Categories: NewsPublished On: 15th October 2011

Rugbyklere-se-wins-tref-goeie-doel

By 1 min read
279 words
Senwes skenk R50 000 aan Agri Securitas. Mnr Japie Grobler, Voorsitter van Senwes, oorhandig die tjek aan mnr Johannes Möller, President van Agri SA (links).
Alhoewel die Bokke nie tot die volgende rondte deurgedring het nie was die aankoop van gelisensieerde Springbok Rugbywêreldbeker ondersteunersdrag deur Senwes se e-winkel en by dié landboumaatskappy se Senwes Villages was nie tevergeefs nie.
 
Senwes in samewerking met Noordwes Krieket en Agri SA het ʼn bedrag van R50 000, wat deel uitmaak van die winste van die projek, aan Agri Securitas oorhandig tydens Agri SA se kongres op 13 Oktober vanjaar. Agri Securitas is ‘n Agri SA-projek wat verskeie misdaadvoorkomingsinisiatiewe in landelike gebiede en trauma-beradingswerkswinkels befonds.
 
“Met bydraes soos die van Senwes poog die Trustfonds om ‘n veiliger landelike omgewing te skep sodat produsente en plaaswerkers op hul primêre taak, naamlik die van voedsel- en veselproduksie kan fokus,” het Japie Grobler,voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds gesê. 
 
Volgens mnr Grobler is dit onaanvaarbaar dat die landbouers wat Suid-Afrika van voldoende kos voorsien en die ruggraat van die landelike ekonomie is, voortdurend deur misdaad geteister word. “Landbouers is ‘n groot bate vir die land en moet waardeer en beskerm word” het hy gesê.
 
Die res van die winste sal aan die Senwes Spinners Krieket-Ontwikkelingsprogram geskenk word. Die Senwes Spinners Krieket-Ontwikkelingsprogram fokus op die ontwikkeling van krieket in die landelike gemeenskappe in Senwes se bedieningsgebied. Die program word in samewerking met Noordwes Krieket aangebied en voorsien afrigting vir beide spelers en afrigters, om sodoende volhoubare strukture te vestig. Spanne ding jaarliks mee tydens die Senwes Spinners liga.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0