Categories: NewsPublished On: 12th July 2010

Rotrix wring elke druppel waarde uit water

By 2 min read

’n Wonderlike patent. Dis hoe Kruger Terblanche, ’n wakker jong boer van Lesutuskraal net buite Vredefort in die Vrystaat, sy Rotrix-kruipspuit beskryf.

En ook geen wonder nie, want Kruger het alle moontlike opsies deeglik oorweeg, al die moontlike somme gemaak en met gebruikers van verskillende stelsels gepraat voordat hy op Rotrix besluit het.

En noudat sy groenmielies welig onder Rotrix-be­sproeiing gedy, is hy nog sterker oortuig dat Rotrix die be­sproeiingsopsie is wat jou die beste waarde vir geld bied.

Kruger het reeds twee spilpunte waaronder hy twee gewasse per jaar produseer, soos mielies vir die gretige groenmieliemark, groentesaadproduksie vir ’n groot saadmaatskappy en rog vir sy eie veldbeeste en ander veeboere wat sy surplus koop.

Vanjaar het Kruger al sy beskikbare besproeide grond met ertjies beplant, sodat hy ’n plan moes maak om sy groenmielies te besproei op ’n reghoekige land van 8 hektaar. Die plan was Rotrix – maklik, eenvoudig en doeltreffend. Dit werk so:

Maak jou Rotrix-kruipspuit aan die een kant van die land staan, koppel die waterslang aan die toevoerkraan, rol die staalkabel uit en maak dit vas aan ’n pen aan die oorkant van die land 220 meter verder.

Draai nou die toevoerkraan oop, staan terug en bewonder die doeltreffendheid van slim, maar eenvoudige en betroubare ontwerp.

Twee gedugte spuite stuur elk ’n stroom water skuins die lug in op om ’n baan van 60 meter egalig en doeltreffend te benat.

Verskillende verstellings, sproeiers en dryfratte is beskikbaar om watertoediening presies te beheer. Kruger se Rotrix is gestel om 20 mm reën toe te dien met elke deurloopslag en hy is heeltemal geskik vir volle besproeiing op ’n land van 15 hektaar.

Een straaltjie water dryf ’n bakkieswiel aan, wat deur ’n ratkas die kabel inkatrol en sodoende die Rotrix se romp op sy twee wiele en een slee na die oorkant van die land laat beweeg.

Drie werkers skuif Kruger se Rotrix twee maal per dag binne 20 minute na ’n nuwe baan, maar met ’n pypkatrol kan een mens en ’n klein trekkertjie dié werkie nog vinniger doen.

Volgens Kruger lê Rotrix se grootste waarde in die feit dat dit ’n eenvoudige ontwerp is met niks wat verkeerd kan loop nie. Boonop stel Rotrix se kundige mense werklik belang en bied ’n deeglike naverkoopdiens aan Rotrix-eienaars.

Die beheer wat Rotrix oor produksie bied, verminder die boer se afhanklikheid van wisselvallige elemente en Kruger is seker dat die stelsel homself en die toe­voerpypleiding wat aangelê moes word lag-lag binne twee jaar sal betaal.

En dan? Lesutuskraal het plek en water genoeg vir nog ’n Rotrix-land of wat…

Vir meer inligting oor jou eie Rotrix-kruipspuit skakel Rotrix by 023-342-3438 of e-pos rotrix@intekom.co.za of besoek www.rotrixirrigator.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0