Categories: NewsPublished On: 3rd November 2011

Pluimveegids-bekendgestel

By 1 min read
’n Praktiese handleiding oor pluimveeproduksie, Guide to Poultry Production, het so pas die lig gesien. Die A6-gidsie het 64 bladsye en pas maklik in ’n boer se hempsak.
 
Die handleiding begin met die keuse wat produsente het in terme van of hulle braaikuikens of eiers wil produseer, die markoorwegings wat hulle in ag moet neem asook die verskillende produksiestelsels waaruit hulle kan kies. 
 
Praktiese wenke word onder meer gegee oor:
  • Die oprigting van geskikte pluimveebehuising, die regulering van temperatuur en ventilasie
  • Hoe om goeie dagoud-kuikens in die hande te kry
  • Voeding vir braaikuikens
  • Hoe om die verspreiding van pluimveesiektes te voorkom
  • Hoe om Newcastle-siekte te bestuur
  • Die behoorlike bestuur van vrylopende (free range) hoenders
  • Produksie met inheemse hoenders
  • Die opskerping van bestuursbeginsels om tred te hou met genetiese vooruitgang
Die handleiding is grotendeels gebaseer op ’n reeks artikels wat Wilma den Hartigh oorspronklik vir Farming SA geskryf het op grond van inligting wat onder meer voorsien is deur dr Deryn Petty asook Arno Furstenberg, Jan Grobbelaar, James Jenkinson, Timothy Magayisa, Keith Millard en Herman van Staden. Bykomende bydraes is deur Glenneis Kriel asook dr Mick Versfeld en dr Ed Wethli gelewer.
 
Dr Mick Versveld, ’n bekende pluimvee-veearts van Kaapstad, het ook bydraes gelewer oor hoe kuikens die beste wegspring kan kry en hoe prestasie met braaikuikens verbeter kan word.
 
Die gids gee ten slotte wenke aan produsente wat graag met verskillende pluimveerasse wil skou.
 
Die Gids kos R70 en kan by Media24 bestel word.
 
ISBN: 978-0-620-51838-3
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0