Rhino bemagtig die boer: Troef die toekoms met tegnologie
DieRhino-bemagtig-die-boer-Troef-die-toekoms-met-tegnologie/p>
Duur kunsmis, diesel, arbeid en ander insette noop die boer om immer meer te produseer om winsgewend te bly.
Die uitdagings word immer feller en die boer wat gaan oorleef, is die een wat alle hulpmiddels tot sy beskikking betyds en oordeelkundig benut.
So ’n nuttige hulpmiddel is ’n Rhino-spilpunt wat die boer die vaste versekering gee dat sy oes ’n lonende opbrengs op sy produksiebelegging sal bied.
Marius Eksteen, eienaar van die Rhino-fabriek, is self ’n boer en hy glo boerdery moenie dobbelary wees nie. ’n Boer moet soveel van sy produksieproses beheer as wat hy kan. ’n Rhino-spilpunt is ’n baie belangrike stap in dié rigting.
Marius glo ook dat ’n spilpunt vir die boer ’n lonende bate moet wees en nie nog ’n verantwoordelikheid om mee te sukkel nie. Daarom sorg hy dat elke Rhino-spilpunt in alle opsigte die toonbeeld van stewigheid, duursaamheid, betroubaarheid en doeltreffendheid is.
Net die beste staal word vir die pype en strukture gebruik en alles, tot die boute en moere, word volgens SABS-standaarde gegalvaniseer om ’n lang, nuttige lewe in diens van die boer te verseker.
Deeglike navorsing is gedoen om die beste moontlike elektriese en meganiese onderdele te verkry.
Die Rhino is spesiaal ontwerp om Afrika se strawwe toestande te trotseer, daarvan getuig tevrede eienaars vanaf die noordelikste dele van die land, in Natal, die Oos-Kaap, die Vrystaat en tot in Namibië.
Veel meer as ’n spilpunt
Maar vir die boer is Rhino veel meer as ’n spilpunt. Rhino se kundiges help jou vanaf die eerste beplanning om te bepaal of en waarvoor jou water voldoende is, watter gewasse jy sal kan verbou, om die regte pompe en toevoerlyne aan te bring en om die regte grootte spilpunt en spuitpakket te kies. Niks word buite berekening gelaat nie.
Daarna rig ’n vaardige Rhino-span spesialiste jou spilpunt netjies op.
Agterna geniet jy die gemoedsrus dat Rhino gereed staan met al die onderdele, diens en kundigheid wat jy dalk mag nodig kry.
Rhino se mikpunt is immers nie om jou ’n klomp pype en stange en sproeiers te verskaf nie, maar ’n voorspelbare, gesonde, lonende oes deur middel van doeltreffende, betroubare besproeiing.
Dit is ook hoekom Rhino jou nommerpas opsies bied, soos aluminiumkabels in stede van koperkabels vir ingeval jy bang is die koper word gesteel.
Jy kan ook jou bandgrootte en -tipe kies om jou land presies te pas, of ’n selfoonteksboodskap-beheermeganisme installeer om jou te waarsku wanneer daar aan jou spilpunt gepeuter word.
Vir jou eie, gewaarborgde Rhino-spilpunt, praat met Koos du Plooy by 083-441-9576, of ons beplanners, Christo Taljaard 082-315-3211, of Wolf Krüger 082-771-3469, of met een van ons agente:
- Vrystaat: Gert Lamprecht 082-804-4069, Jannie Taljaard 082-415-3440
- Oos-Kaap: André Swanepoel 082-378-9874
- Piketberg/Namibië 022-913-2333
- Natal: Vryheid Besproeiing 082-929-3188
- Limpopo: NTK Lammie 082-800-1880
- Loskopvallei: NTK Janneman 082-802-8959
- Nigel: Hennie Kotzé 082-389-3159