Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

Plant-vir-prestasie-met-Pannar-se-nuwe-kultivars

By 6 min read

Groot opgewondheid heers onder graanboere oor Pannar se belowende verskeidenheid nuwe kultivars vir die 2008-plantseisoen.

Deurlopende raadple­ging met boere, deeglike navorsing, kundigheid van internasionale aansien en toegewyde teling verseker dat die boer wat Pannar plant aan die voorpunt van die tegnologie bly om die beste moontlike oeste teen die laagste moontlike risiko te behaal.

Kyk net watter nuwe kultivars bied Pannar die boer:

Mieliebasters

Die Pannar mieliebasterpakket se opwindendste toevoegings is die witbasters, PAN 6Q-321B en PAN 6Q-521R vir droëland, en die twee stapelgeen-geelbasters, PAN 3P-730BR en PAN 3D-736BR, vir be­sproeiing.

Witbasters

Vinnige groeiklas
PAN 4P-767BR: Dié Bt/RR-stapelgeenbaster op die tema van PAN 6017 en PAN 6013B, is geskik vir droëland en besproeiing in al die produksiegebiede. Dit is agronomies goed gebalan­seerd met goeie staanvermoë, sterk meerkoppigheid en algemene siekteweerstand. ’n Hoër plantestand word aanbeveel.

Medium groeiklas
PAN 6Q-321B: Hierdie toppreste­rende baster met stronkboorderweerstand is die opwindendste toevoe­ging tot die
Pannar stal. Dis ’n goeie keuse vir droëland en besproeiing in al die mielieproduksie­streke.

PAN 6Q-321B is agronomies goed gebalanseerd met ’n uitstekende staanvermoë en siekteweerstand. Dit word as hoofbaster aanbeveel.

PAN 6Q-521R: Hierdie hoë-potensiaal baster met Roundup Ready Plus®-verdraagsaamheid is soortgelyk aan
PAN 6Q-321B. Dis ’n goeie keuse vir droëland en besproeiing. Die baster is agronomies goed gebalan­seerd met ’n uitstekende staanvermoë en siekte­weerstand.

PAN 5Q-311B: Dié nuwe stronkboorderweerstandbiedende witbaster word in ’n pakket saam met PAN 6Q-321B uitgesonder vir aanplan­ting oor die hele westelike produksiegebied, wat die Noordwes-Vrystaat, Noordwes en Limpopo insluit. Dit is sterk meerkoppig, met goeie stabiliteit en staanvermoë.

PAN 6723: Dit le­wer goeie opbrengsprestasie en het die beste aluminium­verdraagsaamheid in die Pannar mieliepakket. Dis aangepas vir al die produksiegebiede. Agronomies is dit goed gebalanseerd.

Geelbasters

Ultra vinnige groeiklas 
PAN 3P-730BR: Dié Bt/RR-stapelgeenbaster het ’n uitstekende staanvermoë en presteer baie goed in alle produksiegebiede van die ooste vir droëland en besproeiing. Dit het goeie weerstand teen noordelike mielie­blaarskroei.

PAN 3D-736BR: Hierdie alsydige stapelgeenbaster is ’n aanwins in die pak­ket. Dit is soortgelyk aan PAN 6236B en ’n goeie keuse waar die voordele van stronkboorderweerstand en Roundup Ready Plus®-onkruid doderverdraagsaamheid saam ingespan word. PAN 3D-736BR het ook goeie noordelikemielie­blaarskroei-weerstand. Dis ’n baie goeie keuse onder besproeiing vir al die warmer gebiede.

Medium groeiklas 
PAN 6D-256: Dié nuwe baster is goed aangepas vir die oostelike Hoëveld en KwaZulu-Natal. Dit het dieselfde goeie agronomiese eienskappe as PAN 6966 en PAN 6616, en is ’n goeie aanvullende baster vir die geelpakket.

PAN 6P-110: Hierdie nuwe baster is goed aangepas vir die oostelike en westelike produksiestreke. Dit het ’n goeie staanvermoë, algemene siekteverdraagsaamheid en is sterk meerkoppig.

PAN 6Q-308B: Dié nuwe baster met stronkboorderweerstand is wyd aangepas. Dit is meerkoppig en staan goed.

Medium laat groeiklas 
PAN 6432B: Hierdie nuwe baster was die toppresteerder in die Pannar proewe en het besonder goed pre­steer in veral die oostelike dele, Noordwes-Vrystaat en Noordwes. Dit het ’n goeie agronomiese balans en besonder goeie grysblaarvlek­verdraagsaamheid.

Sonneblombasters

Die Pannar sonneblomkultivarpakket is sinoniem met hoë opbrengspotensiaal, uitstekende stabiliteit oor verskeie seisoene en wye gebiedsaanpasbaarheid.  Bruinroesweerstand is kenmerkend van hierdie sonneblompakket. 

Medium groeiseisoenklas:
PAN 7726HO: Die baster se hoë oleïen-olie-inhoud van 80% en meer maak hierdie kultivar met sy goeie opbrengspotensiaal ideaal vir diepbraaibedryf. Die silwergrys pitkleur maak dit maklik uitkenbaar. Hierdie is ’n spesialiteitsbaster wat onder kontrak verbou moet word.

Medium-laat groeiseisoenklas:
PAN 7048: Hierdie is ’n volseisoen-, drierigtingbaster met uitstekende opbrengsstabiliteit, ’n hoë olie-opbrengs en bruinroesbestandheid. Dit word aanbeveel vir gebiede waar bruinroes ’n probleem is. PAN 7048 is bestand teen alle huidige rasse van bruinroes (Puccinia helianthi).   

PAN 7049: ’n Toppresteerder in Pannar kultivarproewe die afgelope drie jaar. Baie egalige, volseisoen-baster met bruinroesbestandheid teen alle huidige rasse van bruinroes (Puccinia helianthi). Aanbeveel vir alle sonneblomproduksiegebiede.

PAN 7050: Die toppresteer­der in die LNR Nasio­nale Kultivarproewe vir die 2006/07-seisoen. Egalige, volseisoen-baster met uitstekende olie-opbrengs en bestandheid teen alle huidige rasse  van bruinroes (Puccinia helianthi). Het ’n kenmerken­de korter planttipe, wat stroopbaarheid verbeter. Word aanbeveel vir alle sonneblomproduksiegebiede.

Sojabone

Medium groeiseisoenklas:
PAN 1666R
:  ’n Uitstekende alsydige Roundup Ready-kultivar, goed aangepas vir die gematigde gebiede en later aanplanting in die warm be­sproeiingsgebiede. Uitstekende staanvermoë, goeie weerstand teen oopspring en gunstige peulhoogte. 

PAN 1652: ’n Konvensionele kultivar wat aanbeveel word vir al die gematigde gebiede en later aanplantings in die warm besproeiingsgebiede. Dit presteer ook besonder goed in die koeler dele. Die kultivar het goeie droogteverdraagsaamheid en uitstekende agronomiese eienskappe soos goeie staanvermoë, peulhoogte en weerstand teen oopspring.

Droëbone

PAN 9249: ’n Grootsadige kultivar geskik vir al die droëboonproduksiegebiede. Dit is ’n toppresterende kultivar in meerjarige nasionale proewe deur die LNR en het ’n uitstekende opbrengsprestasie en stabiliteit. Dit vul
Pannar se toppresterende rooi gespikkelde suikerboonpak­ket goed aan. Goeie algemene siekte­weerstand, wat roes-, hoekige blaarvlek- en BMV-weerstand insluit.

Graansorghum

Die gewildheid van die Pannar pakket is ’n getuigskrif van uitnemendheid. As hoofaanplanting word die volgende basters aanbeveel: Noord-Vrystaat: PAN 8816,
PAN 8389, PAN 8609 en
PAN 8564; Suid-Mpumalanga: PAN 8816, PAN 8609,
PAN 8389 en PAN 8420.

Vinnige tot medium groeiseisoenklas:
PAN 8247: ’n Nuwe baster met ’n goeie opbrengspo­tensiaal en stabiliteit. Dit is goed aangepas vir die Noord-Vrystaat, suid-oostelike Mpumalanga en oostelike Hoëveld. Dit het goeie algemene siekte­weerstand en uitstekende staanvermoë met ’n redelike verdraagsaamheid teen aarbrand. Dit gradeer GM met goeie mout- en voereienskappe. Dit het ook goeie koueverdraagsaamheid tydens die kritieke stuifmeelont­wikkelingstadium.

Medium tot laat groeiseisoenklas:
PAN 8648: Die witsadige taan-plantkleurbaster is geskik vir witmeelproduksie. Dit het ’n goeie graan- en maalgehalte en gradeer GL. Die baster het ’n goeie opbrengspotensiaal, goeie dorsbaarheid en is goed aangepas in die oostelike produksiegebiede.
 
PAN 8389: ’n Bitter sorg­hum met uitstekende aarbrandverdraagsaamheid. Dit gradeer GH en het ’n hoë diastasewaarde. Dit het ’n goeie weerstand teen aarbrand met goeie opbrengs­potensiaal vir dié rypwor­dingsklas.

Moenie sukkelboer nie. Plant Pannar vir prestasie. Skakel Pannar by 033-413-9500 vir besonderhede oor die verteenwoordiger naaste aan jou, of e-pos Pannar by infoserve@pannar.co.za of besoek Pannar se webwerf by www.pannar.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0