Categories: NewsPublished On: 26th May 2010

Rau se toerusting maak veehantering maklik

By 2 min read
327 words

Prof Stephen Webb en sy kollegas van die McNeese State Universiteit se navorsing toon aan dat diere wat met behulp van die Rau Easy Farming-immobiliseerder behandel word rustiger bly as met enige ander metode en dat geen pyn, ongemak of spanning deur die toestel veroorsaak word nie. 

Daarbenewens kan menige beesboer en veearts daarvan getuig dat met Rau Easy Farming se immobiliseerder vinnig en maklik gewerk word. Daar is nie klampies wat voor en agter aan die dier vasgesit hoef te word nie, en wat boonop nog op kritieke tye kan afglip nie. Rau Easy Farming se immobiliseerder werk met ‘n staaf wat onder die stert in gedruk word. Die immobiliseer-aksie word met die draai van ‘n knoppie in werking gestel en daarna kan die dier met vertroue gebrandmerk, geknip of behandel word. 

Die toestel stel die hanteerder in staat om aan selfs die mees halsstarrige en weerbarstige veldbees met deernis te werk, sonder sukkel of vrees vir beserins en sonder om duur veemiddels op die grond te laat beland omdat die dier bly rond spring tydens toediening. Strelende impulse hou hom sagkens in bedwang sodat daar doeltreffend met hom gewerk kan word.

Rau Easy Farming se immobiliseerder is ook heeltemal veilig en geskik vir gebruik by jong en dragtige diere. Boere en veeartse plaaslik en oorsee gebruik dit ook vir die immobilisering van perde, skape, bokke en wild.

Die immobiliseerder kan vir tien uur aanmekaar werk voordat sy battery vanaf 220 volt of jou bakkie se sigaretaanstekersok herlaai moet word.

Die Rau Easy Farming-immobiliseerder bestaan uit ‘n beheerkassie, ‘n immobiliseerstif, ‘n herlaaikoord en ‘n eenvoudige hanleiding, alles netjies en kompak in ‘n drasakkie. Die hele toestel, met uitsondering van die battery, is vir twaalf maande gewaarborg. 

Besoek hulle webwerf by www.animalimmobilizer.com.

Rau Easy Farming kan bereik word by raueasy@telkomsa.net of skakel Albie Rautenbach by 082-959-5759 of 082-550-6883.

Vir meer inligting,besoek die webwerf by  www.raueasy.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0