Prisma dink buite die boks
![]() |
Die verpakkingsmaatskappy, Prisma, gaan hande vat met die landbougroep, Farmsecure. Laasgenoemde gaan die meerderheids-aandeelhouer in Prisma word, indien die Mededingingskommissie die ooreenkoms goedkeur.
Prisma voorsien al vir jare verpakkingsmateriaal aan boere en uitvoerders van vrugte en die nuwe geleentheid kan tot groot groei vir die maatskappy lei. Farmsecure het ook onlangs aandele in die bemestingsmaatskappy, Kynoch, bekom en kan dus aan boere wat op kontrak vir hulle plant ‘n volledige dienspakket bied.
Prisma voorsien reeds die verpakking vir twee van Farmsecure se plase, Chennels en Maswiri vir die komende seisoen. Die maatskappy gaan ook sy produkreeks uitbrei om voorsiening te maak vir ander landbouprodukte soos kunsmissakke, beskermende klere en selfs draad en snoeitoerusting.
Prisma het ‘n staande sakeverhouding met die pakhuismaatskappy, Colors, wat ook deel van die Farmsecure-groep vorm.
