Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 14th July 2023

ProAgri SA 281

By 2 min read

Carl-Hamm_OFC_SA281

Kameraadskap

Soms soek ‘n mens na ‘n woord, term of begrip om ons boere te omskryf. Die een woord wat in my kop opduik is kameraadskap. Op die platteland, waar dit dikwels taaier as beter gaan, is niks sterker as die boeregemeenskap nie.

Vassit met ‘n motor op ‘n modderige plaaspad – die buurman is daar om te help. Wegholveldbrande in die omgewing – die buurmanne staan reg om te help. Inbrake, diefstalle en plaasmoorde – die bure staan gereed om te help om die misdadigers op te spoor.

Maar wat beteken kameraadskap werklik? Kameraadskap is ‘n gevoel van goeie vriendskap tussen ‘n groep mense, in die geval ons boere, en ek glo ons almal kan ons hiermee vereenselwig. Op die plaas werk almal saam om die werk te voltooi. Saamwerk deur moeilike en maklike tye – dit is wat kameraadskap ook vir my beteken. In hierdie uitgawe het ons ‘n paar stories waar ware kameraadskap uitgebeeld
word. Ons loer na die hoogtepunte van die 2023-stroperresies, waar die boere van Grootpan jare gelede saamgespan het om boere bymekaar te bring, waar stropers van verskeie handelsmerke in goeie gees teen mekaar meeding. Lees meer van bladsy 6 tot 19 oor dié stropers en stropertegnologie wat elke pit laat tel.

Opkomende boer van Namibië, Jean de Schmid, vertel dat hy eers nadat hy begin boer het die waarde van kameraadskap, nie net tussen pa en broer verstaan het nie, maar ook tussen boer en die handelaar. Kameraadskap word ook by boere saam met Cape Leopard Trust gekweek waar boere aangemoedig word om ՚n holistiese benadering tot vee- en roofdierbestuur te volg. Lees meer op bladsy 44.

Landbou en voedselverskaffing raak alle mense. Die magtigste wapen in enige boer se besit is kennis van jou boerdery en dus is daar groot waarde in die ou gesegde wat ek keer op keer by plaasbesoeke en boeredae hoor: Om te meet is om te weet. As jy dit nie meet nie, kan jy dit nie bestuur nie. Boere is die grondslag van ons land; dit is nie mooi woorde nie, dit is ’n feit. Uitdagings sal daar altyd wees, maar laat ons die lig en die sout van die wêreld wees. Dit is net met samewerking en werklike kameraadskap dat ons kan uitstyg bo moeilike omstandighede en die toekoms kan aanpak.

Hoop julle lees lekker aan die winteruitgawe van ProAgri. Hierdie uitgawe is weer propvol inligting om jou boerdery meer winsgewend en doeltreffend te bedryf.

Saam boer ons vooruit!

Tot volgende keer, groetnis.

Bianca Henning – bianca@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0