Categories: NewsPublished On: 4th July 2011

Só-het-Oupa-hulle-geboer:-Die-brei-en-looi-van-velle-(II)

By 5 min read
Verlede week het ons gelees hoe Oupa-hulle ‘n vel haar-af gemaak het. Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchestroomse Landbouskool in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika vertel het hoe om rieme te brei.
 
Rieme brei: Drie metodes
 

Hoe om ‘n vel op te sny vir rieme.
Na die hare afgemaak is, is die algemene gebruik om die vel oop te spalk en te sny solank dit nog klam is. Die punte van die vel word eers afgesny, dan word ‘n strook van 1½ tot 2 duim breed (na die dikte van die vel) al in die rondte gesny tot daar net ‘n klein stukkie in die middel oorbly wat onbruikbaar vir rieme is.
 
So ‘n riem is sowat 70 tot 80 tree lank.
 
Die riem word nou oor die balk van ‘n breipaal of sterk tak van ‘n boom gesit, en deur die hengsel aan ‘n swaar klip of wiel oor en deur gevleg tot die hele lengte van die riem opgebruik is.
 
Die twee punte word dan vasgemaak deur ‘n oog te sny in die gerieflikste plek en daar te bind.
 
‘n Ander metode is om die vel in sy lengte deur te sny in rieme. Elke riem kry dan ‘n oog op sy twee punte. ‘n Ou stuk riem word dan deur die rieme gevleg en om die breipaal vasgemaak, die ander punte word op dieselfde manier aan die breiklip vasgemaak.
 

‘n Ander manier om ‘n vel op te sny.
‘n Derde manier is om die vel glad nie op te sny nie, maar heel te brei. Die vel word aan sy kop- en stertkante gate ingesny, omtrent ses duim vanmekaar, waardeur rieme gevleg word, wat op dieselfde manier as die vorige metodes aan die breipaal en breiklip vasgemaak word.
 
Met die drie genoemde metodes is die brei maar dieselfde. Deur middel van ‘n breistok omtrent 8 tot 10 voet lank, wat deur die hengsel in die klip gesteek word, word die rieme styf opgedraai. Die breistok word dan uitgeruk en die gewig van die breiklip veroorsaak dat dit vinnig losdraai en weer na die anderkant begin opdraai.
 
Sodra dit tot stilstand kom, word dit weer in die teenoorgestelde rigting opgedraai, ens.
 
As die vel behoorlik nat is, moet die water in die begin van die draai al begin uitdrup.
 
Die rieme moet aanhoudend gedraai word vir omtrent twee tot drie dae en met vet gesmeer word net voordat hulle heeltemal droog is.
 
Die vel is gaar, dit wil sê genoeg gebrei, as ‘n mens ‘n sny in die vel maak en die vel wit in die middel (of koor) is, dit wil sê daar moenie ‘n swart koor wees nie.
 
Volgende week lees ons wat HH Borckenhagen oor die brei van klein velletjies te sê gehad het.
 
Die hele reeks:

Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (X)
2011-09-09 | 0 Kommentaar
Die laaste deel van HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool se artikel oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerde
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IX)
2011-09-02 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VIII)
2011-08-26 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel alles oor die bewerking van velle. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VII)
2011-08-19 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om velle te brei. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika verskyn.
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (VI)
2011-08-12 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel hoe om groter velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika versk
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (V)
2011-08-05 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel van nog ‘n metode om middelslag velle te looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (IV)
2011-07-29 | 0 Kommentaar
HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool vertel verder hoe ‘n mens velle looi. Hierdie artikel het in September 1927 in Boerdery in Suid-Afrika vers
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (III)
2011-07-08 | 0 Kommentaar
Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchefstroomse Landbouskool in Boerdery in Suid-Afrika se uitgawe van September 1927 vertel het hoe ‘n mens kl
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (II)
2011-07-01 | 0 Kommentaar
Verlede week het ons gelees hoe Oupa-hulle ‘n vel haar-af gemaak het. Vandeesweek lees ons hoe HH Borckenhagen van die Potchestroomse Landbouskool in September
 
Só het Oupa hulle geboer: Die brei en looi van velle (I)
2011-06-24 | 2 Kommentaar
In Oupa-hulle se tyd was toue en kettings skaars en trekdiere is grootskaals gebruik. Daarvoor moes rieme gebruik word en daardie rieme het Oupa-hulle self op d
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0