Categories: NewsPublished On: 1st August 2011

Romanse-op-die-plaas

By 1 min read
Die boer hoor een oggend hoe die koeie in die kamp gesels.
 
Koei 1: “Ek het gisteraand saam met die Bonsmarabul gaan stap, en is hy nou vir jou ‘n interessante kêrel!”
 
Koei 2: “O, ek was saam met die Pinzgauerbul uit. Wat ‘n wakker man!”
 
Koei 3: “Ag, die Afrikaneros het by my kom kuier, maar al waaroor hy kan gesels is sy groot operasie.”
 
Stuur jou grappie, pittige vertelling of snaakse foto gemerk Boerselag aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n musiekpiering van Thys die Bosveldklong te wen.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0