Categories: NewsPublished On: 16th May 2011

Regter-lewer-uitspraak-in-die-“ander”-Skiet-die-Boer-saak

By 1 min read
Regter Leon Halgryn het uitspraak gelewer dat "skiet die Boer" nie net haatspraak is nie, maar aanhitsing tot moord. Hy het ook die ANC se toetrede tot die saak verbied en hulle aansoek met koste van die hand gewys. 
 

Jongste stories:
Hof knoop Malema se liedtjie se loop

Skiet die boer is verbode

Die ANC het in Mei verlede jaar besluit om te appelleer teen ’n bevel wat waarnemende regter Halgryn in Maart verleen het, nadat twee vriende, Mohammed Vawda en Willem Harmse ’n dringende hofaansoek geskik het. Kragtens die skikking tussen die twee partye is ooreengekom dat die woorde “Skiet die Boer/dubula ibhunu” ongrondwetlik was en neergekom het op ’n misdryf en dat Vawda nie die woorde tydens ’n optog teen misdaad wat vroeg in April verlede jaar beplan is, sou gebruik nie.
 
AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, het gesê dat dit belangrik is om onderskeid te tref tussen hierdie saak en die haatspraakverhoor van Julius Malema wat op 19 Mei in die gelykheidshof hervat word. 
 
Dit is ook belangrik om daarop te let dat dié uitspraak nog nie ’n uitspraak oor die meriete van die omstrede bevel is nie, maar bloot oor die vraag of die ANC en AfriForum tot die saak kan toetree en of verlof tot appèl aan die ANC toegestaan kan word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0