Categories: NewsPublished On: 17th February 2011

Politici gaan Agri-konferensie aan die brand praat

By 1 min read

Verskeie ministers gaan ‘n spreekbreurt ontvang op Agri SA se konferensie volgende week op Somerset-Wes.

Meneer Johannes Möller, president van die organisasie sê dat dit ‘n aanduiding is dat die regering erns met die landbou het en erkenning verleen aan Agri SA se vermoë om ‘n bydrae tot die ekonomiese ontwikkeling van die land te lewer.
 
Die ministers wat gaan praat is:
  • Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming
  • Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye
  • Ebrahim Patel, Minister van Ekonomiese Ontwikkeling
Ander staatsamtenare wat die woord gaan voer is Stephen Hanival, Departement van Handel en Nywerheid en Mlungisi Johnson, voorsitter: Portefeuljekomitee vir Landbou.
 
Uit ‘n ekonomiese hoek gaan onder andere Nic Vink van die Universiteit van Stellebosch, André Jooste van die  Nasionale Landboubemarkingsraad en Johan Willemse van die Universiteit van die Vrystaat gesels.
 
Volgens meneer Möller is die doel van die konferensie om die jongste regeringsbeleid oor ekonomiese ontwikkeling te bespreek en om inisiatiewe oor landelike- en landbou-ontwikkeling binne dié beleid in oënskou te neem. Die konferensie wil ook leemtes en geleenthede op derdevlak regering krities ontleed teen die agtergrond van die komende plaaslike regeringsverkiesings.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0