Categories: NewsPublished On: 13th July 2010

Produseer meer voedsame vleis met Ralgro – op die natuur se manier

By 3 min read
553 words

Die boer se beste bondgenoot is die natuur. Kry die natuur aan jou kant en die pad na sukses lê oop voor jou.

Dit is presies wat JG Scholtz en Gail Strydom van Scholtz Boerdery in die Tsitsikamma doen om melkraskalwers winsgewend vir die vleismark groot te maak.

Die kosteknyptang en produksiedruk dwing die melkboer om so gou as moontlik van sy kalwers ontslae te raak. As veespekulant koop JG hierdie kalwers op en vind ’n mark vir hulle. Die afgelope twee jaar maak hy ook self van hierdie kalwers groot om meer waarde uit hulle te put.

Om ’n suipkalf groot te maak kan, soos enige ervare boer weet, ’n duur transaksie wees wat jou uiteindelik meer kan kos as wat jy daaruit behaal.

Maar JG het ’n tweevuisplan wat sy grootmaakproses winsgewend maak:

Eerstens sorg hy en Gail vir perfekte bestuur en versor­ging van die kalwers. Hulle rekordhouding en beheer is deeglik, volledig en akkuraat en die kalwers word ordentlik versorg.

Hulle koop groot hoeveel­hede melk en biesmelk aan en wanneer hulle nie genoeg daarvan kry nie, gebruik hulle ’n beproefde melkvervanger. Kalwers kry ook ’n volledige kalwermeel.

Die tweede deel van die plan is om die natuur se gesonde groeikrag te ontketen met Ralgro, Afrivet se nie-hormonale, steroïedevry groeibe­vorderaar.

Ralgro bevat zeranol, wat die dier se endokriene stelsel stimuleer om sy eie, natuurlike groeihormoon doeltreffend vry te stel. Die resultaat is ’n gesonder, gelukkiger dier wat beter groei.

En nee, omdat dit die natuur is wat hier werk, is die groei nie ’n blote hoop drillende vet nie – dis juis daardie gesonde, heilsame spier­weefsel wat ’n sappige, smaaklike biefstuk op die verbruiker se bord besorg en vir die boer ’n beter karkasgradering behaal.

Die meeste kalwers wat JG inneem is Holsteins, maar daar is ook Nguni-, Bonsmara-, Angus- en Limousine-kruisings en selfs suiwer Jerseys wat almal met JG se tweevuisbeleid gesond groei tot ’n stewige staanplek in die vleismark.

Die resultate is aanskoulik. Nadat Ralgro op 6 weke toegedien is, groei die kalwers, Jerseys ingesluit, gemiddeld 35 kg per maand. Sommiges groei tot 50 kg per maand!

Dis maklik om Ralgro toe te dien, vertel JG, en sy op-en-wakker Afrivet-agent, Anton Bredell (072-202-4896), kom sit soms sommer vir die lekker ook handjie by.

Elke vleisboer kan wen met Ralgro, want Ralgro:

  •  verbeter voeromset
  • verbeter gemiddelde daaglikse toename
  • verkort voerkraaltyd
  • is ideaal vir voorafronding
  • het geen vleisonttrekkings­tydperk nie
  • is maklik om toe te dien
  • is geskik vir diere van enige ouderdom en geslag, ook vir vervangingsverse
  •  is geskik vir voerkrale en op goeie weiding met byvoeding

Boonop is dit volkome veilig vir boer, bees en verbruiker. Dit sou skadeliker gewees het om diere gewone aspi­rien te gee as Ralgro.

Vir die boer is dit ook belangrik om te weet dat Ralgro verskaf word deur Afrivet, die verantwoordelike dieregesondheidsmaatskappy wat met sy wye reeks skitterprodukte, sy verbintenis tot boerdery en sy kundigheid vir die boer soos ’n veearts op sy werf is.

Vir meer inligting, skakel Afrivet by 012-991-6416 of besoek www.afrivet.co.za. Vir enige diere­ge­sondheidsnavrae, skakel 0860-VEEARTS (0860-833-2787). JG se nommer is 082-371-8169.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0