Categories: NewsPublished On: 6th May 2011

Produksiesyfers vir verlede jaar se wintergewasse vasgestel

By 1 min read
157 words
Suid-Afrika se verbouingsyfers van wintergewasse vir 2010 is deur die Oesskattingskomitee bekend gemaak.
 
Die tonnemaat, oppervlakte beplant en opbrengs per hektaar is as volg:
 
Koring 1 430 000 ton 558 100 ha 2,56 ton/ha
Moutgars 194 000 ton 82 670 ha 2,35 ton/ha
Kanola 36 900  ton 34 820 ha 1,06 ton/ha
 
Die produksiesyfers word bereken deur die Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS) se syfer van tonne gelewer en dié van die verwagte toekomstige lewering bymekaar te tel. ‘n Derde syfer word dan bygetel naamlik die geskatte hoeveelheid teruggehoude gewasse vir eie gebruik. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye bereken die hoeveelheid koring wat op plase teruggehou word deur middel van sy opname onder produsente.
 
Die berekende produksiesyfers vir al drie gewasse is effens minder as die syfers van die Oesskattingskomitee se sewende produksieskatting in Februarie. 
 
Die komitee doen ‘n dringende beroep op boere wat tans nie aan die Departement se maandelikse opname deelneem nie om deel van die oesskattingsproses te word.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0