Categories: NewsPublished On: 8th February 2012

Presisieboerdery-lei-tot-wins.

By 1 min read
203 words

Volhoubaarheid begin by goeie raad en goeie raad begin by goeie inligting. Farmsecure Agri Science sê in ‘n nuusvrystelling dat dit die hoofbestanddeel vir presisie- en volhoubare boerdery is.

Presisieboerdery word gedefinieer as ‘n inligtings- en tegnologies gegronde plaasbestuurstelsel wat dit moontlik maak om die maksimum wins te kry, om volhoubaarheid te verseker en om die omgewing se natuurlike hulpbronne te beskerm.

Farmsecure spesialiseer in presisieboerdery en het ‘n uitgebreide span landboukundiges, tuinboukundiges, grondwetenskaplikes en besproeiingsspesialiste. Die maatskappy sê hulle kan boere help om seker te maak dat alles, van die grond waarin hulle plant tot die rak waarop die produk geplaas word, reg is vir hulle behoeftes.

Volhoubaarheid gaan op die ou end oor die vermindering of selfs verwydering van besoedeling en ander skadelike faktore op die omgewing. Dit verg bestuursmetodes wat spesifiek daarop ingestel is om skade te beperk, maar steeds nie produktiwiteit negatief beïnvloed nie.

Die toepassing van hierdie metodes is so oud soos boerdery self, maar met nuwe tegnologie kan die bestuur daarvan verbeter word vir meer wins.   

Farmsecure sê hulle neem nie net grondmonsters om kleurvolle grafieke op te stel nie. Dit gaan oor samevattende tegniese ondersteuning en raad.  

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0