Pratende papegaai
Koos koop ‘n papegaai wat kan praat. Twee dae later kom hy terug by die troeteldierwinkel.
“Die papegaai wil nie praat nie!” raas Koos.
“Het jy ‘n klokkie vir hom?” vra die winkeleienaar.
Koos koop ‘n klokkie en ‘n paar dae later is hy weer terug.
“Die pagegaan praat steeds nie.”
So koop Koos die een na die ander speelgoed vir die papegaai. Na twee weke kom hy terug met ‘n dooie papegaai.
“Het hy enigiets gesê voor hy dood is?” vra die winkeleienaar.
“Ja,” antwoord Koos. “Het daai winkel geen papegaaikos nie?”