Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 14th February 2024

Riken Electric is die voorlopers in gespesialiseerde tegniese oplossings

By 3 min read
530 words

riken

Riken se 800A fase rotasie outomatiese korrigeerder

Oor die laaste paar jaar het die kraggehalte in Suid-Afrika drasties agteruit gegaan. Dit het gelei tot ‘n toename in kragonderbrekings en probleme wat fasewisseling insluit. Hierdie probleme met fasewisseling ontstaan wanneer die krag weer aankom na ‘n onderbreking.

Kragonderbrekings kan veroorsaak word deur kabeldiefstal, wanneer ‘n mini-substasie uitsny of wanneer ‘n skakeltuig onklaar raak as gevolg van swak of geen onderhoud. Wanneer die krag weer aangeskakel word, gebeur dit soms dat die fases in verkeerde orde gekoppel is, wat dan omgekeerde fase rotasie tot gevolg het.

Hierdie proses kan vernietigende gevolge inhou vir 3-fase masjienerie en toerusting soos bv: vervoerbande, verkoelingskompressors, elektriese motors ens. In die geval met solar omskakelaars, bespeur die omskakelaar ‘n omgekeerde fase-orde en weier om aan te skakel ter selfbeskerming en beskerming van sekondere toerusting.

Sulke gevalle kan massiewe geldelike gevolge vir ondernemings inhou.

In die landbou sektor is die skade aan Elektriese infrastruktuur soms baie meer as in ander sektore. Koelkamers, vervoerbande, waterpompe en enige ander elektiese motor aangedrewe toerusting of elektriese motor-beheer toerusting word regstreeks geraak omdat die meeste boere direk aan Eskom gekoppel is en nie die luuksheid het van kompenseer toerusting in substasies soos in die geval in stedelike gebiede nie.

Wanneer toerusting beskadig word, ervaar boere langdurige boerdery onderbrekings, om nie eers die finansiële implikasies vir die herstel of vervanging van toerusting wat dit tot volg het, te noem nie

Riken Electric is ‘n gevestigde handelsmerk wat goed toegerus is om oplossings te bied vir probleme soos fasewisseling. Vir meer as vier dekades het ons hard gewerk om ‘n reputasie van betroubaarheid en gehalte te bou. Ons kliënt-gefokusde benadering verseker dat ons uitmuntende diens kan lewer.

Riken se 180A fase rotasie outomatiese korrigeerder

Riken Electric se ervare en toegewyde tegniese span het die perfekte oplossing ontwikkel om omgekeerde fase rotasie outomaties te korregeer. Hierdie oplossing is ontwerp om in residensiële, kommersiële en industriële sektore aangewend te kan te word.

Die eenheid kan vervaardig word om outomaties ‘n kloksgewys of anti-kloksgewys fase rotasie te hanhaaf ongeag van die inkomende krag se fase konfigurasie. Dit isoleer ook die stroombaan wanneer oor- en onderspanning, faseverliese of neutrale verliestoestande voorkom.

Beskerming teen onreëlmatige krag stuwings kan ook as ‘n toevoeging tot die oplossings ingesluit word sou die installasie dit verlang. Behalwe vir outomatiese fase korrigering oplossings, bied ons tegniese span ook ‘n verskeindenheid ander dienste. Ons laespanning-verdeelborde is volledig aanpasbaar om aan die spesifieke behoeftes van elke klant te voldoen. Ons ontwerp en verbou oplossings en elektriese verdeel borde wat in lyn, en onderwerp is aan, die toegepaste energie regulasies van Suid Afrika.

Ons oplossings vir spanninregulering, beskerm toerursting teen onreëlmatige spannings flaksuasies wat tot wanfunksie of vervroegde ondiensbaarheid kan lei. Ons spesialiseer in weerligbeskerming en stelsels om kritieke infrastruktuur te beskerm teen die vernietigende gevolge van weerlig-geïnduseerde oorgange.

Ons span kundiges ontwerp en voorsien toonaangewende oplossings om sensitiewe elektroniese toerusting teen enkelgebeurtenis-mikrostuwings te beskerm.

Om enige van ons produkte of dienste te bespreek, kontak ons ​​asseblief by 012-804-2666 en praat met Hannes of Jaco in ons tegniese oplossings-afdeling. Besoek ons ​​webwerf by www.riken.co.za om ons reeks produkte en dienste te sien.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0