Rhino maak swaar werk lig
![]() |
Tot 14 ronde bale kan met die Rhino 1402 gelig en geskuif word en dit binne tien minute. Weg is die dae van sukkel en stoot en hordes handlangers, sê Adam van Aswegen van Inttrac Trading.
Die rondebaalhanteerder word plaaslik, op Meyerton, vervaardig wat beteken dat onderdele en diens maklik beskikbaar is. Die Rhino 1402 wat by Agri Megaweek aan boere gedemonstreer is, kan met gemak nege ton hanteer. Droë en groen bale van 1,2 en 1,5 meter kan deur een kontrakteur en ‘n 80 kw trekker gelig en geskuif word. Vir meer inligting, bel Adam by 078-457-0952.
Nog ‘n maatskappy wat die heerlike sonskynweer op Bredasdorp benut het om op die eerste dag van Agri Megaweek hulle produkte te demonstreer, was Greenfields.
Die maatskappy het die kuns van hooimaak sommer maklik gemaak vir elke boer met hulle spesiale gekombineerde aanbieding van trekker, baler, snyer en hark.
Die flinke Foton 254 (18 kw) vierwielaandrywing-trekker saam met sy pasmaat, die B70-rondebaal-baler word as ‘n eenheid aangebied, saam met ‘n 1,25 m snyer en vier-wiel-hark. Voermaak was nog nooit so maklik nie. Die samestelling kos net R163 750.
Die groter boetie in hierdie spesiale pakket word vir R294 000 aangebied en sluit in ‘n Foton 454 (33 kw) trekker, ‘n B90-baler, ‘n 1,5 meter snyer en ‘n vier-wiel-hark.
Vir enige navrae, skakel Glen Clark by 082-804-8045.