Categories: NewsPublished On: 10th December 2012

Ruk die werf reg vir 2013 Vermillian maak dit maklik

By 2 min read

x

’n Geroeste plaashek met ’n paar slap draadjies was nog altyd die eerste teken dat dinge op ’n plaas nie lekker is nie. As ’n plaas se omheining netjies is met styfgespande draad, met elke spar op sy plek en elke ankerpaal roesvry en regop, kan jy maar weet dat die mielies op die regte tyd geplant gaan word, dat die beeste net die beste voer en sorg geniet en dat die boerdery se ratte glad draai.

Waarom nie 2013 blink, glad en reg begin nie? Die beste is, met ’n middel soos Verust, gaan jy ook nie nodig hê om elke jaar die pale, hekke en krale deur te gaan vir roes nie. Doen dit een keer goed en reg en dan kan jy die oorlog teen roes wen.

Verust is die voorloper nanotegnologie-roesweermiddel wat in die staal intrek en die roes afdig dat dit nie weer kan vorm nie. Dit maak nie saak of die roes oud of nuut is nie, want met Verust se nanovesels wat die staal binnedring en alle los roes terugbind, word die staal roesvry en letterlik van binne af weer opgebou.

Sonder water kan ons nie boer nie, maar water is ook ’n ding wat groot skade kan doen as hy inkruip op ’n plek waar hy nie hoort nie, soos in die huis of skuur of stal se mure. Bekyk maar gerus die onderste deel van elke muur: waterskade is gou sigbaar, veral as die muur gepleister is.

Gelukkig hoef jy nie die muur af te breek en oor te bou om by die kern van die probleem uit te kom en sy nek om te draai nie. Vermillian Verf se Water Dispelling Liquid kruip binne-in die muur in omdat die nanotegnologie beteken dat die molekules klein genoeg is om orals in te dring en dan te bind sodat vog permanent deur die nanotegnologievesels uitgehou kan word.

Desember is sommer ’n goeie tyd om seker te maak die betondamme en krippe nie lek nie en hulle kosbare inhoud nie uit nie. Vermillian Verf se WDL seël in een laag en kan inderwaarheid gebruik word om enige materiaal waterdig te maak deur middel van nanotegnologie-waterdigting. Dit verhoed ook die groei van alge.

As die pleister begin kraak en afdop, moet jy maar weet vog is ’n probleem. Vermillian Verf se WDL stuit stygende vog.

Binne vark- en hoenderhokke, of melkstalle is dit nie net vog alleen wat ’n probleem kan wees nie. Die vog gee vatplek aan alge, bakterieë en swamme wat nie goed is vir algemene sindelikheid nie en uiteindelik jou diere se produksie benadeel. Water Dispelling Liquid (WDL) is ’n unieke nanotegnologieproduk wat sout, kalk, suur, gips, alge, bakterieë en swamme in vloere en mure neutraliseer en dit waterdig maak.

Besoek gerus ons webtuiste by www.vermillianpaint.com of kontak Johan Vermeulen by 078-782-5034 of stuur ‘n boodskap na 071-940-7500 vir vinnige en vriendelike diens.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0