Categories: NewsPublished On: 29th June 2010

Pöttinger-Novacat:-Valtrac-sny-pad-oop-in-boere-se-harte

By 3 min read

“Dís mos hoe ’n snyer moet sny!”
Dit is die reaksie van elke boer wat Valtrac se gedugte Pöttinger Novacat-snyer in aksie sien.

Dié onstuitbare snyer draf soos ’n droom deur enige gewas – ook Bronkhorstspruit se taai, hardebaard oulands-gras hier teen die einde van die groeiseisoen. En kom kyk maar daar waar hy deur is – sowat van netjies en volledig sny het jy nog nie gesien nie. Hy herwin werklik elke halm.

Reeds met die eerste oogopslag weet jy hier is ’n slim, sterk snyer in ’n klas van sy eie. Jy kan sommer sien hy is in iedere opsig spesiaal ontwerp en gemaak om die boer die grootste doeltreffendheid vir die minste moeite te bied.

Sy lang disselboom word hidroulies beheer sodat jy hom in die ry na presies enige plek links, regs of reg agter die trekker kan stel. Die disselboom is ook so ontwerp dat jy baie knap kan krink om alle heen-en-weerstotery uit te skakel. Al die hidrouliese pype loop netjies binne-in die disselboom sodat daar niks los rondhang nie.

Die snyereenheid self is in die middel aan ’n portaalraam gemonteer, sodat dit genoeg kan beweeg om die grond se glooiinge perfek te volg. Die middelmontering sorg ook dat die snyer nie heeltyd na een kant neig soos sommige gewone snyers soms die gewoonte het om te maak nie.

Die Novacat se swewende snystaaf is ’n toonbeeld van ingenieursvernuf. Hy sny skoon en netjies, en beweeg flink deur die materiaal sodat jy maar sonder vrees vir verstoppings kan aanstoot. Daarvoor sorg die vaartbelynde vorm van die skywe, sowel as die klein gaping tussen die oorvleuelende teendraai-lemme wat ’n perfekte snit verseker.

Die omdraaibare lemme is van die beste staal gemaak en word maklik en vinnig vervang. Die hele snystaaf is modulêr ontwerp sodat jy nie al die ratte en tussenratte hoef uit te ryg as jy dalk eendag iets aan een eenheid wil doen nie.

Die Eurocat kom met ’n doeltreffende vingerkneuser wat van lig na aggressief kan stel na gelang van jou gewas. Dit verseker vinniger uitdroging sodat jy gouer met die baler kan naderstaan en jou weerskaderisiko drasties kan verklein. Dit sorg ook vir ’n beter verteerbare, voedsamer voer en skakel die nodigheid van ’n omdraaiery vir belugting uit.

Jy kan ook ’n wringkneuser kies.

Maar dit is nie al nie: Met ’n Novacat T-versamelaar kan jy nou jou materiaal in enkelrye, as ’n wydverspreide kombers of in ’n los, lugtige, gekombineerde windry plaas. Die versamelaar se haastige vervoerband word met ’n band vanaf sy eie hidrouliese pomp aangedryf.

Vir meer inligting oor Valtrac se gevorderde en betroubare Pöttinger-snyertegnologie en kragharke, maar ook oor ’n wye reeks trekkers en ander landboutoerusting met die beste rugsteundiens denkbaar, praat met Hennie du Toit by 082-880-3412 of henniedut@valtrac.co.za of besoek www.valtrac.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0