-looi-van-velle-(IV)
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel verder hoe ‘n mens velle looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn.
Vir baie klein velle: Dis een van die eenvoudigste mengsels vir insout. Neem 2 dele salpeter en 1 deel aluin en maak dit tesame tot ‘n poeier. Dis die beste om salpeter te neem, maar as ‘n mens dit nie het nie, gebruik dan sout.
Vrywe die vleiskant van die huid met die poeier en sorg om elke deel daarvan goed met die mengsel te bedek.
Lê daarna die vel verskeie ure lank op ‘n koel plek. By koue winterweer kan dit taamlik lank opgerol bly lê.
Daarna moet die vel gespan word en moet dit ‘n weinig droë; dan word dit geskraap en voor dit heeltemal droog is moet die vel gevrywe en gedraai word tot dit sag is.
Vir klein tot middelslag velle: Dis ook ‘n taamlik eenvoudige resep en word aangegee vir klein tot middelslag velle, maar dit kan ook vir taamlike groot velle gebruik word. ‘n Oplossing geniet voorkeur bo ‘n droë soutmiddel, deurdat dit minder kans gee dat enige deel van die vel aan die bewerking sal ontsnap.
Los ‘n kwart (kwartgelling = 1,114 liter) gewone sout en een ons (28,3495 gram) swawelsuur op in een gelling (4,546 liter) water, liefs sagte water, en bewaar die mengsel in ‘n glas-, erde- of emaljeskottel. ‘n Gewone metaalskottel moet nie gebruik word nie. In die uiterste geval kan ook ‘n paraffienblik gebruik word.
Swawelsuur en sout het elk sy eie werking, en daarby reageer hulle nog en vorm ‘n sekere hoeveelheid Glaubersoute, wat ‘n mens soms kan gekristalliseer sien op die hare van die vel wat in die mengsel geweek is.
Week die vel ‘n dag of langer in die mengsel. Was die vel goed met seep en warm water, spoel en wring dit uit, vrywe die vleiskant met seep, hang die vel oor ‘n lyn, tou of riem met die vleiskant binnetoe en laat dit daar tot dit byna droog is.
Wanneer die hare droog is, dog die vel self nog effentjies klam, skraap dan die vleiskant goed met ‘n stomp werktuig. Daardeur word vet, stukkies vleis en ander weefsel verwyder, en dit laat die vel byna wit. Dit is verbasend om te sien hoeveel vet van sommige velle geskraap kan word.
Span dan die droë vel, maar voordat dit heeltemal opdroë, moet dit gevrywe, gedraai en gerol word, tot die vel sag en buigsaam is.
As een of ander gedeelte hard bly, dan moet dit nogeens weer geseep en ingevrywe word.
Volgende keer kyk ons na ‘n ander metode om middelslagvelle te looi.
Die hele reeks:
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (X) | |
![]() |
2011-09-09 | 0 Kommentaar |
Die laaste deel van HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool se artikel oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerde | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IX) | |
![]() |
2011-09-02 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VIII) | |
![]() |
2011-08-26 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VII) | |
![]() |
2011-08-19 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om velle te brei. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn. | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VI) | |
![]() |
2011-08-12 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om groter velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika versk | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (V) | |
![]() |
2011-08-05 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel van nog ‘n metode om middelslag velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IV) | |
![]() |
2011-07-29 | 0 Kommentaar |
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel verder hoe ‘n mens velle looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika vers | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (III) | |
![]() |
2011-07-08 | 0 Kommentaar |
Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool in Boerdery in Suid-Afrika se uitgawe van September 1927 vertel het hoe ‘n mens kl | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (II) | |
![]() |
2011-07-01 | 0 Kommentaar |
Verlede week het ons gelees hoe Oupa-hulle ‘n vel haar-af gemaak het. Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchestroomse Landbouskool in September | |
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (I) | |
![]() |
2011-06-24 | 2 Kommentaar |
In Oupa-hulle se tyd was toue en kettings skaars en trekdiere is grootskaals gebruik. Daarvoor moes rieme gebruik word en daardie rieme het Oupa-hulle self op d |