Categories: NewsPublished On: 1st July 2010

Rotrix-maak-reën-vir-winterweiding

By 3 min read

Die taai tyd van die jaar vir Noordwes se boere is die winter en die nawinter totdat die eerste reëns val. Dis die tyd wanneer die bees- en melkboer goeie planne moet hê om sy diere van voer te voorsien.

So ’n goeie plan is oom Koos Niehaus van die plaas Doornhoek, so ’n ent buite Lichtenburg in Koster se koers, se Rotrix Rainmaker, waarmee hy die taai tyd se tande trek deur reën te maak wanneer hy dit die nodigste het.

Kuilvoer en hooi het hulle rol om te speel, gee oom Koos toe, maar waarom moet hy ekstra moeite en koste aangaan as hy met Rotrix goeie, groen, gesonde winterweiding kan produseer waarvan sy koeie boonop meer hou?

Weiding is baie minder moeite omdat die koeie die snywerk doen en ook die meeste van die bemesting toedien, sê oom Koos. Jy hoef nie te baal of vas te trap soos met hooi of kuilvoer nie. Al waarvoor die boer moet sorg, is om ’n goeie gewas, soos oom Koos se raaigras, te vestig en om sy Rotrix te wys waar hy gereeld moet natmaak.

Oom Koos melk al 25 jaar. Hy het eers goukoppelpype gebruik, maar toe hy van Rotrix-kruipspuite hoor en ’n artikel daaroor in ProAgri lees, het dit vir hom na ’n gawe idee geklink.

Hy en sy skoonseun, Louis de Swart, met wie hy saam die boerdery bedryf, het hulle Rotrix ongesiens gekoop en hulle is glad nie spyt oor hulle besluit nie.

’n Mens kan sien die ou wat die Rotrix gebou het, het sy kop gebruik en hom baie mooi beplan, sê oom Koos. “Ons het nie verkeerd gekoop nie.”

As dit by water en watertoerusting kom, weet oom Koos waarvan hy praat. Droogte het hy as kind reeds in die Marico-omgewing leer ken en daarom is dit vandag nog vir hom belangrik om omsigtig met water te werk en elke druppel verantwoordelik te benut.

Nadat hulle grond by Marico onteien is, het oom Koos en sy broer ’n suksesvolle pomptoerustingsaak in Lichtenburg bedryf. Hy ken ’n goeie masjien as hy hom sien, en die Rotrix is so ’n masjien.

Die Rotrix sorg vir doeltreffende benutting en aanwending van water met baie min arbeid en moeite vir die boer. Hy besproei ’n strook van 50 meter breed en 200 meter lank, deur homself aan ’n geankerde kabel na die oorkant van die land te sleep met ’n buigbare toevoerpyp agterna.

Na 6 tot 10 uur, afhangend van hoe jy hom gestel het, bereik hy die oorkant en loop staan self. Al wat jy dan hoef te doen is om sy toevoerpyp op te rol, hom na die volgende vak te sleep, die kabel na die oorkant van die land uit te rol en te anker, die toevoerpyp te koppel en die kraan oop te draai.

Daarna kan jy rustig met jou ander werk voortgaan of selfs op die stoep loop sit en koffie drink as jy wil – die Rotrix sal sy werk getrou en doeltreffend doen.

Oom Koos is nie net beïndruk met die Rotrix se ontwerp, doeltreffendheid en opsigtelike duursaamheid nie, maar ook met die flink en vriendelike diens wat hy van Rotrix se mense ontvang.

En sy Holstein-koeie stemn smul-smul saam.

Hoekom sal jy sukkel as jy met Rotrix kan reën maak om vooruit te boer? Jy kan ook vooruit boer met Rotrix. Praat met Jasper of Jeremy Hewitt by 023-342-3438, of besoek die webtuiste www.rotrixirrigator.co.za, e-pos rotrix@intekom.co.za, of faks 023-342-8469 vir flink diens enige plek in Afrika.

Lees ook vorige artikels oor Rotrix op ProAgri se webblad www.proagri.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0