Categories: NewsPublished On: 7th September 2011

Raak naam!: Woensdag 7 September

By 1 min read
107 words
David Aucamp van Maclear wen vandeesweek ’n musiekpiering van Thys die Bosveldklong met sy plaasnaam. Hy skryf:
 
Hier in die Oos-Kaap het ons snaakse name. ‘n Goeie vriend van my se plaas net duskant Ugie se naam is Minnehaha. Dit beteken Water wat lag en daar word lekker gelag en gekuier!
 
(Dalk moes David eerder sy bydrae vir Boerselag gestuur het.)
 
Jy kan ‘n musiekpiering van Thys die Bosveldklong wen. Stuur vir ons ‘n interessante plaasnaam wat jy gesien het of ‘n foto van ‘n interessante plaasnaambord of kennisgewing. Stuur dit gemerk Boersenaam na oppiestoep@mweb.co.za.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0