Categories: NewsPublished On: 6th July 2010

Plant vir volhoubare sukses: dbXtream gee elke mieliepit ’n voorsprong

By 3 min read
525 words

Die droom van enige fatsoenlike mieliepit is om met ’n dbXtream-planter geplant te word. As toonbeeld van vindingryke ingenieursvernuf bied hierdie bobaasplanter elke mieliepit die beste kans om tot ’n trotse, produserende mielieplant te ontwikkel.

En vir die boer bied die dbXtream die kans om met minder bewerking en dus ’n laer insetkoste ’n groter, gesonder oes te behaal.

Boonop kan jy met hierdie tegnologie jou grond so opbou dat jou insetkoste jaar na jaar steeds minder word en jou oes steeds groter, maak nie saak in watter streek of met watter gewas jy boer nie.

Die sleutelbeginsel is dat die grond en die plant se behoeftes deurgaans die belangrikste oorwegings in die boerdery is, want as dit met die grond en die plante goed gaan, is die boer ook voorspoedig.

Die dbXtream werk op die beginsel van minimum be­werking, want:

  • Minder bewerking kos minder geld.
  • Meganiese bewerking stimuleer onkruidontkie­ming en -groei en verhoog die koste van onkruidbeheer.
  • Bewerking beroof die grond van vog wat benut kon word om plante gesond te laat ontkiem, groei en produseer.
  • Bewerking stel grondlewe bloot aan die son se ultravioletbestraling, wat dit doodmaak en die grond verarm.
  • Bewerking bevorder erosie.

Daarteenoor is minimumbewerking heelwat goedkoper, ekologies vriendelik en bevor­derlik vir grondlewe.

Die organiese materiaal in die grond bevorder die bewa­ring en beweging van water, verhoed erosie en maak dit makliker om in nat lande te beweeg.

Gee elke pit die beste kans

Voeg by al hierdie voordele die voordeel van die dbXtream se akkurate plantwerk en jy kan nie anders as om te wen nie. Kyk net:

  • Die dbXtream plant elke pit presies op die regte plek en diepte.
  • Hy verseker dat die saad perfekte kontak met die grond, vog en voedingstowwe het.
  • Hy skep genoeg plek vir wortelontwikkeling en plaas kunsmis presies daar waar die wortels dit tydens die groeiproses kan bykom.
  • Hy sorg dat plantjies egalig opkom om ’n gelykmatige wenopbrengs te verseker.

Dit werk so: Stewige, veerbelaaide skyfsnyers sny ’n netjiese pad deur plantreste. Dan kom die dbXtream se slim dieplemstelsel (DBS = deep blade system) agterna met sy unieke een-twee-drie aksie:

Aksie 1: Die tand (verskillende lengtes is beskikbaar vir verskillende behoeftes) se plat gesig breek die grond vir doeltreffende belugting en waterindringing. Reg agter hierdie tand word kunsmis in die voor toegedien.

Aksie 2: Saad moet goeie kontak met die grond hê. ’n Spesiale toemakertjie met ’n smeeraksie vorm ’n ferm saadbedjie waarop die saad netjies en presies gespasieer neergesit word.

Aksie 3: Die breë, papperige vastrapwiel stoot die losgrond in die plantslootjie in en trap dit netjies vas, elke pit presies ewe diep en die grond rondom elkeen presies ewe ferm.

In die verlede was minimumbewerking se probleem dat daar nie ondersaadbewer­king was om verdigting op te los en water te berg nie. Die dbXtream skakel hierdie probleem uit en die resultate is skitterend!

Koringboere vertel hoe hulle minder koring plant en meer oes, hoe dié manier van boer skade deur insekte en swamme uitskakel en vir hulle meer geld in die sak bring.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0