Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Rotrix plaas boerdery op die wenpad

By 3 min read

Die boer wat die breedste glimlag is die een wie se gesaaides die doeltreffendste besproei word – die Rotrix-eienaar.

Twee sulke breëglimlagboere is die pa- en seunspan van Kareepan knap duskant Bloemhof, Carel en Johann Alberts.

Hulle eerste Rotrix-kruipspuit speel alreeds ’n sleutelrol in die verwerkliking van hulle boerderyplanne en hulle dink reeds daaraan om nog ’n Rotrix Rainmaker aan te koop om nog vinniger vooruit te boer.

Dit is baie goed dat die Albertse se tyd van goukoppelpype verby is, want hulle boerdery is bedrywig genoeg sonder om nog tyd met ’n gesukkel te mors. Hulle boer met varke, Vleismerino’s en Bonsmara-beeste, en is besig om dié boerdery sterk uit te brei.

Tussendeur plant hulle ook groente en boonop is Johann ’n skoolhoof wie se voete skaars plaas raak. Dit beteken dat die volle verantwoordelikheid vir die boerdery dikwels vir lang tye net op oom Carel se skouers rus.

Gelukkig het oom Carel ook ’n wakker kop wat die raak besluit geneem het om van die gesukkel met pype na Rotrix-doeltreffendheid oor te skakel.

’n Mens gebruik goukoppelpype as ’n begin bloot omdat jy nie anders kan nie, vertel oom Carel. Wer­kers breek knaend pype en vertrap jou gesaaides en naweke sit jy dikwels sonder arbeid en dus ook sonder besproeiing.

Daarteenoor doen jou Rotrix-kruipspuit self sy werk met voorbeeldige pligsbesef en al wat jy hoef te doen, is om hom af en toe op ’n nuwe baan aan die gang te sit.

Daarvoor het jy ook nie ’n span werkers nodig nie. Die boerdery se wakker voorman, Samuel Phidi, doen dit alleen in minder as ’n kwartier met sy vierwielmotorfietsie.

Al wat hy hoef te doen is om die Rotrix se toevoerpyp op die spoel te rol, die hele spuit na sy nuwe baan te sleep, die sleepkabel aan ’n pen aan die oorkant van die land te haak, die toevoerpyp te koppel en die toevoerkraan oop te draai.

Daarna kan hy rustig met sy ander werk voortgaan terwyl die Rotrix ’n baan van 50 meter perfek besproei.

“In ons boerdery sal Rotrix altyd ’n rol hê,” verklaar Johann. Hulle het hom nou al gebruik vir ’n mengsel van raaigras en swenkgras, vir saaduie en vir mielies wat hulle wil sny om voer vir die vee te maak.

Hulle beplan ook om graansorghum en koekoejoe te besproei.

“As dit nie was vir die weiding wat ons met Rotrix besproei het nie, sou ons boerdery reeds ’n ernstige knou gekry het,” sê oom Carel.

Rotrix is logies en eenvoudig ontwerp en ’n mens kan sommer sien hy gaan goed werk en lank hou.

Omdat hy wateraangedrewe is, lok hy geen kabeldiewe aan nie en wanneer jou Rotrix nie besig is nie kan jy hom toesluit.

Hy is veelsydig en kan op verskillende plekke ontplooi word, selfs om ’n spilpunt se uitvalhoeke te benut.

Die Albertse gebruik tot dusver dieselfde stel sproeiers vir al hulle besproeiing, maar sproeiers (nozzle) kan omgeruil word vir verskillende behoeftes.

Hulle is hoogs ingenome met die flink diens wat Rotrix se mense bied. Dit is ’n stewige maatskappy met ’n goeie begrip vir die boer en sy behoeftes en dis ’n plesier om met hulle sake te doen.

Jy kan ook vooruit boer met Rotrix. Praat met Jasper of Jeremy Hewitt by 023-342-3438, of besoek die webtuis­te www.rotrixirrigator.co.za, e-pos rotrix@intekom.co.za, of faks 023-342-8469 vir flink diens enige plek in Afrika. Lees ook vorige artikels oor Rotrix op ProAgri se webblad www.proagri.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment