Categories: NewsPublished On: 2nd March 2011

Plantsyfers maak meer sin

By 1 min read
Die Nasionale Oesskattingskomitee se jongste syfers vir die aanplanting van somergewasse maak meer sin as die vorige skatting, maar daar kan moontlik nog ‘n groter swaai na sojabone in Mpumalanga wees. ‘n Graanmarkkenner, Carel Gronum, meen daar is moontlik nog sowat 20 000 meer hektare onder sojabone as die amptelike skatting.
 
Aan die ander kant word die mielie-oppervlakte in die Vrystaat bes moontlik onderskat met so 20 tot 30 000 hektaar. Mnr Gronum sê die vloedskade in Januarie en die droë toestande in Mpumalanga in Februarie het opbrengspotensiaal ‘n knou toegedien en verdere verliese is moontlik, veral in die oostelike dele.
 
Die NOK het in sy tweede oppervlakteskatting vir somergrane aansienlike aanpassings gemaak. Mielie-hektare is laer aangepas na 2,383 miljoen vergeleke met die vorige skatting van 2,516 miljoen hektaar. Sonneblomhektare is hoër aangepas na 620 000 ha vanaf 575 000 ha die vorige skatting en sojabone na 418 000 ha van 438 000 ha in Januarie. Die totale oppervlakte vir somergrane is na raming 48 000 hektaar minder as die vorige jaar.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0