Produksieskatting-vir-koring-is-effens-laer-aangepas
Die Oesskattingskomitee se oppervlakte- en vierde produksieskatting van wintergewasse vir 2011 is bekend gemaak.
Die verwagte produksie vir koring is op 1,808 miljoen ton vasgestel, wat 1,8% minder as die vorige skatting van 1,842 miljoen ton is. Die verwagte opbrengs is 2,99 t/ha.
Die verwagte produksie in die Wes-Kaap en in die Noord-Kaap is onveranderd gelaat op 636 000 ton en 273 000 ton, onderskeidelik, terwyl die verwagte produksie in die Vrystaat met 33 750 ton of 1,8% tot 517 500 ton afgeneem het.
Die totale oppervlakteskatting vir koring is onveranderd gelaat op 604 700 ha.
Ander gewasse
Die produksieskatting vir moutgars is 251 960 ton, wat 6,06% of 14 400 ton meer is as die vorige skatting van 251 960 ton. Die oppervlakte beplant is op 80 150 ha beraam, terwyl die verwagte opbrengs 3,14 t/ha beloop. Die toename in die verwagte produksie van moutgars kan hoofsaaklik toegeskryf word aan gunstige weerstoestande in die produksiegebied van die Suid Kaap. Die aanplant van beter kultivars het ook ’n gunstige uitwerking op die produksie.
Die verwagte kanola-oes het met 3,8% of 2 150 ton tot 59 490 ton toegeneem. Die oppervlakteskatting vir kanola is 43 510 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,37 t/ha.