Categories: NewsPublished On: 30th May 2011

Pretoria-Skou-betree-nuwe-seisoen

By 1 min read
Die Pretoria-skou wat voortaan as die Lente-skou of The Spring Show bekend sal staan, beloof om hierdie jaar ‘n ware lentefees te wees. Die skou sal soos tevore sy hekke aan die einde Augustus oop maak om aan Pretorianers en mense van elders  top vermaak en velerlei uitstallings te bied.
 
Volgens die organiseerders sal die landbouprogram wat reeds op die 18de Augustus begin, nie teleur stel nie. 
 
Voornemende besoekers kan solank uitsien na, onder andere, die Klein-perdjie Nasionale Kampioenskappe, die Duitse Herdershond Nasionale Kampioenskappe en die Boerboel Nasionele Kampioenskappe. 
 
Vanjaar vind die skou van 26 Augustus tot 4 September plaas. 
 
Besoek gerus www.thespringshow.co.za vir meer inligting oor die nuwe, vrolike lente-skou.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0