Categories: NewsPublished On: 5th July 2010

Rotrix verbeter melkboer se situasie drasties

By 4 min read

’n Drastiese verbete­ring – dis wat Rotrix vir Danie Nel se melk- en skaapboerdery op die plaas, Erna, naby Brandfort in die Vrystaat, beteken.

Ons almal weet dat die melkboer vandag sy rieme baie dun moet sny en sy sakies baie mooi moet bestuur om ’n bestaan te kan maak.

Een van die belangrikste beginsels vir sukses is dat jy soveel van jou koeie se voer as wat jy kan self moet produseer. Dit het Danie nog altyd gedoen, maar lusern en hawer vra water en die sleeppype en goukoppelpype waarmee hy in die verlede gesukkel het, het ’n hoë tol geëis aan tyd, mannekrag en geduld.

Enigeen wat al met goukoppelpype gesukkel het weet dat dit wel ’n manier is om jou woordeskat uit te brei, maar vir doeltreffende besproeiing is dit ver van die eerste prys af.

Die ewige verskuiwery verg baie werk en tyd en met die rondlopery daarvoor word jou gewasse noodwendig vertrap.

Op Erna moet die trappery boonop baie katvoet ge­skied, want dit wemel van die pofadders. Die paddas kom na die nattigheid in die besproeiingslande toe en die pofadders kom agter die paddas aan.

Gelukkig is niemand al gepik nie, maar daar is al aanskou­like danspassies in die lusernland uitgehaal en hoë note gesing, veral as die lusern langerig raak.

Rotrix wis probleme uit!

Danie het al hierdie probleme met een slag uitgewis deur ’n Rotrix Rainmaker-kruipspuit aan te skaf. Met Rotrix is sy besproeiing eenvoudig en maklik – en veel, veel doeltreffender sodat hy met veel minder arbeid en tyd veel meer voer vir sy vee produseer.

Hy verduidelik: Aangesien die Rotrix Rainmaker geen elektrisiteit nodig het vir sy aandrywing nie – net waterdruk – is dit nie nodig om drade of kabels aan te lê land toe nie.

En aan waterdruk vra die Rainmaker ’n skamele 2,4 bar om sy werk deeglik en voorbeeldig te doen.

Daarom was dit nie nodig om nuwe pompe of toevoer­pype te koop nie – Danie kon dieselfde pype as vir die goukop­pelstelsel net so gebruik. Al wat hy moes doen, was om ’n koppelstuk aan te pas en daar was sy Rainmaker flink aan’t reën maak!

Om die Rotrix aan die werk te sit of na die volgende baan te verskuif is kinderspeletjies: Jy koppel bloot jou waterpyp, rol die staal­kabel uit na ’n pen aan die oorkant van die land, draai die kraan oop en siedaar, jou boerdery beur vanself vooruit!

Jou Rainmaker benat ’n strook van 50 meter wyd eweredig met 15 tot 20 mm reën terwyl hy homself aan die staalkabel na die oorkant van die land inkatrol. Die inkatrollery word aangedryf deur ’n bakkieskyf waarin een straaltjie water spuit.

“Wat vir my lekker is van die Rainmaker is dat hy met min moeite ’n groot gebied natmaak en elke hoekie van die land sonder vermorsing bereik,” sê Danie.

“Jy kan jou spuite stel om net een kant te spuit of een kant net ’n halwe sirkel en die ander kant ’n volle sirkel. En as die wind kwaai waai soos hy soms hier in die Vrystaat maak, ruil jy net die spuiters om om swaarder druppels te vorm.”

Francois, Danie se seun, is ’n ingenieurswesestudent met ’n lewendige belangstelling in die boerdery. Hy beskou die Rotrix Rainmaker as ’n briljante stukkie inge­nieurswerk.

Dis nie net Danie, Francois en die talle tevrede Rotrix-eienaars regoor die land en Suidelike Afrika wat met Rotrix beïndruk is nie. Verbygangers wat die Rotrix in aksie sien hou gereeld stil om hom te bewonder, sê Danie.

En ’n mens neem hulle glad nie kwalik nie, want ’n Rainmaker aan’t werk bied veel opwindender kykgenot as die SABC se televisieprogramme.

Maar die aanskoulikste is die Rainmaker se resultate wat Erna se Holsteins en Vleismerino’s volstoom aan die vreet hou.

Vir meer inligting oor die kruipspuit wat reën maak, praat met Jasper of Jere­my Hewitt van Rotrix by 023-342-3438 of besoek www.rotrixirrigator.co.za of faks 023-342-8469.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0