Rotrix-Rainmaker:-Daar’s-water!
![]() |
Soos konings – dis hoe Carel Lubbe van Brandewynskuil naby Makwassie se Merino-landskape leef vandat hy ’n Rotrix Rainmaker aangeskaf het om voer te produseer.
Carel is ’n man met ’n plan. Brandewynskuil is ’n familieboerdery, maar die skape is sy eie onderneming. Die melkery eis al die kuilvoer wat geproduseer word, daarom moet hy sy eie planne maak om sy skape deur die winter te laat produseer.
Hy het ’n babaspilpunt waaronder hy raaigras vir die skape geproduseer het, maar aangesien hy al die geld wat sy skape verdien tans in die uitbreiding van sy kudde steek, moes hy ’n plan maak om die kontantvloei aan te help. Daarom het hy begin om kool op ’n deel van die spilpuntsirkel te produseer. Koolpryse gaan op en af, maar sorg darem vir ’n vinnige gereelde inkomste, en daarom gebruik hy die spilpunt nou net vir koolproduksie.
Maar wat van die skape, wat sy groter langtermynplan is? Sonder besproeiing is daar nie genoeg voer vir die skape nie en Carel moes sommetjies en plannetjies maak vir ’n oplossing. Daardie oplossing is ’n Rotrix Rainmaker-kruipspuit.
’n Spilpunt wat soveel grond soos die Rotrix kan besproei, sou nagenoeg twee keer ’n Rotrix se prys gekos het, vertel Carel. Dan sou daar nog 500 meter elektriese kabel moes bykom, “want die lande le nie om die dam nie”. Rotrix se vernuftige wateraandrywing maak elektriese kabel onnodig.
“Ek maak nog geld bymekaar en koop ooie met my wins, so ek kan nie onnodige geld uitgee nie – daarom het ek op die Rotrix eerder as nog ’n spilpunt besluit.”
Boonop is grond duur, glo Carel, en uitvalhoeke om ’n spilpuntsirkel is grond wat vermors word. Druppers is te duur om dit sinvol te benut. “Lande is reghoekig en die Rotrix stel jou in staat om elke hoekie deeglik te besproei en te benut.”
Carel is ingenome met Rotrix se eenvoudige, betroubare ontwerp, wat verseker dat hy deurgaans sonder sukkel sal werk. Om die kruipspuit van een vak na ’n ander te verskuif is maklik genoeg, veral as ’n mens elke keer daaraan dink hoeveel geld hy vir jou bespaar en verdien.
Die Rainmaker sleep homself aan ’n staalkabel oor die land en stop self aan die einde van die land. Carel het ’n tydskakelaar aangebring sodat die pomp terselfdertyd stop. Nou kan hy hom agtuur in die aand aanskakel sodat hy heelnag werk terwyl die wind stil en verdamping min is, en sesuur môreoggend kom hy vanself tot stilstand en hou ook op water spuit.
Met Rotrix se Rainmaker hou die winter geen angel in vir Carel se landskape nie. Hy het winterrog en eenjarige raaigras gemeng gesaai en die rog is nou reg vir beweiding. Teen die tyd dat die rog begin afneem in Augustus, is die raaigras reg om die skape tot in die somer aan die smul te hou. In Desember gaan hy op dieselfde land voersorghum (Nutrifeed) of dolicosbone plant.
Carel beplan reeds om nog ’n Rotrix Rainmaker aan te koop en dink opgewonde oor wat jy alles daaronder kan plant.
Jy kan ook wen met ’n Rotrix Rainmaker – die koning van kruipspuite. Praat met Jasper Hewitt by 023-342- 3438 of 082-773-7544 of jasper@bushwakka.co.za of besoek www.rotrixirrigator.co.za.