Categories: NewsPublished On: 9th June 2011

Reën: Dis ‘n gemors

By 1 min read
Plase langs die Renosterspruit naby Bloemfontein moes ontruim word as gevolg van oorstromings, paaie in dele van die Vrystaat is onbegaanbaar en in die mielielande wat gestroop moet word, wil die water nie meer wegsak nie. En dit in die middel van die winter.
 
Mnr Jannie de Villiers, hoofbestuurder van Graan SA sê dit is ‘n gemors. Hy het gister van Bothaville af Johannesburg toe gery en orals langs die pad het die plate water gestaan. Boere kan nie in hulle lande inkom om te stroop nie. 
 
Net so kan baie boere wat nou koring wou plant ook nie in hulle lande inkom nie en die optimum planttyd is vinnig besig om verby te gaan. 
 
Mnr De Villiers sê daar staan ‘n mooi mielie-oes op die lande, maar dit is net ‘n mooi oes as dit afgehaal kan word. 
 
Ondertussen voorspel die weerburo dat daar nog 80% kans op reën in die binneland is tot die naweek. Mnr Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA het op sy beurt gesê hy verwag nie dat die reën die gehalte van die mielies gaan raak nie, maar die oes gaan wel stadiger inkom. 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment