Reik-rats-na-die-hoogste-hoogtes:-Maklik-met-Manitou
Flink, vinnig en veilig, maar onstuitbaar sterk is die ratse regterhand waarsonder geen boer kan klaarkom nie – Manitou. Wat jy ook al wil optel, verskuif, opstapel of laai, Manitou maak dit maklik.
So is dit ook by Berghahn Boerdery op Zoetfontein by Nutfield op die Springbokvlakte waar Manitou ’n sleutelrol speel om die boerdery met mielies, sonneblom en gras gladweg en doeltreffend te laat verloop.
Groot werk word maklik en eenvoudig met Manitou, soos om die groot boel bale elke jaar netjies tot 7 meter hoog in skure te stapel – en van daar af vinnig en flink op reusagtige gelede vragmotors, lorriekies, bakkies en selfs donkiekarre te laai soos al wat diere-eienaar is kom voer koop.
As jy met ’n Manitou werk bly jou bale heel omdat hy netjies werk en nie vroetel om te vat nie.
Elke boer weet dat planttyd ’n pes kan wees as jy nie jou kunsmis vinnig genoeg op die land kan kry nie. In die ou tyd moes ’n string werkers ure lank in die sweet van hulle aanskyn spook om sakke kunsmis af te laai, in die skuur te pak en later weer tydsaam op die skouer, skof of kop uit te sukkel en te laai om land toe te gaan. En intussen kook die boer om binne die kort tydjie wat die klimaat en die weer hom toelaat klaar te plant.
Maar die Manitou haal vandag die laaste lekseltjie zuur uit Zoetfontein se plantery: Wanneer die honderde tonne kunsmis op die plaas voet aan wal sit laai hy dit in ’n japtrap af en wikkel sy lenige lyf gemaklik deur die deur om die palette netjies in die skuur te stapel.
En planttyd woerts hy sleepwa na sleepwa vol vragte kunsmis nog voor jy kan sê: “Allamoses, maar ek moet ook so ’n nuttige masjien kry.”
Maar dit is nie al nie. Zoetfontein se Manitou staan sy plek regdeur die jaar met al die werk op die plaas vol:
- Met sy allemintige optelhoogte van 6,9 meter maak hy dit kinderspeletjies om boorgatpype uit te trek.
- Met sy optelvermoë van 3,2 ton is hy net die ding om swaar masjinerie te verskuif.
- Met sy stewige laaigraaf kan jy walle stoot, skropwerk doen en grond, mis of wat ook al oplaai.
- Met sy ruim hyshok hys hy werkers en hulle gereedskap omhoog vir take soos om boomtakke af te saag of aan watertenks te werk.
- Met sy fyntrapvermoë, te danke aan die feit dat al vier sy wiele stuur, word Zoetfontein se Manitou nadergeroep om werktuie vinniger en netjieser in die skure te parkeer as wat enige trekker kan doen.
Die Manitou kan met ’n swetterjoel werktuie toegerus word, soos grypskroppe, misvurke, ’n baalklamp om toegedraaide bale sonder skade te hanteer, ’n kuilvoeraflaaier, verskillende soorte hysarms, graanskoppe, verskillende soorte vurke vir palethantering en selfs ’n slootgrawer.
Die operateur ruil sonder enige hulp werktuie binne sekondes om.
Wat sake natuurlik nog makliker maak, is dat Manitou so maklik beheer word. As jy ’n koeksister uit ’n bord uit kan aanvat, kan jy met ’n Manitou werk. Al wat jou linkerhand hoef te doen is om die stuurwiel te beheer – die res word alles met die regterhand met ’n enkele beheerarm gedoen.
Manitou se mense help jou om die regte Manitou vir jou behoeftes te kies, lewer hom af, lei jou operateurs op en bied ’n jaloerse naverkoopdiens.
Jy kan ook die hoogste hoogtes bereik met Manitou. Bel bloot Johan van der Westhuizen by 082-490-5665 of 011-975-7770, of besoek www.manitou.co.za.